kategorieë: VelsorgSkoonheid

Reinigers vir elke gelaat

Hedendaagse reinigers kom in ’n verskeidenheid vorme voor. Ongeag watter tipe reiniger jy verkies, hetsy iets met ’n melk-, water-, room- of balsem tekstuur, hoef dit jou nie ’n fortuin te kos nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hier is ons TOPVYF reinigers wat sag op jou vel, sowel as jou sak is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Cetaphil Gentle Skin Cleanser (R 249)

Dié reiniger maak opslae as die nommer een produk in bekendes soos Amanda Holden en Charlize Theron se velsorg-roetines. Met ’n seep- en reukvrye formule wat uit slegs agt bestanddele bestaan, is dit veral geskik vir persone met sensitiewe velle wat aan aknee, ekseem of psoriase lei. Dit is by enige plaaslike apteek beskikbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Sorbet Age Affect Cream Cleanser (R 125)

Indien jy na ’n alomvattende reiniger opsoek is, is dié produk die een vir jou. Dit verwyder nie net onsuiwerhede, sowel as grimering nie, maar dit beskik ook oor teenverouderingseienskappe danksy ’n kombinasie van vitamiene E, A en C wat jou vel jeugdiger laat lyk.

3 Dermalogica Special Cleansing Gel (R 849)

Dié seep-vrye reiniger streel velle wat maklik geïrriteerd raak deur nie die vel se natuurlike balans te versteur nie. Jou gelaat sal boonop duideliker en meer eweredig wees. Dié reiniger is ook ’n uitstekende produk om jou vel vir die volgende stappe in jou velsorg-roetine voor te berei.

4 Clarins Extra-Comfort Anti-Pollution Cleansing Cream (R 485)

Dié reiniger is ons gunsteling produk vir teenveroudering en beskerming teen skadelike omgewingsfaktore. Met ’n formule wat Moringa-saad, shea en mango bevat werk dié reiniger tot diep in die vel se verkeie lae. Die formule bevat ook ’n unieke teen-besoedelingskompleks wat die vel soggens teen gifstowwe beskerm en saans help om van dié gifstowwe ontslae raak. Dit lei daartoe dat jy aldag ’n stralende gelaat sal hê wat sy jeugdigheid behou.

5 Elemis Pro Collagen Rose Cleansing Balm (R 1095)

Hoewel dit vir dié reiniger twee jaar geneem het om op die mark te kom, het dit teen rekordspoed van die rakke af gevlieg. Dié balsem beskik nie net oor verskeie natuurlike olies nie, maar ook oor Padina Pavonica, ’n alge wat veroudering bekamp. Die fluweelsagte tekstuur van die reiniger help ook om jou vel soepel en vogtig te hou. Ongelukkig is hierdie wonder-produk nie so sag op jou beursie nie!

Lees ook: Verbloem só fyn plooie

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.