kategorieë: Skoonheid

’n Week in die lewe van ’n grimeerkunstenaar

Raine Tauber, senior grimeerkunstenaar vir MAC Cosmetics Suid-Afrika, deel haar dagboek met ons.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ek was gelukkig genoeg om verlede jaar tydens die Parys Somer/Lente-modeweek vir MAC Cosmetics te werk. Dit is enige grimeerkunstenaar se droom, maar veral vir my. Ek het grootgeword met Vogue-tydskrifte as slaaptydstories. Soos ek ouer geword het, het die droom om grimering te doen en Parys toe te gaan net groter geword. Na 15 jaar as grimeerkunstenaar, het die droom om by die Parys-modeweek te werk eindelik ’n realiteit geword. Hier is my dagboek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Raine Tauber by die Galliano-vertoning

Dag 1: 27 September

Vertoning: Aalto

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Eerste vertoning in Parys. Die vertoning vind plaas by Espace Commines, ’n pragtige, ligte spasie wat vir vertonings en uitstallings gebruik word. Aalto is ’n Finse ontwerpersreeks wat vroueklere ontwerp, maar met ’n manlike “edge”. Vir die vertoning was die grimering geïnspireer deur die droom-vel van ’n tiener en ook die Netflix reeks Stranger Things. Die hoof-grimeerkunstenaar vir die vertoning, Cher Webb van Mac Cosmetics, het lae glansende teksture gebruik om ’n glansende vel te skep, met veral ekstra glans op die voorkop en bokant van die wangbene. Dit het amper ’n “hormonale glans” gegee. Ons het ook baie glans op die oog-area gebruik om dit ’n sweterige voorkoms te gee.

Die klere het ’n kombinasie van wonderlike teksture bevat, soos fluweel en kroom, spelerige patrone (Moemin!) en stedelike gebruiksdrag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Line-up” is waar al die modelle gereedstaan en ons ’n paar minute het om seker te maak hulle lyk reg en om veranderinge of regstellings te maak. Omdat dit ’n Lente/Somer-vertoning was, het die modelle baie meer ‘vel’ gewys. En glo my, baie meer grimering gaan in so ’n vertoning as wat ’n mens dink. Kneukels, knieë en enige merkies op die lyf moet ook verbloem word. Alles met die vertoning het seepglad verloop en almal was tevrede. Daarna was dit tyd vir aandete en verkenning.

Dag 2: 28 September

Vertoning: Lanvin

Roep-tyd vir my eerste vertoning is reeds om 07:15. Ek is dankaar dat ek gisteraand vroeg gaan slaap het en vanoggend uitgerus voel. Vandag se vertoning is by die amper oordadige Hôtel De Ville waar Parys se administrasie reeds sedert 1357 gedoen word. Dit het engelagtige muurskilderye, gou spieëls en die indrukwekkendste kandelabra’s. Die hoofgrimeerkunstenaar vandag is die legendariese en “celeb” in sy eie reg, Tom Pecheux. Hy het ’n pragtige, natuurlike voorkoms geskep met sagte verbronsingspoeier en ’n spatsel van Mac se 3D silwer glitter op die ooglede. Dit was om van te droom en die modelle het pragtig gelyk. Van die hoogtepunte van die vertoning was Karlie Koss, Taylor Hill en Jordan Dunn, wat in die werklike lewe net so mooi is soos op foto’s, maar ook baie vriendelik. Die Lanvin-mode’s was vroulik, versier met krale en kristalle en lae deursigtige materiaal. Na “line-up” is ’n paar van ons die kans gegun om die vertoning te kyk. Daar was baie min spasie, maar ek het ’n gaatjie gekry waar al die fotograwe gestaan het en ek moes myself knyp! Ek kon nie glo dat ek  die geleentheid gekry het om ’n hele Lanvin-vertoning in Parys te kyk nie.

Nou, terug na die tweede vertoning vir die dag.

Vertoning: Lemaire

Die vertoning het oorkant Hôtel De Ville plaasgevind. Dit was stedelik en “gritty” en het perfek by die ontwerpe gepas. Die hoofgrimeerkunstenaar was Carole Columbani. Die fokus van die grimeervoorkoms was wollerige wenkbroue, baie natuurlike vel (amper geen dekking nie) en ’n amperse “Kool-Aid” gevlekte mond. Lemaire het in die kunssinnige Marais-distrik van Parys ontstaan en is deur die lewe in die verlede en hede van Parys geïnspireer. Die klere was sjiek, stedelik en simplisties, dog innoverend. Ek het veral daarvan gehou dat die modelle aangesê is om oogkontak te maak met die gehoor (gewoonlik staar hulle net strak voor hulle uit).

Dit was ’n lang dag. Ek sien nou uit na kamerdiens in my hotel en ’n vroë aand, want môre word ek weer vroeg opgelaai.

Ns: Die hotel waar ons gebly het – K+K Hotel Cayre – het die ongelooflikste ricotta en truffle ravioli.

Dag 3: 29 September

Vertoning: Chloé

Die vertoning het by die Grand Palais plaasgevind. Aaron de May was die hoofgrimeerkunstenaar en ons het ’n rokerige ooggrimering-voorkoms gedoen. So amper asof jy nog gisteraand se grimering aanhet. Ons het Mac se Teddy Eye Kohl gebruik en dit om die wimpers gesmeer om die voorkoms te skep. Die klere was ongelooflik en saam met die minimalistiese grimering het dit ’n wonderlike kontras geskep. Soos met die res van die grimering vir Parys-modeweek was die vel baie natuurlik met minimale dekking en vars.

Vertoning: Alexis Mabille

Dié vertoning was in ’n saal wat in ’n donker spasie verander is, met swart drapering wat ’n wonderike atmosfeer geskep het. Die musiek was Afro-Latyns en vanaf die eerste kleedrepetisie het mense hulle voete gestamp op die maat van die polsende musiek. Die hoofgrimeerkunstenaar, Lloyd Simmons, het ’n pragtige glansende vel geskep deur verbronsingspoeier en beklemtoners (highlighters) te gebruik, so asof ’n mens die modelle se “innerlike godin” na vore wou bring. Ons het ’n metaalkleurige vloeibare oogomlyner gebruik in die binnehoeke van die oë en op die bokant van die lippe se kupido-bogie. Die klere was romanties en sexy met helder kleure en motiewe en die skoene was sneakers wat ’n baie koel gevoel geskep het.

Dag 4: 30 September

Vertoning: Issey Miyake

Ons roeptyd vir die vertoning was baie vroeg, maar ons was almal opgewonde omdat die vertonings altyd wonderlik is en om saam met Alex Box te werk, is heerlik. Die voorkoms was geïnspireer deur die ontkieming van ’n saadjie, die natuur se reis en biologiese ontwikkeling. Wit is gebruik as die kleur om mee te beklemtoon. Ons het die vel pragtig glansend laat lyk deur Mac Face and Body Foundation te gebruik saam met ’n subtiele pienk blosser. Ons het ’n goudkleurige oogskadu oor die hele ooglid gebruik en Mac se Strobe Cream as ’n beklemtoner. Alex het toe sirkelvormige patrone op seker plekke op die modelle se gesigte aangeverf. Dit het ’n fantastiese effek gegee, veral omdat die wit sirkel ook van die wit patrone in die klere opgetel het. Die klere was geometries met swaer plooi detail, in tipiese Issey Miyake-styl. Daar was ook baie helder kleure en vreeslike futuristiese Asiese skoene.

Vertoning: Enfants Riches Deprimes

Reg, volgende vertoning! Die LA-ontwerper Enfants Riches Deprimes se ontwerpe is deur punk en Hollywood-kultuur geïnspireer. Daar was baie geskeurde materiaal, kunsleer en motiewe. Van die toeskouers was Courtney Love en haar dogter Francis Bean Cobain. Die hoogtepunt was toe hulle reg verby my stap. Ek dog ek word flou! Ek raak nie sommer “starstruck” nie, maar dit was ’n wonderlike oomblik.

Vir die grimeervoorkoms het ons swart, olierge ooggrimering of lippe gedoen, afhangend van die uitrusting. Die voorkoms is geskep deur MAC se senior grimeerkunstenaar vir Parys, Tom Spain. Ons het MAC Chromacake in Black gebruik met baie MAC se Clear Glass bo-oor. Ons het dit aangesit net voordat die modelle die loopplank het op harde punk-musiek betree het. Die vertoning is in ’n ou, vervalle skoolsaal gehou wat ideaal was vir die gevoel van die klere.

Phew, môre het ek ’n dag af.

Dag 5: 2 Oktober

Vertoning: John Galliano

Hierdie was seker een van die vertonings waaroor ek die mees opgewonde was. Ons het saam met die wonderlike grimeerkunstenaar Christelle Cocquet gewerk. Grimering was minimalisties, met ’n sagte “ochre”-kleur op die ooglede. Alles was sag en lig met die klem op die onaangeraakte/ongegrimeerde dele van die gesig eerder as die gegrimeerde dele. Die voorkoms het die sagte pastelle en deursigtige materiale van die uitrustings gekomplimenteer. Swart hier en daar in die uitrusting het die versameling geanker. Die materiaal van die rokke was so sag en broos dat die modelle dit baie versigtig moes aantrek. Die modelle het diere-maskers, amper soos krone, op hul koppe gedra, wat bygedra het tot die sprokiesagtige gevoel van die vertoning.

Toetsgrimering saam met Val Garland vir die Giambattista Vali-vertoning vir môre:

Ons het by die hoofkantoor van Giambatista aangekom. Sjoe, hoe mooi! Glansryke en luukse afwerkings teen historiese mure. Val het ons vertel van sy idees en ons moes na gelang van dit produkte kies. Sy hoof-idee was dat as jy vra vir rooi lipstiffie, ons al ons rooi lipstiffies moes uithaal en probeer om van MAC se nuwe bekendstelling ook te wys. Ons het gesukkel en ’n klomp opsies probeer, maar niks is bevestig nie. Ons is eers na middernag weg en was rasend honger op soek na ’n kafee.

Dag 6: 3 Oktober

Vertoning: Giambattista Valli

Hierdie was die tweede keer dat ek saam met die model Gigi Hadid gewerk het, en sy het werklik baie goeie maniere en is baie professioneel en vriendelik en mooi verby! Die modelle moes in wolkekrabberhakke loop, waaroor hulle eers effens lugtig was, maar gelukkig het niemand geval tydens die kleedrepetisie nie. Om te val op ’n loopplank is vir ’n model seker een van die ergste goed wat kan gebeur tydens ’n vertoning.

Die uitrustings was van sagte, deursigtige en versierde materiaal met sagte pastelmotiewe. Dit lyk of hierdie sagte motiewe en materiaal beslis die voorkoms van die seisoen is. Om te kontrasteer met hierdie voorkoms, het ons mat-onderlaag en posbusrooi lipstiffie gebruik. Ons het MAC Retro Matte Liquid Lip colour in ’n skakering genoem ‘Feels so Grand’ gebruik. Vir Gigi se eerste uitrusting het sy rooi lippe gehad, maar vir haar tweede uitrusting het hulle dit eensklaps verander en was dit omtrent ’n geskarrel om ’n nuwe grimeervoorkoms te skep.

Dag 7: 4 Oktober

Vertoning: Shiatzy Chen

Vir hierdie vertoning was ons weer in die Grand Palais, maar in ’n ander deel as vir Chloé, met die ongelooflikste uitsig oor die glas- en staaldak. Die hoofgrimeerkunstenaar, Violtette, het ’n voorkoms geskep met blou beklemtoner, asof die modelle langs iets gestaan het wat blou lig op hulle gesigte gereflekteer het. Sy het ook glitter on die oë gebruik, vir van die meisies was dit ’n streep en vir ander net ’n spatsel onder die oë. Ons het 3d Silver Glitter gebruik as omlyner. Die grimering was pragtig en dit het so mooi geskyn op die loopplank. Die modeverameling het baie sy en Asies-geïnspireerde materiaal bevat, maar in ’n moderne en vroulike manier. Daar was ook metaal en holografiese dele.

Dag 8: 5 Oktober

Vertoning: Moncler Gamme Rouge

My laaste vertoning! Tyd het gevlieg. Vir Moncier het ontwerper Giambattista Valli gebly by die sportiewe herkoms van Moncler, maar prettige metaal-skakerings en militêre flair by van die details in die klere en hoede gebruik. Die agtergrond van die vertoning was tipies opulent en anders, asof dit ’n lunar-landskap was. Val Garland het ’n pragtige, beklemtoonde voorkoms geskep en ons het ’n effense “teevlek” rondom die oë geskep en ’n mengsel van goue glitter en Clear Gloss op die modelle se ooglede en lippe gebruik net voordat hulle op die loopplank geloop het. Wat ’n manier om die week te eindig!

“That’s a wrap!” Hierdie ondervinding het my verander en ek moet beslis terugkom Parys toe!

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.