kategorieë: Ontspanning

Nuwe enkelmout whisky voltooi sirkel vir Nels

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Klein groepie was die eerste mense wat die nuwe ses jaar Constantia eikehoutvate verouderde whisky by die whiskykenner, Hector McBeth se Whiskyshop in die V&A Waterfront kon proe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die whiskykenner, Hector McBeth Hector en Daniel Nel, sesde geslag Nel op Boplaas, klink ’n glasie voor Hector se Whiskyshop in die V&A Waterfront voor die proe.

“Die enkelmout is die hoogtepunt van ’n droom wat ons al lank het,” het Daniel Nel, sesde generasie distilleerder by Boplaas vertel. “Om dit tydens die 10de herdenkingsjaar van ons whisky-reis te kan vrystel, maak hierdie whisky vir ons ekstra spesiaal.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dié enkelmout is van turfmout (peat) uit Skotland gemaak en twee maal in ’n koperpotketel gedistilleer. Dit is toe vir vyf jaar in ou Bourbonvate verouder, voordat dit afgewerk is in vate wat voorheen gebruik is in die maak van Groot Constantia se beroemde Noble Late Harvest-wyn.

“Elke stap in hierdie proses het die fynste aandag aan detail geverg om die whisky toe te laat om sy karakter in die suiwerste vorm uit te druk,” sê Daniel. “Om vate te gebruik wat voorheen Vin de Constance gehou het, was vir ons ’n ware pluspunt. Hierdie wyn is bekend daarvoor dat dit deur Frederik die Grote, Koningin Victoria en Napoleon geniet is. Ons is seker hulle sou ons Boplaas Single Malt ook goedgekeur het!”

Die whisky is teen 46% AB gebottel – sonder filtrasie, want, het Daniel verduidelik – “ek hou nie van koelfiltrasie nie, want ek glo die whisky verloor kleur en geur.”

Rhys McBeth van Bar By Rhys @Cape Town Gin maak skemerkelkies met een van Boplaas se ander whiskies.
Gaste het saam met Daniel en Hector vyf whiskies geproe, waarvan die nuwe enkelmout die laaste was.

Al die ander whiskies wat die aand geproe is, word met ’n vlekvrye staal kolomketel gestook en Suid-Afrikaanse geel mielies word as basis gebruik en resorteer onder graan-whiskies.
Hierdie geskiedkundige whisky voltooi ’n distilleerderysirkel vir die Nels van Boplaas. Van sy vroegste dae af het die plaas ’n staande bestelling vir sy brandewyne in Londen gehad. Vate is al tydens die vorige eeu per ossewa van Calitzdorp na die Kaap vervoer en dan na Europa verskeep. Dis heel gepas dat ons die Boplaas Single Malt in die Kaapstad hawe proe, die einste plek waardeur die plaas se brandewyne al vir meer as 100 jaar uitgevoer is Europa toe.

Dis heel gepas dat ons die Boplaas Single Malt in die Kaapstad hawe proe, die einste plek waardeur die plaas se brandewyne al vir meer as 100 jaar uitgevoer is Europa toe.

Sy nuwe enkelmout bou voort op hierdie tradisie, wat nou al ’n diverse reeks bekroonde graanwhiskies insluit. Die nuwe whisky het soet turfrook en geure van wit perske, sitrus en gedroogde, versuikerde vrugte op die neus en tong.

Wat die whisky nog meer besonder maak, is dat Boplaas een van slegs ’n handjievol whiskymakers in die land is en nog minder van enkelmout whiskies.

Wat ‘n lekker manier om ’n week mee af te sluit: ’n whiskie sonsaksopie in die Kaap.

Daniël het vertel dat hy ses jaar terug plaas toe gegaan het en die distilleerdery oorgeneem het. “Dit was ’n reis na die VSA waar ons by Hudson Whiskey in New York-staat aangedoen het, wat my kop aan die dink gesit het. Ek het gekyk hoe vat-veroudering op ons brandewyn inwerk en besef die 6% per jaar verdamping in die hittige Karoo, maak baie meer gekonsentreerde alkohol en gee aromas van whiskies wat veel ouer is. Ons reguleer nie die temperature in die verouderingskelder nie en gedink ons kan dieselfde beginsels op whisky toepas.”

Die Nels gebruik verskeie eikehoutvate van Frankryk en Amerika, wat al verskeie male met ander wyn, Portstylwyne of Bourbon gevul is, wat verskillende geurprofiele na die whisky bring. “Ons sterkte en uniekheid lê in ons veroudering. Ons gebruik ook ons eie Tawny Port-vate en by ons word vate omtrent 10 maal gevul, voor dit whisky hou. Dit bring al die vorige vloeistowwe se kenmerke baie subtiel deur en het omtrent nie meer hout-eienskappe nie.”

Selfs die bottel weerspieël ook die fyn kunssinnigheid van whisky-maak. ‘n Gladde swart etiket vertoon ’n etsstyl-skets van ’n distilleerderytoneel – Daniel vul vate met sy lojale Ridgeback, genaamd Whisky, langs hom. “Hy is my regterhand in die distilleerdery,” het hy vertel. Die etikette is enkele ure voor ons proe, eers klaar gedruk en Daniel het persoonlik die bottels wat ons kon proe en koop, se etikette opgeplak en geteken.

Die nuwe enkelmout whisky van Boplaas wat vir ses jaar verouder is.

Die Boplaas Single Malt is net beskikbaar by die Boplaas-aanlynwinkel by www.boplaas.co.za en die plaas se verskeie proelokale op Boplaas in Calitzdorp, by Red Berry Farm buite George en by Old Nick Village in Plettenbergbaai.

Lees ook: Teatersterre skitter by toekennings

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

20 hours Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

23 hours Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

1 day Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

2 days Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

2 days Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.