Murgpampoentjie-poffertjies deur Vickie de Beer, bygestaan deur Martjie Malan. Foto: Lindy Kriek.
Murgpampoentjie-poffertjies
Serves: 20 - 24 poffertjies
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- • 150 g (½ k) koekmeel
- • 10 ml (2 t) bakpoeier
- • 10 ml (2 t) suiker
- • 5 ml (1 t) sout
- • 1 eier
- • 250 ml (1 k) melk
- • 10 ml (2 t) olyfolie, plus ekstra om mee te bak
- • 5 ml (1 t) gemaalde swartpeper
- • 350 g (2½ k) murgpampoentjies, ruweg gerasper, sprinkel ’n bietjie sout oor en laat vir 30 min. dreineer.
- • 15 g (½ k) vars kruisement, ruweg gekap
- • 10 g (¼ k) vars dille, ruweg gekap
- • 10 g (¼ k) vars Italiaanse basiliekruid, ruweg gekap
- • gerasperde skil van 1 suurlemoen
- • ’n skyf (sowat 100 g) fetakaas, gekrummel,
Instructions
1 Meng die koekmeel, bakpoeier, suiker en sout in ’n groot mengbak.
2 Klits die eier, melk en olyfolie in ’n ander mengbak of maatbeker.
3 Meng die vloeistof met ’n draadklitser by die meelmengsel in tot ’n gladde deeg vorm.
4 Geur met sout en swartpeper.
5 Roer die gerasperde murgpampoentjies, gekapte kruie, suurlemoenskil en die fetakaas by.
6 Verhit die ekstra olyfolie in ’n groot pan oor matige hitte en skep lepels vol van die beslag in die verhitte pan.
7 Braai aan weerskante tot goudbruin en deurgaar.
Catherine Schenck
Lees Meer
Amandeltruffels
12/11/2024
Laesout saadjiebrood
11/11/2024