kategorieë: Bekendes

‘Mooimaak’ se Bernice deel haar storie

Bernice du Plessis is die vierde deelnemer aan kykNET se nuwe voorkomsprogram Mooimaak met Clare Wiese-Wentzel. In hierdie program kry deelnemers die geleentheid om hul voorkoms te verander met behulp van ’n span kundiges. Ons het meer gaan uitvind oor wie Bernice is en waarom sy besluit het om deel te neem aan die program.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook ons onderhoud met Clare Wiese-Wentzel oor Mooimaak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek is gebore in Polokwane en het daar skoolgegaan,” vertel Bernice oor haarself. “Daar het ek ’n boetiek gehad, totdat ek in ’n motorongeluk beland het,” sê sy. “Toe ek heeltemal herstel het, het ek by ’n eiendomsagentskap gaan werk en dit baie geniet.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek het drie jaar gelede Stellenbosch toe getrek om nader aan my drie kleinkinders te wees. Alhoewel ek my vriende in Polokwane mis, was die trek die moeite werd sodat ek hier by my familie kan wees. Ek het twee seuns gehad, maar my jonger een, Llewellyn, is oorlede tydens ’n motorfietsongeluk in 2000.” Llewellyn was 17 jaar oud toe hy oorlede is.

Bernice se pa is ook in 2005 oorlede en haar man kort daarna. Haar oudste seun, Christian, het teen daardie tyd alreeds in Stellenbosch gewoon en dit was dus net Bernice en haar ma wat in Polokwane agtergebly het. “Polokwane was baie goed vir my, maar my hart se punt was my kleinkinders,” vertel sy oor haar besluit om uiteindelik Stellenbosch toe te trek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Stian, my oudste, is sewe jaar oud. Cara word hierdie maand (Oktober) ses jaar oud, en my ondeundste jongste, Joshua, is vier jaar oud, ” vertel sy oor haar kleinkinders. ’n Mens kan veral sien hierdie ouma van drie het ’n spesiale band met haar kleinkinders. “Kleinkinders  is so ’n geskenk. Hulle is altyd bly om jou te sien. Hulle wil graag langer bly of sommer oorslaap by Ouma. En hulle geniet altyd Ouma se gebak.”

Oor haarself sê Bernice sy “is ’n positiewe persoon.” Haar belangstellings strek ook wyd. “Ek hou van kosmaak, onthaal, die natuur en om te reis. Ek hou ook daarvan om aktief te wees: ek gym, maak tuin en ek hou daarvan om kreatiewe dinge te doen.”

“Ek pas ook op hede my moeder op. Sy word volgende maand 90,” antwoord Bernice op die vraag oor wat sy deesdae doen. Haar moeder ly aan demensie en Bernice versorg haar. “Nadat my pa oorlede is, het ek en my familie agtergekom dat my ma begin vergeet. Sy wou eenkeer vir my kom kuier en het ’n uur rondgery om my huis te kry. Dit is toe dat ons besluit sy het persoonlike versorging nodig.”

“Haar demensie is nou in ’n gevordere stadium, en sy het baie hulp nodig. Dit is vir my ’n absolute plesier om haar te versorg, want ek weet al doen ek soveel as wat ek moontlik kan, sal dit nooit kan vergelyk met wat sy alles vir my gedoen het nie.”

Alhoewel dit vir Bernice spesiaal is om haar ma te kan versorg, is dit nie noodwendig altyd maklik nie. “Dit is so hartseer om te sien hoe Ma maandeliks agteruitgaan. Ons is maar meestal net by die huis, aangesien sy nie meer vaste kosse kan eet nie en sy sukkel om te hoor en te loop.”

Vir Bernice is dit noodsaaklik om te onthou wat belangrik is. “Eerlikheid, vriendelikheid en bedagsaamheid is vir my baie belangrik in die lewe. Dis vir my ook baie belangrik om al ons geskenke van die Here te waardeer.”

Bernice sê haar kleinkinders was ’n bepalende faktor agter haar besluit om in te skryf vir Mooimaak. “Ek het op Mooimaak besluit omdat my kleindogter, Cara, al van driejarige ouderdom af sê ek en sy moet eendag Parys, Frankryk toe gaan om saam klere te ontwerp.” Later, op die ouderdom van vyf, het sy gesê dat ek iets aan my plooie en tande sal moet doen as ek saam met haar wil gaan! Dit was my eerste motivering.”

“Die tweede motiveringspunt was dat ek nounet 60 jaar oud geword het en ek wou sommer jare jonger lyk by my partytjie.”

’n Groot verandering in Bernice se lewe was ook haar onlangse gewigsverlies. “Ek het vandat ek Stellenbosch toe getrek het al 20 kg verloor.” Sy sê die Banting-dieet was die rede waarom sy al dié gewig binne een jaar afgeskud het.

Lees ook: 10 beginsels agter die Noakes-dieet

“Ek het nie in die Banting-dieet geglo nie en ek wou aan my seun, Christian, bewys dat dit nie werk nie. Ek was so verkeerd! Sonder om ooit honger te wees, en terwyl ek nog elke aand ’n wyntjie kon drink, het die sentimeters en kilogramme afgeval.” Bernice is gelukkig oor diè gewigsverlies. “Ek was baie bly oor die slanker voorkoms, maar ek het baie plooie bygekry – veral in my gesig.”

Nog iets wat haar oor haar voorkoms gepla het, was haar tande. “Ek het nog goud in my tande gehad, wat my kleinkinders baie gepla het.” By Mooimaak is daar kosmetiese veranderinge aangebring aan haar tande; iets waaroor sy baie bly is. “Ek kan nou glimlag vir ’n foto en my tande wys.” Sy noem verder dat Mooimaak haar jare jonger laat lyk het. “My vel is baie gladder. My grys hare was ook ’n kwessie vir party mense. Ek het nog nooit in my lewe lang hare gehad nie, en nou het ek; ek is sommer ’n brunette!”

Mooimaak was ’n fees,” vertel Bernice oor haar ervaring tydens die program se opname. Waarom was dit vir haar so lekker? “Die wonderlike filmspan. Die ander deelnemers wat ek ontmoet het. Die sorg en vertroeteling van die dokters en hul assistente. Dr. JJ Serfontein, die tandaarts, met sy vriendelikheid, en dan nog Clare wat die ervaring wonderlik gemaak het.”

Bernice sê “die lekkerste deel van Mooimaak was dat ’n mens sommer nuwe lus vir die lewe kry – en hope selfvertroue.”

Tog is Bernice steeds gefokus op haar geliefdes en dit wat belangrik is vir haar. Op die vraag oor wat die toekoms vir haar inhou na afloop van die program, antwoord sy: “Ek het nog niks vir die toekoms beplan nie, aangesien my Ma nou my verantwoordelikheid is.”

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.