kategorieë: BlogsOntspanning

YOMA: Oor een stem

Oktober is definitef een van my gunstelingmaande van die jaar, om twee redes: Soveel spesiale mense verjaar, ek ook! Ek dra my groot geskenk reeds vir 7 maande! Baba is nog gesond en spekvet soos wat my ginekoloog my vertel. Ek is tans in my 29ste week en kan amper nie glo hoe die tyd vlieg nie. Net nou die dag nog het ek met ’n boontjie binne my rondgeloop, en nou voel dit soos ’n waatlemoen!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons het verlede Maandag ’n voldag-shoot met Pasella gedoen, dit was regtig pret. Die dag het 8uur begin en ons het teen 16h30 klaargemaak. Maar alhoewel ons vir ure geskiet het, sal ongeveer 6 minute se footage gebruik word, dis natuurlik ná editing. Ek noem dit net om julle ’n bietjie meer inside info te gee. Afhangend van waar ons geskiet het, het ek dit my werk gemaak om ’n rusplek tussendeur te vind om asem te skep. Om op stel te wees is opwindend, maar ook uitputtend. Dis altyd vir my so snaaks hoe ek byna wegraak op ’n bank en dan onmiddellik reg is om te skiet wanneer die kameras rol. Die kopspasie waarmee mens te werke gaan is belangrik, want dit help om kop bo water te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek waardeer die hulp van MUD Make-Up se span asook Marina Prinsloo van Ticia. Hulle maak my lewe aansienlik makliker, deur seker te maak my grimering en voorkoms lyk goed.

Ons het Dinsdag ons eerste show by Aardklop gehad. Dit was so spesiaal en die terugvoering was goed. Dit is ’n absolute voorreg om die verhoog met legendes soos Coenie de Villiers en Hemelbesem te kan deel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Met hierdie show poog ons om nie net grense te verskyf nie, maar dit ook heeltemal af te breek. Ons gesels, sing en rymklets oor hoe ons dink ons as Suid-Afrikaners nader aanmekaar kan beweeg en uiteindelik leef. Maar ons pas dit wat ons deel ook toe op ’n daaglikse basis, so niks wat gedeel word is enigsins leeg nie.

Hoe meer ek saam met Coenie werk, hoe meer besef ek die noodsaaklikheid om te volhou in dit waarin ek glo en deur te druk al word dinge ’n bietjie moeilik. Wie nie waag nie, sal nie wen nie, reg? Vir my is Coenie een van daai ouens wat soms self teen alle verwagtinge in dinge maak gebeur. Hy’s werklik ’n baanbreker en ’n groot inspirasie vir my. Dit het my ook laat dink aan die volgende: Meer mense moet harder begin probeer en uit hul gemaksone beweeg, in terme van ras-grense asook dinge wat julle nog altyd wou aanpak maar te veel oor huiwer. Dis ’n goeie beginpunt om nader aan mekaar te beweeg en uiteindelik te leef.

Die beste manier hoe dit moontlik gemaak kan word, is deur te luister. Ons moet weer en weer luister sodat ons verby ons eie vooroordele kan hoor. Ons kan meer merkwaardige dinge bekom deur te besef hoeveel ons in gemeen het. Ja, ons is verskillend maar almal het iets wat met die volgende persoon ooreenstem. Dit kan opgemerk word in die dinge waaroor ons lag en huil. Tydens ons show kan ons letterlik voel hoe ons en die gehoor nader aanmekaar beweeg en vir my is dit werklik bevrydend. Teen hierdie tyd weet julle seker dat ek glo ons tot meer in staat is as wat ons glo, so laat ons saam staan en magic maak, Suid-Afrika!

Ek is effens hartseer dat hierdie my laaste shows is, maar ek kan voel dat my liggaam rustiger wil word. En dis uiters belangrik om na jou liggaam te luister. Ek het feitlik ook net ’n week oor om my album klaar te maak, daarna is ek op pad George toe. Ons het besluit om die bevalling daar te doen, ek sien vreeslik uit om weer daai kant van die wêreld te wees.

Plus, Coenie het vir baba ’n baie spesiale geskenk gegee. Hy feature op my nuwe album en ons doen ’n lied saam getiteld Stukkende Woorde! Basies handel dit oor hoe ek uitsien na baba se “stukkende woorde”.

Lirieke uit ons lied

“Ek wonder hoe die alarm van trane deur jou mond sal afgaan.

Selfs in die eenvoud van jou taal

Sal ek staan met oop hande om jou klank aan te gryp.

Al klink dit sinneloos, sien my sintue uit om dit te deursoek.

Maar vir tyd en wyl sal my verbeelding hierdie gesprek lei.

Ek sien uit, na jou stukkende woorde.”

Ja, ek rym in my #Moedertaal en onthou #YOMAISAFRIKAANS

Bradley Kanasashi, my tatoe-kunstenaar was ook hier tydens die Pasella-shoot en het ons verras met die oulikste twee crawlers, kyk net hier!

Ek kan amper nie glo dat ’n klein lyfie hierdie pakkies gaan vul nie, my oë is sommer vol trane. God is merkwaardig! Ek kan nie wag om daardie klein lyfie vas te hou nie. Baba gaan omtrent gesoen word, liefde is darem maar ’n mooi ding.

Liefde en waardering vorm deel van die vele dinge wat ons as Suid-Afrikaners in gemeen het, en hoe meer ons tyd maak om mekaar te hoor en na mekaar te luister, sal ons agterkom dat ons eintlik oor ’n hele paar dinge saamstem!

Kom ons gesels!

Ek wil graag meer van julle hoor!

As jy hierdie blog geniet het, deel dit gerus met vriende en tag my op:

Facebook | YOMA
Twitter | @YOMAIsAfrikaans
Instagram | @claudiawitbooi

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.