Genoeg vir 6
Bestanddele
- 5 groot murgpampoentjies, met ’n groenteskiller of mandoliensnyer in dun repe gesny
- 5 nektariens, in wiggies gesny
- 45 ml (3 e) olyfolie
- sout en gemaalde swartpeper
- 50 g parmesaanskaafsels
- 30 ml (2 e) truffelolie (opsioneel, want dis vrek duur, maar dit maak die slaai spesiaal, kry dit by Woolies)
Metode
- Plaas die murgpampoentjies, nektariens en olyfolie in ’n mengbak en geur met sout en peper.
- Verhit ’n riffelpan en rooster die murgpampoentjies en nektariens aan albei kante.
- Pak op ’n mooi opdienbak. Sprinkel die parmesaanskaafsels en truffelolie oor.
