kategorieë: Ons menseBekendes

The Voice SA se jong Tasché Burger

The Voice SA se jong Tasché Burger deur Zoë Salzwedel. Hooffoto Verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tasché Burger is in Belville in die Kaap gebore, maar woon en werk tans in Vredekloof in Brackenfell. In 2018 het sy besluit om vir die derde seisoen van die allergewilde MNet-program, The Voice SA, in te skryf en só haar droom vir ʼn
loopbaan in die musiekbedryf af te skop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Op slegs 18 is dié jong, talentvolle blondekop een van Suid-Afrika se gunsteling The Voice SA-deelnemers. Haar unieke, heserige stem, laid back-persoonlikheid en liefde vir musiek het vir haar ʼn plek in die top 7 van dié seisoen verseker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tasché was in Stellenberg Hoërskool, maar moes weens ’n ernstige enkelbesering haar skoolloopbaan tuis voortsit. Sy was vir 8 maande op krukke met haar voet in ’n “Taylor Spatial Frame”. Weens haar besering was die skool se baie trappe en klaswisseling nét te veel gewees en was tuisonderrig die beter opsie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vra ’n mens vir Tasché wat haar gelukkig maak, is die antwoord eenvoudig: musiek, vriende en familie! Tasché vertel dat sy graag liedjies skryf, kitaar speel en tyd saam met haar vriende en familie in haar vrye tyd deurbring.

Wat maak haar kwaad? Boelies, onregverdigheid en negatiewe mense.

Kyk gerus hier na Tasché Burger se The Voice SA-oudisie:

Jy het ‘n lekker rock-klank, maar wat is alles op jou speellys?

Ek luister eintlik maar na enige liedjies met ’n cool storie – ek hou van “edgy” liedjies. Dit moet ’n impak maak en ’n lekker ritme hê. Ek moet met die liedjie kan “connect”. Ek is mal oor modern country en P!nk se musiek. Ek luister ook graag na Karin Zoid, Francois van Coke en Riana Nel, maar alles hang af van hoe ek die dag voel.

Vertel ons van jou The Voice-reis. Wat het dit jou alles geleer?

Vandat die The Voice-program oorsee begin wys het, het ek vir my ma gesê dat ek ook graag eendag daarvoor wil inskryf, maar ek moes natuurlik wag totdat ek 18 jaar oud was. Ek het toe verlede jaar (2018) besluit om die kans te vat en ’n oudisie af te lê. Ons het van die begin af besluit dat ons net gaan kyk hoe dit gaan – ek moet my alles insit,
maar “whatever happens, happens!”.

Wat het ek geleer? Geduld. Geduld. Geduld. En BAIE harde werk! Gelukkig was ek nog nooit bang gewees vir hard werk nie, want dié is my passie. Ek het natuurlik ook geleer hoe belangrik ‘n goedbeplande skedule is, en die waarde van sosiale media besef.

Mens besef ook nou vir die eerste keer werklik hoe baie werk in só ’n program ingaan – soveel mense werk uiters hard agter die skerms om te sorg dat elke episode foutloos en perfek afloop.

Jy is een van die jongste deelnemers daar, maar ‘n mens sou dit nooit sê nie. Waar kom jou volwassenheid vandaan?

Beslis van my ma af. Sy het ons nie babatjieagtig behandel nie of toegelaat dat ons soos babas praat/optree toe ons klein was nie. Van kleins af is ons grootgemaak om op ons eie voete te staan, ons eie breins te gebruik en ons eie opinies te vorm. Sy sê altyd as jy nie jou opinie lug en haar sê hoe jy voel of wat jy van ‘n situasie dink nie, kan sy nie haar “job” reg doen en ons ordentlik opvoed nie. Sy leer vir ons van nagevolge, dat ons altyd na ander se menings moet luister en dat dit OK is om nie altyd met almal saam te stem nie, maar dat elkeen die reg het tot sy eie opinie.

Ons het ‘n baie hegte verhouding en ons deel alles met mekaar.

Wat is vir jou die heel moeilikste deel van die The Voice SA en hoekom?

Om totsiens te sê aan ons mede-deelnemers bly maar die moeilikste. Jy maak werklik goeie vriende en almal word maar soos familie. Sodra iemand uitgestem is, los daardie persoon beslis ʼn leemte. Ons behou kontak, maar dis nie dieselfde nie.

Watter waardevolle lesse het jou “coach” vir jou tot dusver geleer?

Francois het vir my geleer om die “gevoel” uit die liedjie te trek en om die gehoor daardeur te probeer vasvang. Hy het ook vir my geleer om nie bang te wees om iets buitengewoons te probeer nie en “to go for it”.

As jy saam met een sangsensasie ‘n middag kon deurbring, wie sou dit wees en hoekom? En waaroor sal jy wil gesels?

Plaaslik sal ek graag met Karen Zoid wil praat oor haar liedjieskryfproses – die stappe wat sy volg en geheime wat my kan help om beter te skryf.

Internasionaal sal ek beslis vir P!nk wil ontmoet en met haar gesels oor haar sangtegniek. Natuurlik sal ek ook graag wil weet van háár skryfproses, maar ek stel belang om by haar te leer oor “groot gaan” met optredes (die dekor en temas) en hoe sy daarop besluit.

Ek sal nooit genoeg dankie kan sê vir die geleentheid wat ek met The Voice SA kry nie. Ek waardeer almal se ondersteuning opreg en is ewig dankbaar vir elkeen wat vir my stem. (Ek voel sommer ook dankbaar vir almal wat vir die ander deelnemers ook stem!) Dit is “anybody’s game” op dié punt, so moet asseblief nie nou ophou stem nie!

As jy van ons onderhoud met Tasché Burger gehou het, loer hier vir nog lekker onderhoude, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

2 hours Gelede

My ma se appeltert

3 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

1 day Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.