kategorieë: Ons menseBekendes

Ontmoet die ses vroue van Die Real Housewives van die Wynlande

Vanaf 20 April om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) maak Amy Kleinhans-Curd, Mariska Thorpe, Karen Schwendtke, Candice Bester, Michelle van Zyl en Anita Lloyd hul droomhuise se deure, hulle harte en hulle lewens vir kykers oop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Skuif nader om te sien hoe hierdie ses unieke, interessante en dinamiese huisvroue ondernemings begin, aantrek vir sukses, stylvol rondrits, skoonheidsroetines gedissiplineerd navolg en dít alles met hul veeleisende persoonlike lewens balanseer. Hulle deel ook die struikelblokke, nederlae en oorwinnings so tussen die prettige en humoristiese oomblikke deur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Real Housewives van die Wynlande is in en om Franschhoek, Paarl, Stellenbosch en Somerset-Wes verfilm en deur Red Pepper Productions vervaardig.

Hier is ’n paar interessante feite oor die ses vroue van Die Real Housewives van die Wynlande om jou behoorlik nuuskierig te maak:

Die voormalige Mej. Suid-Afrika Amy Kleinhans-Curd is met die Nieu-Seelandse sakeman Leighton Curd getroud. Amy is ’n ma van vier, woon in Franschhoek en is die direkteur van verskeie maatskappye, waaronder die huiswerkhulplyn vir onderwysers, Dial-A-Teacher, wat in 2000 saam met die Nelson Mandela Fonds gestig is. Hul plase in Franschhoek, Swellendam en in die Wieg van die Mensdom is net ’n paar van die dinge wat Amy besonder besig hou. Sy stel binnekort haar eie Cap Classique-vonkelwyn sowel as haar eie velsorgreeks onder die naam Amelia (haar geboortenaam) bekend. Sy is ’n betrokke ma en reël, onder meer, ’n jaarlikse swemfees vir die skool wat haar kinders bywoon.

Mariska Thorpe, wat geruime tyd ’n welvaartbestuurder was, woon saam met haar man, Quintus, en hulle dogter, Ocean, in dieselfde kompleks in Franschhoek as Amy en haar gesin. Mariska hou nie van stilsit nie. Sy en Quintus verhandel aandele, maar sy bestuur ook ’n onderneming wat tweedehandse klere nuwe lewe gee. Mariska en haar man is kranige landlopers, oftewel trail runners, en sy is ’n perfeksionis in alles wat sy aanpak.

Karen Schwendtke woon in Val de Vie tussen die Paarl en Franschhoek. Sy is ’n suksesvolle sakevrou met ’n BCom Rek-graad van UP en ’n MBL van Unisa agter haar naam en ook ’n graad in Visual Basic-programmering van Harvard in Amerika. Ten spyte van lang werksure maak sy ook tyd vir groot liefdadigheidsprojekte. In tye van nasionale nood het sy met die voorsiening van water en veevoer gehelp. Kinders lê haar na aan die hart en sy is betrokke by fondsinsameling vir CHOC (Childhood Cancer Foundation SA). Sy is die trotse ma van twee dogters, Saskia en Arabella.

Candice Bester bly in die Aan de Weber-landgoed in Stellenbosch. Sy is die ma van Emma en is getroud met Werner. Sy was lank as sangeres in die uitvoerende kunste betrokke, maar het die verhoog vir die korporatiewe wêreld verruil. Daar het sy, onder meer, haar merk gemaak as die bemarkingsbestuurder vir Quench, wat deur die TFG-groep gekoop is. Candice droom egter steeds daarvan om in die toekoms weer agter die mikrofoon te staan. Sy speel graag gholf, het ’n groot versameling whiskies en fasiliteer ’n maandelikse vasvrae-aand. Candice en Werner is in die proses om ’n restaurant oop te maak.

Michelle van Zyl is ’n mediese dokter wat in trauma gespesialiseer het en daarna ’n suksesvolle algemene mediese praktyk gehad het. Deesdae is sy ’n estetika-dokter wat haar op behandelings soos Botox toespits. Sy en haar man, dr. André Olivier, woon in die Boskloof Eco Estate in Somerset-Wes. Hulle is die ouers van Hanno en Heidi. André het ook twee seuns uit sy vorige huwelik, wat in Namibië woon. Michelle onthaal graag en droom daarvan om haar eie geselsprogram op TV te hê.

Anita Lloyd woon buitekant die Paarl in ’n pragtige vallei. Sy en haar man, Boyce, is skoolliefdes en sy het haar loopbaan as onderwyseres opgegee om hom in sy beroep te ondersteun. Hulle het vir tien jaar dwarsoor die wêreld vir Boyce se werk gewoon voor uiteindelik na Suid-Afrika teruggekeer het. Boyce is sedert 2016 die uitvoerende hoof van KWV. Anita het ’n meestersgraad in linguistiek en het ’n voorliefde vir die studie van tale. Buiten haar man en haar katjies is Anita se grootste prioriteite haar huis, kuns en reis.

Die Real Housewives-franchise het in Maart 2006 sy debuut in Amerika met The Real Housewives of Orange County gemaak. Intussen is daar elf verskillende reekse in Amerika vervaardig en 21 internasionale weergawes waaronder reekse tel wat in Durban, Johannesburg en Kaapstad geskiet is. Die Real Housewives van Pretoria, wat in Oktober 2022 op kykNET begin het, was die eerste Afrikaanse reeks.

Die Real Housewives van die Wynlande begin op 20 April 2023 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Lees ook: Teatersterre skitter by toekennings

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.