kategorieë: ReisOntspanning

Minlike Mostar

Dis Maandagoggend halfvyf, die son sit reeds hoog en dis warm – die soort warm wat ’n hittegolf in Kroasië “Lucifer” doop. Ek haal eers die bus na die ferry-hawe van Stari Grad, die veerboot na Split, en dan eers begin die busrit Mostar toe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die webwerf sê die reis van Split na Mostar duur drie en ’n half uur, maar doeanebeamptes het hul eie tyd en gebruike. Rye en rye motors staan reeds 5 km diep. Ons kry voorkeur en ’n prime spot in die parkeerterrein, hou die lugreëling aan, en die doeanebeampte kom na ons toe. Only in Eastern Europe …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons ry deur ’n paar sad dorpies. Nêrens in die wereld het ek al soveel geboue met koeël/mortiermerke, halfgeboude huise en opgehoopte rommeltuine gesien nie. Die temperatuur lees 42˚C en as ons die stowwerige agterbuurtes van Mostar binnery, twyfel ek ernstig oor hierdie trip.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Pension Most sit op die randjie van die ou gedeelte van Mostar. Met ’n vriendelike ontvangsdame en ’n full blast lugverkoeler voel hierdie eenvoudige kamertjie soos ’n vyfsteropsie. In die laatmiddagson stap ek na antieke Mostar en as ek die eerste klippiestraatjie, minarette en kleurryke stalletjies sien, besef ek vir die soveelste maal: skoonheid is oral om ons – as jy net moeite wil doen om dit te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mostar is geleë in die Herzegowina-gedeelte van die land. Die Turkse invloed is geverf op elke deur, geskink in elke koppie koffie en uitgestal op elke sypaadjie. ’n Nou hoofstraatjie kronkel in die rigting van die Neretvarivier, oor die asemrowende Mostarbrug, en verder oor die skuinsstes van die oorkantste wal waar geboue teen die bult klou en trappies jou deur ’n doolhof van nog straatjies, stalletjies en restaurantterasse met die heel mooiste uitsig op die sprokiesbrug lei.

Die Mostarbrug is gelaai met geskiedenis en avontuur.  Avontuur, omdat manne tot 19 jaar lank oefen voordat hulle kwalifiseer/dit waag om die hoogte van meer as 24 m af te spring. Daar is selfs ’n jaarlikse Brugspringdag op 30 Julie, wanneer brawe manne ten aanskoue van groot skares, rock bands en wapperende vlae die sprong waag. Soos dit maar met geskiedenis gaan, is die geskiedenis hier ook vol goeie, slegte en weer goeie nuus. Die brug is deur Suleiman die Grote aan die dorpie geskenk en was altyd een van die inwoners se pronkstuksimbole. Tydens Serwië se poging om Bosnië-Herzegowina ook in te palm, is die hulp van Kroasië ingeroep, en in 1994 skiet laasgenoemde hierdie brug aan flarde. Die aanslag het misluk en vandag is hierdie land onafhanklik, maar ’n nasie vergewe nie maklik diegene wat heiligskennis pleeg nie. In 2004 is die brug totaal herbou en geopen as simbool van oorwinning.

Dit is een van my all time hoogtepunte om hierdie brug in die oranje skemerlug van sononder te aanskou, daaroor te stap saam met soveel ander besoekers, en sommer net vir ’n oomblik ’n stukkie verlede onder my voete te voel. By die een punt staan ’n jong man in sy speedo. As hy genoeg sponsors kry, spring hy vir ons af. Ek stap aan, want die oorkantste heuweltjie wink. Sover jy afstap, staan tafeltjies met die mooiste koffie- en teestelletjies uitgestal – alles met die hand gemaak. Die eienares vorm haar eie prentjie met ’n glasie tee, ’n kopdoek, swaar grimering en ’n diensmeisie wat elke nou en dan nog tee bring.

Ek draai in by ’n stegie om net nog snuisterye, ’n ou moskee en ’n fontein vol vars water te vind. Onder lê die rivier gesprinkel met silhoëtte van geboue, bome en liggies. Ek neem een van my favourite foto’s van die brug wanneer ek by drie stelle trappe afklouter en die brug asook ’n pot helder malvas vasvang in ’n raam.

Laataand drink ek Mostar-bier en eet ek spinasie-en-kaasbörek in ’n poskaartrestaurantjie. Teen die muur hang geroesde plaasimplimente, ’n oorlogsgasmasker en ’n gehekelde truitjie. Êrens op MTV sing ’n Spanjaard Una Lady.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.