kategorieë: GrimeringSkoonheid

Ons toets onderlaag

As iemand jou komplimenteer oor die tipe onderlaag wat jy dra, kan jy maar weet jy het óf die verkeerde kleur óf te veel daarvan aan, want onderlaag is nie veronderstel om soos “mooi” onderlaag te lyk nie, maar eerder soos mooi, natuurlike vel. Ons het ’n hele klomp nuwe tipes onderlaag getoets, en hierdie is ons gunsteling:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Suzanne kies

Dior, Bobbi Brown, Lamer

Dior Forever Perfect Mousse (R740)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hulle sê: Hierdie nuwe mousse hou lank, het ’n ekstra mat-afwerking en verskaf ’n ligte, nie poeierige dekking. Dit bevat ook ’n velsorg-“perfector” wat jou porieë kleiner laat vertoon. Dié onderlaag is ’n nie-olierige mousse wat heerlike sensasie op jou vel skep.

Ons sê: Gewoonlik verkies ek ’n glansende onderlaag, maar die tekstuur van hierdie onderlaag is so wonderlik dat ek dit graag dra. Dit is amper asof dit op jou vingerpunte reeds verdwyn en in jou vel wegsmelt. As jy nie van die gevoel van “onderlaag op jou gesig” hou nie, is hierdie beslis vir jou! Dit gee goeie dekking, sonder om swaar te lyk of te voel. Veerlig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bobbi Brown Intensive Skin Serum Foundation SPF40 (R840)

Hulle sê: Hierdie serum dek meer as net die oppervlak omdat dit ’n kragtige kombinasie van serumbestanddele bevat. Dit help om jou vel se sellulêre energievlakke te ondersteun en bied ook teenverouderingsvoordele vir ’n gladder, fermer vel. Die pigment is ultra-fyn om merkies te verdoesel, sonder om in fyn lyntjies te gaan sit. Die SPF40 help ook om skade aan jou voorkoms te voorkom.

Ons sê: Dit is goed om te weet die onderlaag help ook met velsorg, maar ek sal nie noodwendig my gewone serum hiermee vervang nie, veral nie aangesien die meeste van ons reeds gesigroom aanwend nie. Dit voel heerlik lig, en het nogal ’n loperige teksuur. Die drupper lyk en werk soos ’n serumbotteltjie s’n en ek drup so een tot twee druppels op die agterkant van my hand en wend dit dan met ’n kwassie aan. Dit is nogal loperig, so wees versigtig om jou hand nie te veel te beweeg nie. Dit gee mooi dekking en ek hou daarvan dat dit lig en natuurlik lyk. Dit bou ook goed op as ek meer grimering vir ’n aandfunksie wil aanwend, sonder dat dit soos ’n masker lyk of voel. Die drupper sit wel ’n paar ekstra sekondes by jou grimeertyd so ek hou hierdie vir naweke of spesiale geleenthede. Ek gebruik steeds ’n sonskerm omdat ek maar versigtig is vir die son, veral met my sproetjies.

La Mer The soft fluid long wear foundation (R1 700)

Hulle sê: ’n Gewiglose tekstuur wat luuks voel en lank aanbly. Die sagte kleur meng maklik en dit bied helende hidrasie danksy die Miracle Broth.

Ons sê: Die onderlaag voel lekker en gee ’n mooi glans. ’n Goeie wenk wat ek by La Mer se grimeerkunstenaar geleer het is om ’n druppel gesigolie (La Mer The Renewal Oil) by die onderlaag te meng vir ekstra glans. Dit bly ook lank aan. Ek gebruik min vir elke dag, omdat ek natuurlike dekking verkies, maar dit bou goed vir swaarder dekking. As ek meer aanwend, lyk dit steeds natuurlik en nie soos ’n masker nie.

Corné kies

Smashbox, NYX, MAC

Oor die algemeen hou ek daarvan om my onderlaag nou en dan af te wissel, maar dit hang gewoontlik af van my vel se kondisie. As my vel ’n bietjie droog is, gebruik ek ’n onderlaag wat my vel bevogtig. Wanneer ek meer dekking soek, gebruik ek weer ’n ander een. Hier is drie waarvan ek baie hou:

Die MAC Studio Fix Fluid SPF 15 (R460)

Hulle sê: Die onderlaag behoort 24 uur te hou. Dit bevat ’n mat-afwerking wat medium tot volle dekking gee, met ’n breë spektrum UVA/UVB SPF 15 / PA ++ beskerming. Dit is gerieflik, hou lank en help om die voorkoms van porieë en vlekke te verminder om die vel ’n gladder, meer foutlose afwerking te gee.

Ons sê: MAC Studio Fix Fluid Foundation kom in ’n silindriese glasverpakking met ’n afskroefdoppie, so dit is nogal moeilik om dit elke keer uit te gooi wanneer jy dit gebruik. Gelukkig kan jy ’n spuitstukkie koop wat dit makliker maak om die onderlaag uit te kry, sodat jy nie so baie mors nie. Dit is glad nie loperig nie, gee my vel goeie, natuurlike dekking en wend maklik aan. Jy hoef ook nie baie te gebruik nie. Op warm dae voel dit ook nie of my onderlaag “gaan smelt” nie en as ek dit soggens aanwend, hou dit heeldag. MAC het ook baie skakerings om van te kies so jy sal beslis ’n kleur kry wat by jou vel pas.

Smashbox 15h Hydrating foundation (R525)

Hulle sê: Dit is ’n olievrye, vloeibare onderlaag wat 15 ure se vleklose dekking gee en boonop die vel bevogtig. Dit is getoets om seker te maak dat jou vel op sy beste lyk onder enige lig.

Ons sê: Hierdie produk is ’n goeie kopie en ook een van my nuwe gunstelinge. Dit gee nie af nie, is water- en sweetbestand en lyk perfek teen die einde van die dag. Ek gebruik nie altyd dieselfde hoeveelheid nie, soms soek ek beter dekking en soms ’n meer natuurlike voorkoms. Dit gee jou vel ook ’n meer mat-tekstuur, maar dit neem baie mooi af. Jou vel sal perfek lyk op elke “selfie.”

NYX Total Control Drop Foundation (R220)

Hulle sê: Matige tot vol dekking is net ’n druppel weg met die nuwe Total Control Drop Foundation. Smeer hierdie fluweelagtige onderlaag aan en pas die hoeveelheid druppels aan tot die voorkoms wat jy wil skep. Wil jy meer dekking hê? Voeg meer druppels by! So maklik soos dit.

Ons sê: Dit is nogals loperig, maar wend maklik aan. Ek gebruik twee verskillende skakerings: ’n ligter een en ’n donkerder een waarmee ek my kontoering doen. Dit is beslis goeie waarde vir geld. Dit is baie lig en voel amper soos water wat jy op jou vel drup, maar die dekking wat dit gee is baie goed. My vel het ’n effense satyn/mat-voorkoms. Indien jou vel ’n bietjie droog is, kan jy dit altyd meng met jou bevogtiger en dan aanwend.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.