kategorieë: Ons menseBekendes

Tannie Ans is IAAF se afrigter van die jaar vir 2017

Agter ons rekordbrekende goue seun is daar ’n Tannie Ans, en volgens ons susterkoerant, die Bloemfontein Courant, het die internasionale atletiekgesag, die IAAF, haar erken as afrigter van die jaar vir 2017.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Namibiër Ans Botha (75), wat nou in Bloemfontein woon en die Universiteit van Vrystaat se atlete afrig, was op haar dag self ’n atleet. Sy het haar dogter begin afrig omdat sy nie ’n paslike afrigter in Namibië kon vind nie en later het sy ander atlete begin help om hul volle potensiaal te bereik. Een van haar bekendste atlete is Wayde van Niekerk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wayde, Tannie Ans se steratleet, is in Oktober vanjaar met sy verloofde Cheshney getroud. Hy is ook tans besig om te herstel van beserings en sal eers later volgende jaar weer begin deelneem aan kompetisies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wayde is self ’n finalis vir die IAAF se toekenning vir die Beste Manlike Atleet vir 2017. Hy sal later vandeesmaand (op 24 November 2017) hoor of hy met hierdie titel wegstap. Sy kompetisie vir hierdie erkenning is Mutaz Essa Barshim (die hoogspringatleet van Katar) en Mo Farah (die Britse langafstandatleet). Die finaliste vir Beste Vroulike Atleet 2017 is Almaz Ayana (die langafstandatleet van Ethiopië), Ekaterini Stefanidi (die Griekse paalspringatleet) en Nafissatou Thiam (die Belgiese multi-sport atleet).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.