kategorieë: Ontspanning

Nuwe proelokaal vir geskiedkundige Meerendal

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis deel van die plaas se viering van 50 jaar as een van die eerste 14 wynlandgoedere in Suid-Afrika.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Besoekers sal die geleentheid kry om ‘n verskeidenheid nuwe ervarings te geniet, terwyl hulle deur die bekende reeks wyne proe wat Meerendal so bekend gemaak het, Bennie Howard, bemarkingsbestuurder.

Die nuwe proelokaal het ’n voltydse Chocolatier sowel as ’n deli onder leiding van Cocoafair, met opwindende en prikkelende pasmaats van ’n keuse van sout en soet aanbiedinge met ‘n verskeidenheid Meerendal-wyne.

Die deli het onder meer varsgebakte brode, kase, charcuteries en ander verrassings en gaste word aangemoedig om ’n piekniekmandjies vol te pak en ’n eersteklas ervaring te geniet. Die plaas is ook baie bekend onder fietsryers en met die toevoeging van die proelokaal, is dit die ideale plek om ’n voldag met vriende te ontspan.

As die weer guur is, brand die kaggel binne in die proelokaal wat herinner aan ’n ondergronde vatekelder, met hout teen die mure en plafon en gemaklike banke en sitplekke vir informele kuiers. Daar is gemaklik plek vir 200 besoekers, wat elk hul eie proe by ’n tafeltjie langs die vuurtjie kan doen.

Die proespyskaart bied iets vir elkeen en stel terselftertyd die deli en sjokolademaker se talente ten beste ten toon.

Meerendal is sedert 2004 in die Coertze-familie se besit en die idee om die proelokaal heeltemal te skuif en nuut te bou, het ’n paar jaar se beplanning geverg.

Die plaas is bekend vir bekroonde wyne en die kelder wat uit 1943 dateer, is ook intussen opgeknap en uitgebrei om die plaas se hoër volumes te hanteer.

Wyne kan saam met soet, sout of sonder kos geproe word en daar is selfs ’n proe vir kinders, vertel Heinrich Kotze van Cocoafair. Die proehappies is groot genoeg dat dit met elkeen van die wyne op jou proebord geproe kan word.

Die restaurant neffens die proelokaal is die ideale plek om jou wyn- en koslus verder te gaan bederf, met ’n wye verskeidenheid van die landgoed se wyne.

Lees ook: Heerlike nuwe eetplek vir Franschhoek

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

27 mins Gelede

My ma se appeltert

2 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

1 day Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.