kategorieë: Ontspanning

Nuwe Amerikaanse styl eetplek vir Franschhoek

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Franks is the passie-projek van ‘n Amerikaanse entrepreneur, Frank Rodriguez, wat homself ook ‘n baie trotse Franschoeker noem, wat met die bekroonde sjef, Reuben Riffel en Alex McCormack saamgespan het om ‘n kontemporêre aanslag vir geliefde Amerikaanse kos te gee. Hulle is ook die vennote van die gewilde Franschhoek Beer Company.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Van links is Alex McCormack, Frank Rodriguez en Reuben Riffel, eienaars van Franks Corner Bar and Grill en die gewilde Franschhoek Beer Company.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Frank sê hy is mal oor dié plek en haat dit om die dorp te verlaat, “maar ek het kinders en kleinkinders by wie ek moet gaan kuier.” Alex woon al 40 jaar in Suid-Afrika en die bierbrouery is sy passie.

Hul restaurant sit in Hugenotestraat 42, stapafstand van die mooie Franse Hugenote monument.

Die nuwe Franks Corner Bar and Grill in Hugenotestraat, Franschhoek.

Frank het by die bekendstelling op een van daardie perfekte blouself blou dae aan gaste vertel dat hy en sy vrou, Ellen, het in 2006 in Franschhoek kom vakansiehou en na vier dae ‘n huis daar gekoop. Hy is wraggies ‘n Franschhoek-ambassadeur en raai al sy vriende aan om van die lughawe af reguit hierheen te kom! Hy vertel dat Suid-Afrika sy hart gesteel het en dat hy nog altyd gedroom het daarvan om ‘n restaurant in die Franshchoek-vallei te open, maar met kos waarmee hy bekend is.

Reuben voeg by dat hulle saamgestem het dat dit Amerikaans moet wees, want die kompetisie vir Franse kookkuns is straf en hulle was almal lus vir ‘n nuwe uitdaging met geurvolle kos, eenvoudige disse in die nuwe Amerikaanse styl.

Alles word in die Pira steenkooloond berei en op die rooster afgerond. Reuben sê die spyskaart is op vars en plaaslik. “Jy kan nie Amerikaanse kos in ’n boksie plaas nie; dis divers, streeksgebond en dit beteken ons spyskaart gaan voortdurend verander om nuwe geure te vertoon.

Boonop is hulle ook daagliks van 11:00 tot middernag oop, ‘n rariteit in die dorp, want meeste restaurante maak saans vroeg toe. Reuben het ook gesê hul droom vir Franks is dat dit eweveel ‘n kuierplek vir plaaslike mense sowel as toeriste moet wees. Niks eksklusief en styf nie, net ‘n goeie eetplek op ‘n sentrale plek wat boonop mooi en ruim is. Daar is niks skuime, klein porsies of vlamme langs jou tafel nie. Die porsies is ruim en die geure praat vir hulself.

Twee bekende vroue in die gasvryheidsbedryf, Lina Nel en Ruth McCourt, was van die gaste by die bekendstelling.

Ons sit daar in die mooie ruimte met sy varings wat uit die dak hang, die tuin buite vol mense en toeriste op die sypaadjie wat nie uitgepraat kan raak oor Franschhoek nie.

Onder die bekwame hand van Suzanne Schekman as argitek en Francois du Plessis as binnenshuise versierder, is die houtvloere, sagte leermeubels en mooi ligte, alles deel van die ervaring van gasvryheid en gemak. Die groen teëls en mooi muurpapier het hul oorsprong te danke aan die groen bottels waarin die bier bedien word.

Die stylvolle restaurant met groen, leer en natuurlike houtvloere, bring elegansie en gemak na gaste.

Die spyskaart het alles wat jou hart kan begeer, van Tuna tataki, “Corn dogs” (frankfurters wat in mieliemeel gebak is en met mostert mayo bedien word), karringmelk hoender, “Prawn cocktal”, vis en skyfies waarvan die vis in hul eie bierbeslag gerol is, Sole Meunière, biefstuk en burgers soos wat jy voorheen net in Amerika sou kon proe en ‘n Nashville warm hoender met brandsous en lekker pastas. Vir iets ligter is daar heerlike slaaie en moenie van die bykosse soos koolslaai, geroosterde heelmielies of geroomde spinasie met neutmuskaat vergeet nie.

Die “Corn dogs” (frankfurters wat in mieliemeel gebak is en met mostert mayo bedien word), was beslis een van ons gunstelingdisse.

Biefstuk en burgers soos wat jy laas in Amerika geproe het, is wonderlike pasmaats vir die biere of wyne uit die vallei.

Die drankieslys is net so uitgebreid, met plaaslike rooi, wit en Rosé keuses en selfs ‘n paar unieke wyne van unieke terroir. Wyn is per glas of bottel beskikbaar en die kelners ken hul wyne, so ons kon raad vra vir die beste keuse met ons kos.

Kelners se kos- en wynkennis is uitstekend en hulle kon flink help met voorstelle.

Franks is ook bekend vir sy lekker skemerkelkies en die Paloma met tequila, heuning, lemmetjiesap en pomelo tonikum was ‘n groot gunsteling, maar moenie die Popcorn Old Fashioned agterweë laat nie: whisky, springmieliestroop en aromatiese bitters. Die restaurant is natuurlik bekend vir sy goeie bier wat daar op die perseel gebrou word en Alex het gaste verseker dis net die beste bestanddele word vir die ongepasteuriseerde bier wat ook natuurlike gas bevat, gebruik.

Diegene wat na hul alkohol-inname kyk, kan die lekker tuisgemaakte lemonade opsies kyk.

Ons mae was so vol, maar wie kan nou New York-styl kaaskoek of ‘n dekadente sjokoladebruintjie met vanielje roomys weerstaan? Aviv Liebenberg, die uitvoerende sjef het vertel dat hulle nou op kaaskoek fokus, maar in die hartjie van die winter is daar lekker warm nageregte soos Amerikaanse styl appeltert en krummel-nageregte.

Die uitvoerende sjef Aviv Liebenberg verrrig wondere in die kombuis.

Wie kan nee sê vir kaaskoek of verleidelike sjokoladebruintjies met vanieljeroomys?

Lees ook: Queen Mary 2 en Queen Victoria kuier in Kaapstad

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

9 hours Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

11 hours Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

13 hours Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

1 day Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

1 day Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.