kategorieë: Ons menseBekendes

The Voice SA se Yahto Kraft

The Voice SA se Yahto Kraft deur Zoë Salzwedel Hooffoto: Verskaf deur MNet

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Yahto Kraft is op 1 Desember 2000 in Vereeniging gebore. Kort na sy geboorte het Yahto en sy gesin Alberton toe getrek waar hulle steeds vandag bly. Hy het sy laerskoolloopbaan by Leeuwenhof Akademie voltooi en die begin van sy hoërskoolloopbaan by die Helpmekaar Kollege.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Yahto het in sy graad 10‐jaar besluit om voltyds musiek te studeer en by die Stageworx School of Performing Arts
aangesluit. Verder het hy sy matriek deur tuisonderrig behaal.

Yahto beskryf musiekteater as een van sy grootste passies, “Wanneer ek op die verhoog is, voel dit asof daar elektrisiteit deur my liggaam vloei.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In sy vrye tyd skryf Yahto graag musiek, ontwerp hy klere of sit hy met sy neus agter ’n lekker boek.

“Ja, ek ontwerp klere! Omdat daar nie regtig klere is vir groter mense soos ek nie, het ek besluit om sommer maar my eie te maak.”

Verder is hy verslaaf aan skoene koop, maar die feit dat mooi skoene nie maklik beskikbaar is vir sy grootte voet nie maak dit nogal ingewikkeld – “ ’n Nommer 11‐hakskoen is moeilik om op te spoor!”

Yahto vertel dat daar heelwat dinge in die lewe is wat hom gelukkig maak, maar dat niks naby die geluk kom wat sy familie vir hom verskaf nie. “Ek sou nie wees waar ek vandag is sonder my ma en my broer nie. Ongelukkig is my pa oorlede toe ek 6 jaar oud was, maar my ma was ’n goeie ma én ’n fantastiese pa!”

Wat maak hom kwaad? Mense wat ander probeer onder kry.

“My stukkie raad is om net 100% jouself te wees en om nie jammer te wees daaroor nie. Jy is die perfekte weergawe van jouself!”

Wie het jou gemotiveer om vir The Voice SA in te skryf?

Een van my vriende het voorgestel dat ek deelneem. Ek het die vorms ingevul en ‘n paar weke later ‘n oproep ontvang om te sê dat ek op die program gaan wees. Ek onthou nog, ek was in die kar op pad huistoe van my heel laaste skooleksamen af. Ons het langs die pad stilgehou en toe ek die nuus hoor het ek in snot‐en‐trane uitgebars! Ek was ongelooflik opgewonde!

Kyk gerus hier na Yahto Kraft se The Voice SA‐oudisie:

Waar kom jou selfvertroue vandaan?

My selfvertroue kom al van kleintyd af.

Beide my ouers het my grootgemaak om onapologeties myself te wees. My pa het toe ek 4 jaar oud was voor my kom sit en vir my gesê “Ek aanvaar jou nes jy is, maar weet net dat dit ’n moeilike pad gaan wees”

Ek dra elke enkele dag dié woorde saam met my. Ongelukkig is daar boelies in die lewe, maar ek glodat die mense wat jou wil sien misluk, net jaloers is.

Wie inspireer jou?

Sjoe, baie mense, maar meestal inspireer my ma my. Sy is die sterkste mens wat ek ken! Sy het alleen, op haar eie, twee seuns grootgemaak: ’n dak oor ons koppe gesit, gesorg dat ons altyd kos op die tafel het en verseker dat ons altyd warm is. Sy is my hero, en ek kan nie vir haar genoeg dankie sê nie.

In die Suid‐Afrikaanse musiekbedryf inspireer baie mense my. Mense soos Koos Kombuis, Karen Zoid, Lira, Francois Van Coke, Riana Nel, Riky Rick, Valiant Swart … En dié lys gaan aan en aan. Al die mense is so ongelooflik, hardwerkend en 100% hulself.

Dan is daar ook internasionale inspirasies soos RuPaul, Ezra Miller, Lady Gaga, Cynthia Erivo, Nick Tortella en Kacey Musgraves.

En dan natuurlik ook klassieke “old school performers” soos Elton John, Freddie Mercury, Dolly Parton, David Bowie, Janis Joplin, Barbra Streisand en Patti Lupone!

Watter raad het jy vir jongmense wat te bang is om hulle drome na te jaag?

Moet. Nie. Bang. Wees. Nie!

Die lewe gaan moeilik wees, maar byt net vas. Sodra die tyd reg is vir jou, sal al jou drome waar word! Maar dít gebeur nie sonder harde werk en deursettingsvermoë nie. Werk hard en hou altyd aan glo, en jy sal alles kry waaroor jy al jou hele lewe lank droom.

Waar kom jou liefde vir musiek vandaan?

Ek het as baba te veel energie gehad. So om my in die aande rustig te maak, het my ma my aan die slaap gesing. (Elke liewe aand!) Toe ek kleiner was en probeer saam dans het op die musiek wat sy gespeel het (heeltemal van die ritme af!) het sy my vasgehou, ‘n hand oor my hart gesit en gesê “Voel die ritme hierso! Voel dit in jou hartjie.” Van toe af is ek mal oor musiek en dans!

Ek voel werklik tuis op die verhoog, want dít is waar ek hoort. Ek kan nie eers dink aan enigiets anders wat ek met my lewe sal wil doen nie.

Wat is jou langtermyndroom?

Oor 5 jaar sal ek graag al ’n album op die rakke wil hê. Ek sal ook graag my YouTube‐kanaal wil sien groei.

Dalk ‘n musiektoer aanpak?

Miskien ‘n groot rol op die verhoog vertolk …

Ek is tans ook besig om aan ʼn modereeks te werk wat hopelik in die volgende paar jaar op die rakke sal wees!

Tog is die lewe só vreemd en vol draaie. Miskien het ek oor vyf jaar reeds my trouman ontmoet en lê ons op die strand in Mauritius op ons wittebrood!

Die toekoms is so onseker, maar al wat ek weet is dat ek ‘n verskil wil maak in mense se lewens.

Hetsy dit nou deur my musiek of my klere is, of net deur ʼn vriendelike glimlag vir ʼn vreemdeling langs die pad. Ek wil net seker maak dat die wêreld ‘n goeie plek sal wees vir die mense wat na ons hier gaan wees.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.