kategorieë: LeesOntspanning

Vlam, Hoofstuk 21: Kwaadkat

Vlam, Hoofstuk 21: Kwaadkat deur Martie Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vlam, Hoofstuk 21: Kwaadkat

Na ’n uur se knus slaap herinner Niekie se selfoon haar aan die perspartytjie by die Carlton. Sy bel af na ontvangs om uit te vind waar is haar tasse met die uitrustings van Jaco Vermeulen.

Claudia het haar program per e-pos gestuur met fyn besonderhede oor presies wat sy na watter geleentheid moet aantrek. Vanaand is dit ’n swart nommertjie wat volgens Claudia effens ge-downtone is om by die persgeleentheid te pas. Daarby moet haar hare in ’n stywe bolla gemaak word. Die tassie met grimering en “toorgoed” om haar op te dollie, sal saam met die klere arriveer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy is tydens haar make over in Kaapstad mos deeglik opgelei in ’n paar grimeertegnieke. Sy sou die asems wegslaan met Claudia se truuks.

Dit was die plan …

“Watter tasse?” vra die toonbank-klerk hoflik.

Niekie voel ’n nare benoudheid oor haar spoel. Sy het dinge te fyn gesny! Sy moet oor ’n uur by die Carlton wees en sy het nooit in haar wildste drome gedink sy sal die relings van die deeglike Claudia moet nagaan nie!

“O vrek! Wat nou? V-v-v-v-v-vrek!” is ’n eufimistiese weergawe van die gedagtes wat deur haar brein flits. Sy gooi die inhoud van haar tassie uit op die bed. Daar is geen hoop nie! Sy staar hulpeloos na die bondel klere, maar sy weet daar gaan NIE ’n swart nommertjie uitspring nie!

Maar wag … Sy het swart ski-pants en ’n langmou swart T-hemp. Splinternuut gekoop sodat sy nie te vrotsig in die hotel se grênd gym sal lyk nie. Sy trek dit oor haar suwwe lyf aan … en skrik haar gaai af vir haar weerkaatsing in die spieël!

Die nuwe ski-pants sit super styf! Mens kan tot haar heupbene deur die materiaal sien uitsteek! En die T-hemp is ook ’n size te klein. Dit span wulps oor haar boopse en aksentueer haar ribbebene, wat ekstra skerp uitsteek na die trauma van die laaste paar weke se swaarkry.

Maar daar is geen ander uitweg nie!

Gelukkig gaan sy die mense by die funksie na hierdie week nooit weer sien nie.

Sy MOET gaan. Na die drama wat sy met Burkina Faso by Mediahuis veroorsaak het, is sy op dun ys. Sy kan nie bekostig om ’n voetjie skeef te sit nie. Piet sal haar uitvreet as hy weet sy het nie nagegaan of al haar bagasie gekom het nie.

Sy gee een laaste kyk na haar beeld in die spieël. Sy lyk na ’n anoreksiese model wat ’n boob job gehad het. Miskien lyk sy soos Catwoman se sussie?

Na die trauma is haar lyf ekstra skraal, maar haar boobse staan volrond-parmantig in die nou swart hempie. Ou staatmakers wat sy van ouma Anna geërf het. Altyd volrond en gesond. Die nou broekie klou vervaard aan haar heupbene. Die formeelste deel van haar uitrusting is die nuwe swart enkelstewels waarmee sy van plan was om te explore.

Met die reënweer het haar bos rooi krulhare ’n lewe van hul eie. Geen rekkie of bolla gaan dit bedwing nie.  Sy buig moedswillig vorentoe en skud die boskaas dat dit nog wilder staan.

Oogomlyner en skelrooi lipstif later lyk sy vir haarself soos ’n lid van die Adams-familie.

“Gelukkig ken niemand my by die funksie nie. Behalwe Marco. En Marco … hy kan gaan bars!”

Niekie probeer haarself moed inpraat met die rebelse gedagtes want sy weet die uitrusting ets elke stukkie van haar lyf af.

“Dis reg, laat Marco sien wat hy gaan mis!”

As Niekie gedink het haar uitrusting gaan haar in die skare laat wegsmelt, het sy dit misgehad …

“Wow! Olivia Newton-John van Grease herleef! Kwaadkat!” gil ’n fotograaf en toe flits die kameras!

’n Modekenner van Elle vra of sy met haar kan praat oor haar “vars nuwe voorkoms”.

“En jou hare? Watter haarstileerder het dit gedoen?”

Niekie wens die rooi tapyt sluk haar in, hare en al! Claudia gaan ’n oorval kry as sy die foto’s sien.

“Ag, asseblief tog, moenie dat Claudia die foto’s sien nie!” Sy hoop haar skietgebede tref die kol en sy probeer in die massa verdwyn.

Drank! Sy het ’n glas wyn nodig om haar binneste te kalmeer! ’n Groot glas.

Sy vlug met haar glas na die naaste balkon. Die reën het bedaar en ’n klam windjie waai oor die Franse kuslyn.

Dis nie Niekie se gelukkige dag nie.

Sy sien haar fout dadelik teen die leuning van die balkon staan.

Blessidse Marco! V-v-v-v-vrek!

Sy probeer in haar spore omdraai, maar dit is te laat.

’n Skerp wolwefluit vestig al die aandag op haar.

“Ma chérie!”

Hy wink haar nader en sy het geen ander keuse as om na hom en sy geselskap te stap nie. Sy is lus en snou hom toe dat sy nie sy “cherry” is nie.

Sy gaan nooit weer sy “chérie” wees nie!

Marco vou die arm besitlik om haar lyf.

“Mense, hierdie asemrowende verskynsel is die vrou wat my hart al vir jare aan ’n lyntjie hou. Vlam, dit is my ou vriende Joshua en Duard.”

Niekie se hele lyf word lam.

Die olyfbruin gelaat wat geaksentueer word deur die spierwit hemp, die smeulende grys oë, die lang, lenige lyf – dis Duard Wayne!

Sy hoop met haar hele hart hy herken haar nie. Twee keer in een aand.

Hollywood se smeulprins buig hoflik in haar koers. ’n Glimlag speel skeef om sy mondhoeke.

Sy voel hoe haar knieknoppe knak.

“Bly te kenne, … eee … Vlam?” kom die diep stem met die effe vreemde aksent. Die lyne langs sy mond plooi verleidelik as hy praat.

V-v-v-v-vrekkk! As hy moet weet sy is die nat hoender wat hy ’n paar uur gelede op sy motorfiets rondgery het … Die een wat môre ’n onderhoud met hom moet doen!

Maar Joshua probeer die ster se kollig steel. Sy Franse aksent sukkel om die Engelse woorde, maar met sy sjarme skort daar niks.

“Marco! En jy steek haar al die jare vir ons weg! Wow! As ek so ’n pragtige vrou in my lewe gehad het, sou ek haar nooit vir een oomblik alleen gelos het nie!”

Dis Niekie se kans om Marco in eie munt terug te betaal.

“En, dit, Joshua, is hoekom ek nie die vrou in Marco se lewe is nie! Nê, Marco? Ek hoop jou sessie saam met die huursoldate in Burkino Faso was toe die moeite werd? Ek meen, om die kamma vrou in jou lewe alleen tussen vreemdelinge te drop sodat jy ’n lekker storie kan gaan doen? En ja, aangesien jy nooit die moeite gedoen het om uit te vind nie … Ek het toe na ’n gesukkel veilig terug gereis! Menere, en nou moet julle my verskoon, ek moet ’n paar twiets gaan skryf.”

Niekie kan voel hoe die drie pare oë in haar skraal rug inbrand terwyl sy wegstap. Sy hoor Marco se senuagtige, verskonende laggie, en dan die diep stem …

“Ditsem, nou het sy jou lekker op jou plek gesit, ou pel! Dis ’n vurige Vlam daai!”

Niekie twiet oor oor die bekendes wat sy raaksien. Claudia en haar span se drilsessies het gehelp. Genadiglik herken sy ’n paar top-sterre.

Uitgeput gaan staan sy op ’n ander balkon. Hoe op aarde gaan sy ’n week met sulke funksies oorleef? Die kollig is meer uitputtend as ’n oorlog, sweer sy.

Sy staar oor die nagliggies van Cannes.

“Dis net ’n werk soos enige ander werk,” probeer sy haarself troos.

“Vlam! Is dit waar jy wegkruip?”

Haar kniekoppe knak weer.

V-v-v-v-v-vrek. Daardie diep stem.

“Ek hoop jy het my vergewe vir die boog water vroeër vanaand? Ek sien daai bos hare van jou hou van die klam weer! Kan ek nader staan? Na jy Marco so op sy plek gesit het, is ek nogal skrikkerig vir jou!”

“Stil, Niekie, hou jou hart stil,” pobeer sy haar emosies tot stilstand ruk.

Sy kies die aanvalstegniek.

“Jy ry soos ’n besetene!”

Daardie skewe glimlag.

“Ek weet. Maar dit was lekker, nè?”

Hy wink ’n kelner nader en oorhandig ’n vars glas wyn aan haar.

“Nou kan jy my vertel wat jy hier in Cannes kom doen? Met jou verruklike vars mode-voorkoms neem ek aan jy werk by ’n modetydskrif?”

Niekie neem ’n groot teug wyn.

Sy slaan die bal sekuur na sy baan terug.

“Ag, ons is mos almal maar hier om te werk. Herinner my net weer … in watter fliek speel jy?”

Klik hier om die vorige hoofstukke van VLAM te lees.

Het jy geweet? Ons het ’n opwindende vervolgverhaal op ons podsendingskanaal! Klik hier om na Barbies, Botox en Bietse te luister.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

18 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.