kategorieë: OuerskapJou lewe

My kind háát skool!

Sukkel jy jou soggens kapoet om jou kind uit die bed te kry? Is die atmosfeer ’n kruitvat wat die geringste vonkie nodig het om te ontplof? Baklei sy soggens vandat sy haar oë oopmaak oor die kleinste dingetjie? Omdat sy moet opstaan terwyl sy nog só moeg is; oor die melk te koud of te warm is; oor haar skoene nie op hul plek is nie; oor haar skoolkos; oor haar boetie of die hond vir haar kyk; oor hoe sleg haar hare lyk? Of is sy elke oggend siek? Jou kind wil nie skool toe gaan nie. Die meeste kinders voel die een of ander tyd nie lus om skool toe te gaan nie. Dis normaal, veral as hulle ’n aanpassing moet maak waarvoor hulle bang is – soos om na ’n nuwe skool te gaan. Gewoonlik duur die gevoelens nie te lank nie. Maar wat as dit aanhou en erger word? Kinders doen goed as hulle kan. Kinders wil meestal hul ouers en onderwysers tevrede stel. Kinders wat nie skool toe wil gaan nie, of skool verpes, het gewoonlik ’n probleem. Veral kleintjies. Die meeste van dié kinders het nie die vaardighede om te voldoen aan die eise wat aan hulle gestel word nie – en dis nie hul keuse nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hulle reageer op baie maniere hierop: Hulle is ongemotiveerd en doen net die nodigste of selfs minder, of word siek, of bied weerstand. Dan kry hulle gou-gou die etiket dat hulle lui, ongemotiveerd, moedswillig en stout is, wat hulle weer in konflik met hul onderwysers en ouers bring. Op die Internet is daar talle blogs en groot groepe kinders wat dikwels in sterk gekruide taal vertel hoe en hoekom hulle skool so haat. En ironies gebruik hulle skuilname soos Useless man en Darkangel. Daar is “ek haat skool”-lirieke, -T-hemde, -aanhalings, -voorstellings. Maar die meeste kinders loop met die gevoelens opgekrop en dan bars hul frustrasie tuis op allerlei maniere uit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Pieter*, ’n tiener, vertel: “Skool suck! Ek haat die verdomde plek! En alles daarvan. Die dom werk, die klasse, die rye, die simpel onderwysers en die kinders. Dis dieselfde goed oor en oor. Ek raak naar as ek nog iets oor vigs moet leer. Die onderwysers dink hulle het mag en kan jou beheer -wat jy moet doen, mag sê en dink, wat jy mag aantrek, hoe jy moet lyk. Die wiskundeonnie is die ergste met haar geskree en gedreig oor detensiebriewe, sy kan dit in haar dinges opdruk. En die kinders: Daar is mos altyd ‘pliggies’ wat dink hulle is só oulik. Hulle kruip net en dink hulle is beter as ander. As die toetsuitslae en rapport kom, dán kry ek nou moeilikheid by my pa en hoor ek hoe treurig ek is. As ek net dink ek moet môre skool toe gaan, of huiswerk doen, is ek sommer naar en omgekrap.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Annemie*, sewe jaar oud: “Skool is nie lekker nie. My juffrou is oukei, maar ek is bang vir haar. As ek nie stilsit nie, moet ek voor langs haar gaan sit, of langs so ’n seuntjie wat my heeltyd pla, lelike goed vir my sê en my goed vat. Ek kan nie dink as die kinders praat nie. Ek kry nie my werk klaar nie, en dan spot die ander my omdat ek laaste klaar is. Pouses moet ek inbly om my werk klaar te maak. Maar die maatjies wil in elk geval nie met my speel nie. Ek wens daar was nie ’n skool nie en ek hoef nooit weer te gaan nie.” Nie alle kinders is in staat om te erken hulle het ’n probleem, of om dit soos Pieter en Annemie te verwoord nie. Baie sê net dat dit nie lekker is nie en probeer dit vermy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dan kla hulle dat hulle te siek voel

  • Vrees speel ’n rol, veral by kleintjies. Hulle is bang vir raas, strafbriewe, detensie, of hulle is angstig en onseker of hulle die werk kan doen, toetse sal slaag, voor ander hul mondeling sal kan doen en maatjies met hulle sal speel, óf hulle ervaar skeidingsangs.
  • Hulle het nie toereikende emosionele en sosiale vaardighede nie en pas sosiaal nie aan nie, of voel hulle pas nie in nie. Hulle voel alleen en uitgestoot.
  • Partykeer word kinders geboelie of gespot.
  • Hulle sukkel met die eise wat skool aan hulle stel. Vir baie is die skoolstelsel te rigied en maak nie werklik voorsiening vir hul individuele behoeftes nie.
  • Baie kinders kan net nie die pas volhou nie. Of die pas is te stadig. Kinders se tempo en die hoeveelheid tyd wat hulle vir take nodig het, verskil. Vir party is dit te veel leerstof, te vinnig. En die dae is vir hulle te lank.
  • Hulle is verveeld. Die leerstof is te maklik, dis te min, te stadig. Óf die onderwysmetode of wyse van aanbieding is vir hulle vervelig. As leerstof vir kinders interessant en die proses vir hulle pret is, geniet hulle dit en leer hulle sommer sonder dat hulle dit besef.
  • Kinders wat hiperaktief, aandagafleibaar of taktiele leerders is en sukkel om stil te sit en luister, vind die meeste skoolsituasies baie moeilik.
  • Party kinders het nie die vaardighede om die werk baas te raak nie. Hulle voel dit maak nie saak wat hulle doen nie, hulle kan nie doen wat van hulle verwag word nie. Dit kan fyn motoriese, perseptuele, visuele, ouditiewe, lees, spel of wiskundige vaardighede wees waarmee hulle sukkel.
  • Hulle kom nie met ’n onderwyser of onderwysers oor die weg nie.
  • Party kinders het tuis probleme, soos ouers se huweliksprobleme, gesinskonflik, of ’n siek gesinslid en dan kan hulle nie konsentreer nie, want hulle bekommer hulle oor wat tuis gebeur.

Kinders wat faal om te leer, leer om te faal. Wat om te doen?  Erken daar is ’n probleem en doen dadelik iets daaraan. Gewoonlik verdwyn sulke probleme nie vanself in die mis nie. Meestal vererger dit mettertyd. Hoe ouer die kind is, hoe moeiliker is dit om agterstande in te haal. ’n Mens betaal nou of later (dan met rente) hiervoor. As ’n kind in graad een sukkel om te lees, gaan hy net meer agter raak en later sukkel om te leer.

  • Toon begrip vir jou kind en moenie hom blameer nie. Laat haar afblaas, vertel wat pla. ’n Ontstelde kind het sy ouer se vriendelike en begrypende oor die nodigste, nie sy raad of ongeduld nie.
  • Neem saam met jou kind verantwoordelikheid om die bul by die horings te pak en oplossings te soek en te kry, en om vaardighede te ontwikkel om die eise en probleme te hanteer. Moenie hom, die onderwyser of die skool blameer nie.
  • Probeer vasstel wat die wortel van die skoolhaat is. Luister. Help haar met haar gevoelens, deur die gevoelens te verstaan en begrip daarvoor te toon. Die kind moet inkoop in die oplossings, en daarom is die oplossings wat die kind uitdink of kies dikwels dit wat die beste werk.
  • Berei jou kind op verandering voor: Nuwe skool, nuwe onderwyser, nuwe baba in die gesin, nuwe gesin met ’n hertroue …
  • Wees proaktief: Taalverryking en lees in die voorskoolse jare maar ook later, kan baie help. Probeer moontlike probleme identifiseer voor dit die kind pootjie: Neem haar vir skoolgereedheidsevaluering om vroeg al vas te stel of al die tersaaklike vaardighede genoegsaam ontwikkel is. Slim kinders sukkel ook.
  • Sorg dat jou kind ook ander lekker ervarings kry, gebruik humor, en lag dat die endorfiene kan vloei en sy beter kan voel
  • Maak seker van jou kind se skoolkeuse. Kinders verskil en dis belangrik dat die kind se skool en klas dit vir haar moontlik maak om te leer, te presteer en in te pas.
  • Bou haar selfbeeld: Gee erkenning en nog erkenning – nie net vir resultate nie, maar vir pogings en harde werk. l Help jou kind om te besef daar is nie iets fout met hom nie. Dis iets wat met baie kinders gebeur en normaal is. Maar dis ’n probleem waarvoor daar oplossings is.
  • Jou kind moet die waarde van opvoeding besef.
  • Moedig jou kind aan om aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem waarin hy belang stel sodat ’n deel van skool lekker en onbedreigend kan wees, en om sosiaal in te skakel en sy selfbeeld te bou.
  • Leer jou kind probleemoplossingsvaardighede en denkstrategieë: Wat is hier die probleem? Wat kan ek doen? Wat sal help om dit beter te maak? Die kind moet die probleem as die probleem sien, en nie haarself nie.  Werk sáám met die onderwyser, maak saam planne. Praat met die hoof of departementshoof oor opvoedkundige leiding as jy en die onderwyser nie vorder nie. Skole het meestal prosedures wat kinders kan help.
  • Praat met ander ouers en hoor wat hul ervaring is van die klas, onderwyser en situasie.
  • Moenie bang wees om jou kind van klas of skool te laat skuif as dit werklik nodig is nie. Maak net seker dat die probleem nie hoofsaaklik by jou kind se vaardighede lê nie, want dan gaan dieselfde probleem hom in die nuwe situasie herhaal, wat dan geen oplossing bied nie.
  • Moenie jou kind sonder planne, hoop of oplossings blootstel aan ’n situasie waarvoor sy glad nie die vaardighede het, of glad nie kan hanteer nie. Dit breek kinders se moed en geloof in hulself.  Sorg dat jou kind ook ander lekker ervarings kry, gebruik humor, en lag dat die endorfiene kan vloei en sy beter kan voel.
  • Kry professionele of remediërende hulp: Laat ’n opvoedkundige sielkundige julle help om die wortel van die probleem te bepaal. En kry hulp van ’n private onderwyser, arbeidsterapeut of wie ook al nodig kan wees. ’n Kind se eerste skooljaar en skoolervaring is dikwels van deurslaggewende belang in sy vorming van ’n eie leeridentiteit en akademiese selfbeeld. En dit is ’n vroeë voorspeller van ’n kind se skoolgeluk en prestasie. As ’n kind se eerste ervaring negatief is, kan dit maklik sy selfvertroue en selfbeeld skaad en later tot destruktiewe gedrag- en leerpatrone lei.

Dis nooit te laat om gelukkige kinderdae te hê nie! Twaalf jaar kan báie lank wees – as dit ’n nagmerrie is! Maar soveel moeilike situasies kan met die regte plan, stappe, geduld en wysheid in ’n positiewe ervaring omgedraai word – in skooldae waarna jy met heimwee terugverlang. Dis vir die meeste mense ’n baie groter prestasie en aha-ervaring om ’n probleemsituasie om te draai in ’n suksesstorie, as om iets uit die staanspoor te bemeester. Dit bemagtig hulle met selfvertroue, selfgeloof en deursettingsvermoë, nie net vir die eise wat die lewe nou aan hulle stel nie, maar ook vir hul toekoms.

*Skuilname is gebruik en verhale is met betrokkenes se goedkeuring vertel. Anys Rossouw is ’n sielkundige in Menlopark Pretoria (082 801 1830).

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.