Margaret se Wêreld: Bali en ’n onderhoud met Tom Holland

Margaret se Wêreld: Sekere dinge kan nie aangeleer of gekoop word nie – Tom Holland deur Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Onderhoud met Tom Holland: Sekere dinge kan nie aangeleer of gekoop word nie

Met die laaste blog het ek julle met sonsopkoms op die strand in Bali gelaat. Ek het in die lug gespring van vreugde. In die lewe in gespring!

Lees ook: Margaret se Wêreld: Dit was Cannes, en hierdie is Bali (PLUS ’n onderhoud met Chris Hemsworth)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Op pad na my kamer het ek ’n paar lengtes in die swembad geswem, daarna gestort en voorbereiding gedoen vir my werk.

Ek is hier vir ’n onderhoud met Tom Holland, die nuwe Spiderman.

Tom Holland

Dit is sy vyfde keer as Spiderman danksy Marvel Universe wat die Avenger-flieks geloods het, maar Spiderman: Far From Home, is die tweede keer wat hy die hoofrol in sy eie fliek speel.

Hy is wonderlik.

Een van die ernstige jong mans wat bewus is van sy bevoorregting.

Ek is senuweeagtig. Ek het gemiddeld vier uur slaap per nag gehad vandat ek Cannes verlaat het … hoeveel dae gelede? Miskien tien – voor ek na Los Angeles teruggekeer het en die twintig-uur reis in totaal (met al die aansluitings in ag genome) na Bali.

Lees ook: Margaret gesels met Robert Pattison in Cannes

Ek ly aan vlugvoosheid na die vyftien uur tydsverskil wat my kop deurmekaar krap. ’n Gebrek aan slaap maak jou reaksies stadiger. Ek het doelbewus na die strand gegaan om diep asem te haal en te fokus en om my kop weer in balans te kry. Ek het in die swembad gespring om myself wakker te maak. Ek doen video-onderhoude vir my YouTube-kanaal en moet wakker wees.

Lees ook: Vlugvoosheid en die rooi tapyt

Margaret se Wêreld: Gelukkige ek!

Ek is 59. Die foto op die strand is realiteit. Geen grimering, hare wat deurmekaar geslaap is. Hoe ek lyk is hoe ek voel. Ek rafel uit op die punte, maar ek hou dinge bymekaar.

Ek publiseer nie gewoonlik foto’s van myself in ’n baaikostuum nie. Dit is wat 59 aan jou doen.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Vrouwees by die Cannes-fees

Maar ek het onlangs ’n ervaring met ’n aanhanger op Instagram gehad en ek het die mense wat my ondersteun, belowe ek sal meer realistiese foto’s plaas van hoe ’n 59-jarige lyk.

Hoekom moet ons skaam voel oor wie ons is net omdat ons al ’n rukkie op die aarde is?

Lees ook: Margaret se Wêreld: Die dinge wat mense kwytraak

Dit verg moed om dit te doen en ek sal meer daaroor skryf in ’n ander blog, maar die punt is dat ek op die oomblik die gebrek aan slaap kan voel en as ek in die spieël kyk, kan ek dit sien. Maar dit is nie belangrik nie. Wat belangrik is, is dat my brein werk.

Spiderman: Far From Home gaan na alle verwagting ’n groot treffer wees, so ’n hele klomp aanhangers sal na die onderhoud kyk.

Lees ook: Margaret gesels met Zachary Levi oor Shazam!

Ek probeer my bes, maar as ek moeg raak, raak my stem al sagter.

Op skool het ’n meisie my “kankerstem” genoem omdat my stem anders was. Mense hou óf daarvan of haat dit. Vir myself klink ek normaal, maar as ek ’n video op YouTube plaas, is daar baie kommentaar oor my stem.

“Sy klink soos ’n sielkundige wat aan ’n vierjarige die nuus oordra dat haar ouers gaan skei,” het een gesê. Ek het gedink dit is snaaks, maar miskien nie as sy ouers regtig geskei is nie.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Verwagtinge

Spiderman: Far From Home is ’n groot fliek en ek is gelukkig om daarvoor toegang te kry vir my YouTube-kanaal, en ek wil so gereed as moontlik wees.

Ek trek ’n T-rok aan en gaan eet ’n hartlike ontbyt. Ek eet gewoonlik drie of vier gange. Ontbytgraan (rosyne met vesels is my gunsteling), afgeroomde melk, aalbessiesap, ’n proteïen-skommel of smoothie. Gemengde bessies en van die plaaslike vrugte. Griekse joghurt en heuning.

Ontbyt met ’n utisig!

Die uitsig van die patio af kyk uit oor lang grasperke wat af strek tot by die oseaan. Die kos, die oefeninge en die vars lug word alles ingespan om my te laat fokus. Ek neem ’n selfie op pad terug na my kamer.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Haal net asem

In my kamer kyk ek na die beeldmateriaal van die rolprent. Tom Holland is snaaks as Spiderman. Die aksie is boeiend en hy moet die dood van iemand na aan hom verwerk, en dit sorg vir ’n wye reeks emosies wat hy goed hanteer tydens die film. Ek weet ek sal saam met my seun na die fliek gaan kyk as ek terug is in Los Angeles, maar op die oomblik is ek in werk-modus.

Ek word na die onderhoudvertrek geneem, maar daar is probleme met die toerusting.

Dus maak ek tyd op met gesprekke oor vlugvoosheid en hy neem dadelik deel.

Tydens die onderhoud praat hy oor die druk om gekompliseerde aksieskote kort na mekaar te doen en hoe sy gesig deur die oorspronklike masker gesny is.

Ons gesels gemaklik.

As ek vra waarvan hy die meeste hou, sê hy dit is die interaksie met aanhangers wat vir hom lekker is. Hy is opreg … dit is nie bloot ’n antwoord nie.

Later die aand woon ek een van sy bewonderaarsgeleenthede by en ek het probeer om grepe in my onderhoud in te sluit, maar dit wou nie laai nie. Jy kan op my Instagram (@margaret_gardiner) wel sien hoe hard hy gewerk het om elke bewonderaar gemaklik te laat voel.

Die vertrek was gepak en 12-18 mense diep aan die kant, en meer in die middel. Ek was daar vir 20 minute en in daardie tyd het hy byna geen vordering gemaak nie. Hy het hande geskud, geglimlag, selfies saam met aanhangers geneem. Dit het aan en aan gegaan.

So, ek dink hy het ’n toekoms en dit lyk asof sy fliek pret gaan wees.

Na ons onderhoud het hy opgespring en my hand geskud.

Die volgende dag het ek sy publisiteitsbeampte raakgeloop. “Het jy iets vir Tom Holland gesê oor senuwees?”

Ek sluk.

“Um, ek het hom vertel ek was senuweeagtig voor die onderhoud en het hom na die tyd bedank omdat hy dit so maklik gemaak het.”

Sy het haar kop geskud en geglimlag.

“Hy het my vertel. En hy het gevra ek moet uitkyk vir jou en vir jou sê jy hoef nie senuweeagtig te wees nie en dat jy pragtig is.”

Ek sluk hard.

Hierdie jong man, jonger as my seun, het my kommer raakgesien en het moeite gedoen om gaaf te wees.

Wat sê mens?

Ja. Hy kan toneel speel en dit is sigbaar op die skerm. Die rol van Spiderman kan hom ’n groot wegspringplek vir roem bied, maar die warm opregtheid is iets wat nie aangeleer of gekoop kan word nie.

Nadat ek die video op my YouTube-kanaal gelaai het, het die kykers toegeneem. 158K het na die onderhoud gekyk, en noudat ek hierdie jong man ontmoet het wat eendag graag ’n regisseur wil word, kan ek verstaan hoekom.

Jy kan ook daarna kyk. Hier is die skakel na die onderhoud. Geniet dit. Volg my gerus op my kanaal – dis gratis, jy klik net op “subscribe“. Dit help dat ek meer stories op rooi rose se Margaret se Wêreld kan deel.

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.