kategorieë: Fiksheid

Sonya Looney – moet nooit opgee nie

Sonya Looney se geheim: As jy besluite neem wat op vrees gegrond is, gaan dit jou weerhou om nuwe dinge aan te pak. Hoewel sy ’n bergfietsryer van formaat is, voel sy die lewenslesse wat sy deur fietsry geleer het, kan op alle vlakke van die lewe toegepas word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Bergfietsry het my al deur 16 lande en vele avonture geneem, maar die reis wat jy in jou kop maak, is net so relevant soos die een met jou lyf. Elke wedren en uitdaging in die lewe hou sekere vrese in. Die vraag is hoe jy daardie vrese gaan oorkom.” Moet jou nie opwerk oor die dinge wat verkeerd kan loop en waaroor jy in elk geval geen beheer het nie. Fokus liewer op iets waaroor jy wel beheer het. Soos jou fiksheid, vaardigheid en ingesteldheid. Dis ’n doelbewuste keuse wat jy maak om positief te wees en op die goeie te fokus.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Na ’n wedren in die Himalayas waar sy die eerste vrou geword het om die Yak Attack klaar te maak (die hoogste bergfietswedren op aarde), moes sy haar ingesteldheid verander. Die wedren is een van die moeilikste ter wêreld en strek oor 10 dae en 500 km waar jy by seevlak begin en elke dag meedoënloos klim tot op 5416 m in temperatuur wat wissel tussen 30 grade en minus 20 en waar jy hoogtesiekte en baie lae suurstofvlakke veg (Kilimandjaro is net onder 6000 m.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“My remme het ingegee op die kruin van die berg en toe neem dit my agt ure om my fiets die hele 12 km op ’n baie maklike “jeep track” tot by die volgende punt te stoot. Ek het gehuil dat die trane loop, want daar was geen manier om my remme reg te maak nie en dit kon die einde van my wedren beteken.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“It is not what you are that holds you back, It’s what you think you’re not.” Denis Waitley

Kyk na haar TED talk hier:

Dit was die tweede laaste dag en Sonya het besef dat sy hier op die laaste nippertjie met die afkomslag dalk nie die wedren sou kon voltooi nie. ’n Vriend, wat reeds weens hoogtesiekte uit die wedren onttrek het, het haar by die volgende punt met sy fiets ingewag wat nog een rem oorgehad het. Sy kon dit op haar fiets sit en die volgende dag die wedren voltooi.

“Hierdie gebeurtenis het my gedwing om my hele uitkyk in heroënskou te neem. Ek was nog altyd baie gefokus daarop om te wen, maar na hierdie ervaring het ek besluit dat sukses vir my eerder gedefinieer word deur die feit dat ek aanhou en nie moed opgee nie. Nou is my vrees eerder dat ek kan stagneer of nie ’n geleentheid wat hom voordoen ’n kans gee nie. Nou is my slagspreuk: Daag op, doen jou bes en wees gaaf met ander mense.”

Sonya glo jy staan elke keer voor ’n keuse as jy by ’n uitdaging kom: jy kan ’n tree vorentoe gee en groei, óf jy kan ’n tree terug neem na veiligheid. Jou houding is die een ding wat ’n verskil gaan maak as dinge moeilik raak en as jy kan glimlag en kies om die positiewe (en grappige dinge aan die situasie) te sien, sal dinge altyd beter gaan.

Sy eindig die praatjie by Cycle Lab se winkel in Fourways op 13 April 2016 met die volgende:

Ons almal het ’n stemmetjie wat ons aanspoor om goeie goed te doen en een wat die donker kant verteenwoordig. Dit hang van jou af watter stemmetjie jy voer, want dis die een wat gaan wen.

Sonya se raad vir moeilike tegniese gedeeltes: Los jou voorste rem, kyk waarheen jy wil gaan (eerder as wat reg voor jou wiel gebeur) en die fiets sal jou daar kry.

Sonya Looney is in SA om die Joberg2c te ry wat op Vrydag 15 April 2016 begin. Sy is die huidige WEMBO (Worlde Endurance Mountain Bike Organisation) 24 uur wêreldkampioen. Lees meer hier.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.