Die restaurant is onder die bome en bied koele skuiling in die somer en knus kuiers in die winter.
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Bertus se restaurante wat ook Clara’s Barn, Chorus, De Vrije Burger, Eike, Geuwels, Kantien, Ongetem en Spek & Bone insluit, betower al sedert 2007 fynproewers en Paul Clüver Family Wines se wyne terg al wynliefhebbers se tonge sedert 1990 toe hulle hul eerste Riesling en ook die eerste wynplaas was om Wyn van Oorsprong (WO) Elgin te bottel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die plaas, De Rust, dateer terug na 1896 toe die eerste generasie Clüvers hier begin boer het. Die kelder is in 1996 gebou en die voormalige appelplaas het intussen bekendheid verwerf vir terroir-gedrewe wyne.
Die plaas is ‘n ware familiebesigheid met pa Paul, Paul jnr en dogter Liesl, aan stuur van sake. Die keldermeester, Andries Burger, is sedert 1997 as wynmaker betrokke en Elgin se wynmaker met die langste diens. Hy is getroud met die derde Clüver-kind, Inge.
Paul Clüver Family Wines is bekend vir hul bekroonde koel-klimaat Chardonnay en Pinot Noir-wyne, maar maak ook Sauvignon blanc en Riesling Late Harvest. Daar is drie wynreekse, die Estate-, Village- en die Seven Flags-reeks. Seven Flags is die landgoed se vlagskip. Die ultra premium Chardonnay is ook as Clüver Prieur Colline du Matin Chardonnay beskikbaar.
BLOEM is die nuutste toevoeging tot die plaas, wat ook die gewilde amfiteater in die reuse bloekombos het, waar somerkonserte en pieknieks gehou word.
BLOEM se Instagram-rekening verklaar: “Simple farm cooking in the heart of Elgin” en dit is presies wat jy daar sal kry: vars, plaaskos met die kinkels waarvoor Bertus en sy sjefs gewild geword het.
Bertus – Eat Out San Pellegrino & Acqua Panna Sjef van die Jaar 2019 – het ‘n kosfilosofie gewortel in tradisionele Suid-Afrikaanse koskultuur met ‘n moderne uitkyk. Bertus se restaurante is bekroon met gesogte toekennings van die Eat Out-gids en Rossouw’s Restaurantgids en hy is ook die afgelope twee jaar by die gesogte kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV aangewys as Beste aanbieder in ’n realiteitsprogram vir “In die sop”. Hy was ook vir verskeie seisoene die mede-aanbieder van “Kokkedoor Vuur en Vlam”.
Dis ‘n pragtige herfsmiddag toe ons by die tafels ons plekke inneem. Die geure uit die kombuis terg jou neus en smaakkliere en die yskoue Sauvignon Blanc is verfrissend en berei jou mond voor op die lekkernye wat uit die kombuis onder leiding van uitvoerende sjef, Carla Burger, kom.
Buite is die grasperk met sy klimraam en ander speelgoed ‘n hemel vir kinders en in die verte wie die plaas se eie bontebokke. Die wingerde wat 72 hektaar beslaan, is beplant met Pinot Noir, Chardonnay, Sauvignon Blanc en Riesling. Meer as die helfte van die 2400 hektaar plaas is ‘n natuurlike bewarea. Volhoubaarheid is die wagwoord hier.
Elke dis is ‘n perfekte pasmaat vir een van die Clüver-wyne en met Andries, Liesl en Paul jnr saam aan tafel, kry jy waarlik insig in die wonder van koel-klimaat, terroir-spesifieke wyne.
Die spyskaart is seisoenaal en vertoon die beste produkte wat in en om die plaas verkrygbaar is.
Benewens die geleentheid om die heerlike disse op die spesiale spyskaart van die dag te proe, vertel Andries ons ook oor meer oor die nuwe 2024 Village Pinot Noir en Chardonnay, voor ons aanskuif na nagereg.
Dis ‘n wonderlike samesyn van mense, kos en wyn, veral omdat Bertus en Carla en die Clüvers almal dieselfde houding jeens bewaring vir die nageslag deel.
BLOEM is oop vir ontbyt van 08:00 tot 10:30 en middagete van 12:00 tot 14:30. Bespreek by 021 844 0607 of epos info@bloemrestaurant.co.za
Genoeg vir 6-8 Bestanddele 280 ml (1 k + 2 e) sagte botter…
Maak jou eie hoenderaftreksel. Hierdie resep lewer sowat 2,5 liter. Deur Vickie de Beer
Hoendersop word nie verniet Joodse penisillien genoem nie. Daar is bevind dat hoendersop jou werklik…
Ons deel 10 wenke wat jou kan help om NOU te leef. Foto Clem Onojeghuo,…
Definisie van Kokedama: Die oorsprong hiervan kom uit Japan, waar dié plante baie populêr is.…
Ouers belê baie tyd, emosionele energie en geld om ’n gelukkige en suksesvolle toekoms vir…
Hierdie webwerf gebruik koekies.