kategorieë: Bekendes

Ons gesels met Masterchef se Matt Preston

Nie net is hy ’n bekroonde kosjoernalis, restaurantkritikus, resepskrywer en televisiepersoonlikheid nie, maar hy woeker ook gereeld met sy radio-talent. Hy is ’n gereelde mede-aanbieder op die ‘The Fifi and Jules Show’ wat daagliks op die Today Network uitgesaai word en hy het al op menige ander radioprogramme gewerk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Matt het reeds twee kookboeke geskryf (Matt Preston’s 100 Best Recipes en Fast, Fresh and Unbelievably Delicious), en ’n derde word in November bekendgestel – Matt Preston CookBook.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons het hom ’n paar vrae gevra:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dink jy Masterchef het die algemene kookstandaarde in Australië verbeter?

Ons het beslis gehelp daarmee, veral deur kinders te inspireer om te kook en families te kry om meer gereeld saam om ’n tafel te sit en eet. Ons is almal baie trots hierop.

Wie was jou gunsteling deelnemer/wenner op die program?

Gunstelinge is vir perdewedrenne. Ek sal wel altyd ’n sagte plekkie vir Julie Goodwin hê omdat sy die eerste wenner was én omdat sy ’n pragtige persoon gebly het.

Wat is die slegste dis wat jy al geëet het?

Goor kangaroe-stert, jellie gemaak van koeipoot, kameellewer en walvis is vier goed wat ek nie weer wil eet nie.

Masterchef Australia is baie opbouend. Het julle (as beoordelaars), ’n doelbewuste besluit geneem om die program ’n positiewe eienskap te gee, of is dit net hoe Australiërs is?

Realiteitsprogramme in Australië kan net so katterig en onaangenaam wees soos enige ander plek in die wêreld, maar daardie tipe geboelie en aandagsoekery was nie iets waarmee enigeen van ons drie beoordelaars gemaklik was nie – so ons het dit doodeenvoudig nie gedoen nie. Ek dink hierdie besluit het die vervaardigers en netwerk aanvanklik ’n bietjie senuweeagtig gemaak, maar dit het duidelik aanklank gevind by die Australiese gehoor – en toe ook by ander gehore regoor die wêreld. Dit is nog iets waarop ons baie trots is.

Hoe was dit om Masterchef Professionals saam met die koslegende, Marco Pierre White te beoordeel?

Ek was in ’n konstante angstoestand! Hy is ’n formidabele ou met ’n verstommende begrip van kennis, ’n paar lawwe idees in die kombuis, en hy het ’n ware sin van die poësie wanneer hy praat. Hy is ook baie vrygewig en charismaties, met ’n lieflike ondeunde streep wat hom ’n plesier maak om mee saam te werk. En weet jy wat? Ten spyte van die feit dat hy dit alles weet, keur dit hom nie om laf te wees nie!

Die top 3 restaurante in die wêreld?

Noma, Can Roca en Osteria Francescana is tans die Top 3 restaurante aangesien dit proe-restaurante is waar jy eet wat jy kry!

Wat irriteer jou wanneer dit by kos kom?

Ongeskikte klante wat dink ’n restaurant behoort aan hulle en kelners wat klante nie behandel asof ’n restaurant nié aan hulle behoort nie.

Watter bestanddeel word die meeste onderskat?

Die suurlemoen, komkommer, ertjies, soetmielies, gars en lourierblare. O, en die meeste neute en sade.

Wat is die jongste kosgiere in Australië?

Tuis: outydse tegnieke soos pekel, rook en bak. Antieke graan soos spelt (’n soort koring), freekah en quinoa, asook sekondêre vleissnitte. Daar is selfs ’n nuwe neiging om inheemse bestanddele by toprestaurante te gebruik. Koreaans is ook baie groot!

Die beste vakansieplek vir ’n kosliefhebber soos jy?

San Sebastiaan, Italië, Istanbul en Frankryk.

Wat is die lekkerste dis wat jy tuis maak?

Ek vind dit baie terapeuties om deeg te knie en die basis van ’n pizza rond te gooi, maar pasta is nogal die ideale gereg vir die middel van die week – “the fridge shake”. Wanneer ek vriende onthaal, sal ek gewoonlik ’n stadig gebraaide dis voorberei (soos lam- of varkvleisskouer), want dit is maklik en dan kan ek moeite doen om ’n paar bobaas slaaie te maak (soos freekah, gerookte amandels, suikerertjies, seldery en gerookte mayo; of dalk gars met gebraaide patat-en-stroop-mielies), asook “kits” platbrood wat tuisgemaak is. Ek sal die resep daarvoor by die Good Food & Wine Show demonstreer. Dis ’n fantastiese tydbespaarder en lekker pofferig.

Het jy al ’n paar huwelikversoeke op die program gekry?

Ja. Om die waarheid te sê, ’n redelik onsedelike (en eerlik, skokkende) hoeveelheid. ’n Paar Australiese koerantrubriekskrywers het selfs al baklei oor wie met my sal trou. Dan is daar die versoeke van bruidskatte van my oorsese aanhangers. Die meeste hiervan kom van vroue! Ek weet nie wie is meer verleë hieroor nie, ek of my vrou – wie die eerste een sal wees om vir jou te sê ek is geen vangs nie!

Waar koop of laat maak jy jou pakke?

Ons (ek en klereminnares Charmaine de Pasquale), kies materiaal met die hand uit en voer dit in, indien nodig. Die pakke word dan in Melbourne gemaak deur Mr Pino Prinzi of Carlton. Die hemde word ook gemaak deur die nuwe Australiese hemp-maker, Ganton. Ek het ook nogal ’n ding vir Australiese werksdrag deur RM Williams – veral die stewels, denims, wit polohemde en werkshemde. Willy Wonka, Ron Burgundy en Cy Tolliver is almal inspirerend!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

12 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.