Ná ’n byna-verdrinking – genade – een ma vertel

Ná ’n byna-verdrinking – genade – een ma vertel deur Lynette Strydom, versorg deur Mariette Snyman. Hooffoto Pexels, ander foto’s verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Verdrinking gebeur met “ander mense”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe dikwels, besef ons nie.

Suid-Afrika het jaarliks ’n geraamde 2 000 noodlottige verdrinkings.  Dis skrikwekkend hoeveel ander kinders met permanente breinskade gelaat word. Slegs drie minute sonder suurstof en 30 millimeter water kan onomkeerbare breinskade tot gevolg hê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verdrinkings is tans die hoofoorsaak van onnatuurlike kindersterftes (2 tot 6 jaar) in Suid-Afrika.

Wanneer jy hoor van ’n verdrinking is jou eerste reaksie dikwels: “hoekom kyk die mense nie na hulle kinders nie?”

Jy dink dit sal nooit met jou gebeur nie.

Ons het ook so gedink, tot daardie koue wintersaand in 2012 toe klein Petrus-Hugo, 22 maande oud, vir ons – sy ouers, Hugo en Lynette Strydom – geleer het hoe om op water te loop, al kon hy dit self nie doen nie.

’n Gewone Saterdagmiddag in die winter beteken rugby en braai saam met vriende. Terwyl ons in die kombuis koffie drink, het die ouer kinders buite bal geskop met die ooreenkoms dat hulle na Petrus-Hugo sou kyk.  Pa Hugo was onrustig en het gaan seker maak alles is reg en hulle weer versoek om mooi na hom te kyk.

Oomblikke later het die ouer seun by die deur ingestorm en dit as deel van ’n speletjie toegemaak. Hugo het dadelik gevra dat hy die deur moet oopmaak, anders kon Petrus-Hugo nie inkom nie.

Sy gesigsuitdrukking het gewys dat daar fout was. Hy was oortuig die die klein mannetjie was in die huis.  Almal het begin roep en soek en die erf is gefynkam.

Lees ook: Hoe om jou huis veiliger te maak vir babas en peuters

Onsekerheid hang in die lug

Die onsekerheid word skielik verbreek deur die angswekkende gille van die 12-jarige Marelise. Almal het verby die swembad gehardloop, maar sy is terug en het die bubble-seil opgelig.

Kop ondertoe en reeds in die water ingesink, het sy Petrus-Hugo aan sy voete uitgepluk. Hy was al blou en slym-vloeistof het by sy neusie uitgeborrel. Hy het nie meer asemgehaal nie.

Hugo het ’n maand tevore ’n noodhulpkursus gedoen en onmiddellik kardiopulmonêre resussitasie (KPR) toegepas.

Hy het Petrus-Hugo opgetel en wou hospitaal toe jaag.  Op pad uit het drie Atlas sekuriteitsmanne hulle tegemoet gehardloop nadat hulle gereageer het op die noodoproep. Hoewel Petrus-Hugo geen reaksie getoon het nie, het hulle voortgegaan met KPR totdat die paramedici opgedaag het.

Altesaam sewe manne van ’n plaaslike ambulansdiens het vir meer as ’n uur behandeling toegepas.

Lees ook: Betrokke ouerskap is goed vir kind en vir pa

Duisende bid saam

Ons selgroep, die hele gemeente, asook ons vorige gemeente in Middelburg en ’n plaaslike mannegroep het saamgebid. Gebedskettings is regoor die land gevorm.

Intussen het Dr Fanie Smit geskakel en gevra dat Petrus-Hugo na Greenacres Hospitaal geneem word waar hy aan diens was. Alle verkeer is afgesper en die ambulans kon in die kortste moontlike tyd die 9 kilometer na die hospitaal aflê.

Petrus-Hugo se suurstofvlak het gedaal en een long was reeds platgeval. Dr Smit het buite die hospitaaldeur gewag: “Die eerste oogopslag het my diepste vrese bevestig, aangesien ons die boodskap ontvang het dat hy geruime tyd soek was voor die reddingspoging – inligting wat gewoonlik die tydperk van suurstoftekort aandui.”

Die seuntjie se asemhaling is vanaf die toneel tot by die hospitaal meganies ondersteun. “Behalwe die oordrewe spastiese postuur was daar geen aktiewe respons nie. Sy pupille was vergroot en het nie goed op lig gereageer nie, tekens wat op breinskade as gevolg van suurstoftekort kon dui.”

Lees ook: Met liefde gemaak: “Angel Gowns” vir babas wat kort voor of na geboorte sterf

Petrus-Hugo en suster Tracy

Die lang wag

Vir ons was die langste wag in die wagkamer. Ons het gebid. Oproepe het ingestroom.

Na ongeveer 90 minute kon ons die yskoue vegtertjie in die groot wit bed sien. “Toe ons die geskiedenis hoor,” vertel suster Tracy Potgieter, “was ons sommer hartseer, want ons ken die einde so goed. Pappa en Mamma se sterk geloof het my getref en ek het vir hulle gesê om aan te hou bid.”

Dr Smit het gesê dinge lyk nie goed nie. “Ons gaan hom vir drie dae ventileer en in ’n geïnduseerde koma plaas sodat sy brein kan rus.  Daarna sal ons meer weet.”

Petrus-Hugo is per ambulans na die Dora Nginza Hospitaal in Port Elizabeth en by die toelatingskantoor is ek herinner:  “Hierdie seuntjie hou van ons hospitaal gedurende Augustusmaand!”

Natuurlik het ons onthou: op 10 Augustus 2011, na 18 jaar se wag vir ons baba, hou hy eendag net op met asemhaal. Sy hartklop was flou en die prognose nie goed nie. Ons is per ambulans vanaf Middelburg na die hospital, waar Petrus-Hugo aan suurstof gekoppel en voortdurend gemonitor is.  Hy het oorleef en geen skade oorgehou nie!

Lees ook: Lori-Ann is “Bald and Beautiful”

’n Ware wonderwerk

Nou, tydens sy tweede toelating tot dieselfde hospitaal, is die masjiene in die intensiewe eenheid aan hom gekoppel voor ons hom kon sien.

Die pediater het my geroep: “Sy suurstofvlakke is laag. Julle moet bly bid.” Ons mag nie daar gebly het nie. Dr Smit het belowe om die volgende oggend agtuur ’n foto te neem en vir ons te stuur, alhoewel hy nie gedink het dat hy nog sou leef nie.

Ongeveer eenuur die nag het Hugo die hospitaal geskakel. Petrus-Hugo het so teen die ventilator baklei dat hulle dit moes afstel en later afhaal. Hy het sy ogies oopgemaak, na sy ma gevra en gehuil. Ons het die Here geloof en dankie gesê.

Dr Smit vertel hy is die volgende dag “met ’n swaar hart na daardie hospitaal, omdat ek verwag het om Petrus-Hugo ’n hele aantal dae in die intensiewe eenheid te  besoek – op ’n ventilator.”

Groot was sy verbasing toe hy sien dat die seuntjie regop sit en na sy karretjies vra!  Ons het ons foto gekry en sy ogies was oop. Die hospitaal het ons ontbied, want hy het te veel gehuil en moes uitgeskuif word na ’n gewone saal, maar nie sonder sy ma nie. Sy lyfie was baie geswel.

Twee dae later stap hy daar uit met sy groen rugsakkie op sy rug en ’n wuiwende handjie. “Dit was ’n wonderwerk – ’n genesing wat my, die paramedici en verpleegpersoneel wat primêr met hom gewerk het, verstom het.” Aldus Dr Smit.

Lees ook: Hoekom gedrukte foto’s goed is vir jou kind

Die foto wat dr. Smit geneem het

Die pad na herstel

Petrus-Hugo het na die verdrinking baie gehuil, nagmerries gekry en aanmekaar die kinders geroep en gesê dat hulle te ver is.

Hy het ’n jaar lank arbeidsterapie ontvang en is ook verwys vir spraakterapie. Hy is tans ’n graad 3-leerder by Laerskool Mount Pleasant in Port Elizabeth.

Tydens verdrinkings doen kinders frontale lobbeserings op wat onder andere hulle abstrakte denke, persoonlikheid, kreatiewe vermoëns asook spraakbeheer beïnvloed. Volgens sy klasonderwyser en die departementshoof toon hy goeie vordering, is hy kreatief en hardwerkend en is sy werk is op standaard.

Hy praat soms  onduidelik, maar dis geen rede tot kommer nie. Mnr Allan Chandler, skoolhoof, sê dat Petrus-Hugo trots hulle leuse van “Trots om ’n Mountie te wees” uitleef.

Lees ook: Jou kind en die dood: 7 waarskuwingstekens

Wie is Petrus-Hugo vandag?

Hy is ’n normale seuntjie. Tussen sy klasmaats is hy van die kleinstes, ’n moontlike effek van breinskade na die verdrinking. Hy is sensories sensitief.

Lees ook: Is jou kleinding se sintuie oor- of ondersensitief?

In 2017 wen hy die rugbytrofee vir die beste vordering in 0/7 rugby.  Tans speel hy in die 0/9 span en sy afrigter, Mnr Brendan Jordan, sê “hoewel hy dalk die kleinste in die span is, het hy die grootste hart.”

Sy watervrees was lank baie erg.  Na swemlesse het hy verlede jaar sy eerste gala geswem, en hierdie jaar weer.

Hy speel tennis vir die 0/10 span, neem deel aan muurbal en skaak en kry klavierles. Hy voltooi die Ironkids wedloop bestaande uit 100 meter swem en 1,2 kilometer hardloop.

Mense vra my gereeld watter skade Petrus-Hugo oorgehou het. Hy is ’n lewenslustige kind en sy rapport getuig van ’n goeie akademiese standaard.  Al die eer aan ons God vir hierdie wonderlike geskenk van genesing en dat ander lewens hierdeur aangeraak kon word.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.