kategorieë: WenkeSkoonheid

Mooi mat-lippe

Mat lippe is tans ’n gunsteling onder grimeerkunstenaars, bloggers, plaaslike bekendes sowel as Hollywood-bekendes. Dit lyk nie net stylvol nie, maar help ook om die veroudering van jou lippe te verbloem, so sê top-grimeerkunstenaar Cheryl Parker. Die mat-tekstuur vul die fyn lyne van die lippe en die lipstiffie kryp nie in soos ’n glans lipstiffie nie, dus sien jy nie die lipplooie so duidelik nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Cheryl Parker se raad vir die perfekte mat-lip

Foto: Corné Greeff

  • Maak seker dat jy jou lippe afskilfer ’n uur voordat jy jou lipstiffie aanwend. Dit sal help om al die velletjies te verwyder, anders gaan dit duidelik sigbaar wees as jy jou lipstiffie aanwend.
  • Voeg ook ’n bevogtiger op jou lippe sodat jou lippe mooi bevogtig is.
  • Gebruik ’n lipomlyner sodat jy mooi binne die lyne kan inkleur.
  • Wend jou lipstiffie met ’n kwassie aan, dit sal help om dit meer egalig te doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Speel met die tekstuur van jou grimering

  • Maak jou lippe die fokuspunt deur ’n donker mat-lipstiffie aan te wend en dan die res van jou grimering eenvoudig te hou. Jy kan ’n bietjie maskara aanwend met ’n vloeistof oogomlyner.
  • Vir ’n ligter mat-lip kan jy ’n metaal-oogskadu aanwend om die tekstuur mooi te laat lyk.
  • ’n Nuwe tendens is ook om op die hartjie vorm bo op jou lippe en in die hoekies van jou lippe ’n goue pigment saam met die mat-lipstiffie te gebruik.

Skep so die perfekte mat-lip

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Paar van ons gunstelinglipstiffies

Sterre soos Franja du Plessis, Leandi du Randt Bosch, Karlien van Jaarsveld en Simoné Nortman is van ons gunsteling- plaaslike bekendes wat altyd deur ’n ring getrek kan word en die mat-lip pas hulle perfek!

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

15 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.