Nuwe voorkoms en internasionale toekenning vir Salsify

Deur: Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Robert en Jan Ras

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Salsify is op die boonste vlak van Roundhouse, ’n historiese gebou wat uit 1786 dateer en spog met ’n stylvolle nuwe baadjie danksy die vaardige oog van Jean Francois de Villiers, ’n binnenshuise ontwerper. In dié gesogte restaurant bedien sjef Ryan Cole moderne-klassieke kookkuns in die historiese ruimte, met die asemrowende uitsigte oor die Atlantiese Oseaan en die majestueuse Leeukop as agtergrond.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Dit is vier jaar sedert ons geopen het en ons het nou die ruimte herbedink; op haar verlede gebou en die volgende hoofstuk van die beroemde ronde huis geskryf,” sê Ryan. “Dit is ’n evolusie van die ruimte, maar dit bly getrou aan nie net die gebou se verlede nie, maar ook Salsify se volhoubare, seisoenale en plaaslike etos.”

Jean moes ’n vars voorkoms aan die ruimte gee. Die ontwerpproses het begin met twee sleutelkunswerke, naamlik “The Vandalized Vicount” en “The Damaged Duke”, wat albei 18de-eeuse figure uitbeeld – soortgelyk aan die tipe gaste van die destydse meester van die Roundhouse, Sir Lord Charles Somerset. Die afdrukke is deur spuitverf “ontsier”, met ’n helderoranje en elektriese lyn oor elkeen van hul onderskeie gesigte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dit is die helder kleure van die skilderye, wat die basis gevorm het vir die kleurpalet van die nuwe ruimte. Skakerings van groen, geel en oranje, bring ’n moderne en jeugdige gevoel na die vertrekke,” verduidelik Jean.

Jean Francois de Villiers, die binnenshuise ontwerper wat die restaurant haar blinknuwe voorkoms gegee het, voor die reusagtige Louis De Villiers-vertolking van Lord Somerset, wat oor die eetkamer waghoumore
Salsify in Kampsbaai, Kaapstad het pas die volgende hoofstuk van sy lang en legendariese geskiedenis betree met ’n nuwe voorkoms én internasionale toekenning.
Die kreatiewe span agter die nuwe restaurant se nuwe voorkoms, is van links Joanne Smith van Pillar, Jean Francois de Villiers, ’n binnenshuise ontwerper en sjef Ryan Cole.

As jy by die ontvangs ingaan, word jy nou begroet deur “The Vandalized Vicount” wat oorkant Louis de Villiers se “The Governator”-stuk hang. Die kamer het natuurlike, onbehandelde dennelatte, elemente van groen marmeragtige porselein, ’n blomme-installasie deur Marissa Pretorius van Opus Studio en ’n veelkleurige bankie van Vogel wat ’n voorsmakie bied van wat kom.

Die middelste kamer en die hart van Salsify, huisves Jan Otto du Plessis se beeldhouwerk. Dis 1,3 m groot en genaamd “Lady Salsify”. Die beeldhouwerk is half-wildvoël, half-vrou en word onder ’n skitterende goue plafon verlig deur ‘n vintage-kandelaar. Antieke spieëls voltooi die prentjie.

Die voor-ete-sitkamer is omskep in ‘n privaat eetkamer – die Somerset Room – en dit is waar jy “The Damaged Duke” en ‘n derde Prins en Rebel-stuk getiteld, “A Little Party Never Hurt Nobody” sal vind.

In die Seasonal Room word die buitekant na binne gebring en bring hulde aan die sjef se fokus op volhoubaarheid en ligging. Opus Studio het ’n hangende blommeplafon-installasie geskep, wat ’n woudagtige illusie skep terwyl die muurpanele ’n oseaanafdruk het (deur Cara Saven Wallpaper). Plafon- en muurpanele sal deur die jaar verander en in ooreenstemming met die seisoene ontwikkel.

In die Seekamer, wat die hoofeetkamer is, hou ’n reusagtige Louis De Villiers-vertolking van Lord Somerset oor die eetkamer wag. Die Anton Kannemeyer-steendenne-afdrukke bring hulde aan die bosbou rondom die Roundhouse.

Ook opvallend is die “Naughts & Crosses” deur Hennie Meyer, die keramiekstukke met karakters, diere en flora wat op ooghoogte aangebring is en aan gaste nog iets bied om na te kyk, terwyl hulle smul.

Salsify het asemrowende uitsigte oor die Atlantiese Oseaan en die majestueuse Leeukop as agtergrond.
Lady Salsify deur Jan Otto du Plessis wat gaste in die middel van die restaurant inwag.
The Sea Room met sy pragtige berguitsigte en oorspronklike kuns wat omsoom word met sagte wit gordyne met goue some

Dis nie net die binnekant van die restaurant wat jou asem wegslaan nie. Die ligging hoog bo die see, het internasionale beoordelaars se oog gevang en Salsify en sy skilderagtige omgewing is pas erken as een van die beste restaurante in die land deur die Haute Grander Global Restaurant-toekennings vir 2022. Sjef Ryan Cole en sy span het die toekennings ontvang vir “Beste natuurskoon in Suid-Afrika” in die 2022-toekennings.

Die Haute Grandeur Global Restaurant-toekennings erken merkwaardige prestasies in die lewering van deurlopende, uitsonderlike ervarings in die globale luukse gasvryheidsbedryf.

“Om ’n Haute Grandeur Global Restaurant-toekenning vir algehele uitnemendheid te wen, moet ’n restaurant op alle vlakke uitblink. Die 2022-toekennings het getoon hoe restaurante regoor die wêreld aanhoudend groter hoogtes bereik ten spyte van uitdagings in die bedryf,” sê Marinique de Wet, stigter en president.

“Gesonde mededinging is noodsaaklik om selfs nog groter hoogtes te bereik, want dit verseker volhoubaarheid as ’n gewaarborgde goue stempel van uitnemendheid. Bekroonde ondernemings word as die maatstaf in die bedryf beskou en Haute Grandeur bekroon net die merkwaardigste, van reeds uitsonderlike restaurante.”

Salsify se nuwe voorkoms én internasionale toekenning is met Cap Classique en peuselgoed aan gaste voorgestel.
As jy by die ontvangs ingaan, word jy begroet deur “The Vandalized Vicount” wat nou oorkant Louis de Villiers se “The Governator”-stuk hang.
In The Sea Room is die keramiek “Naughts & Crosses” van Hennie Meyer op ooghoogte aangebring.

“Ons is ongelooflik geëerd om hierdie toekenning te ontvang,” sê Ryan. “Dis ’n huldeblyk aan Salsify se huis, maar ook ons evolusie oor die vier jaar sedert ons geopen het.”

Die kategorie se wêreldwye wenner was Glass House by Al Aziziyah Boutique Hotel in Katar en Khyber by Dukes The Palm.

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

12 hours Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

15 hours Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

17 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

19 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

2 days Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.