kategorieë: OuerskapJou lewe

Ouerskap: Ken jou regte

Deur Anet Schoeman. Foto: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Swangerskapverlof

Volgens die Wet op Basiese Diensvoorwaardes is alle Suid-Afrikaanse vroue geregtig op vier maande se  swangerskapverlof. Maatskappye is nie wetlik verplig om betaalde verlof te gee nie, maar maak vooraf seker wat in jou indiensnemingskontrak staan, en watter voordele jou maatskappy dalk bied. Sommige maatskappye gee ná die bevalling ook vir pa’s verlof.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy mag die verlof neem van vier weke voor die bevalling, of wanneer ’n dokter of vroedvrou sertifiseer dat jou of die baba se gesondheid dit vereis dat jy ophou werk. Vroue mag nie meer hul werk verloor omdat hulle swanger is nie, en daar mag ook nie teen hulle gediskrimineer word nie. Jy mag ook nie binne ses weke ná die geboorte teruggaan werk toe nie, behalwe as jy ’n doktersbrief het wat bevestig dat jou gesondheid sodanig is dat jy kan terugkeer.

Jy moet jou werkgewer skriftelik in kennis stel wanneer jy die vier maande wil neem. Jy kan geld by die Werkloosheidversekeringsfonds (WVF) eis indien jy meer as vier maande tot die fonds bygedra het. Die fonds betaal 17 weke lank tussen 38% en 60% van jou salaris tot ’n maksimum van R14 872 per maand. Hierdie voordeel is nie belasbaar nie. Jy mag nie eis as jy betaalde kraamverlof het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sommige maatskappye doen teen betaling al die administrasiewerk vir jou (R795 by Baby Benefits). Jy hoef nie tou te staan nie en die geld word in jou bankrekening inbetaal. Meer inligting oor werkloosheidsversekering:
www.uif-maternity.co.za.  Besoek BabyBenefits se webblad of skakel 081 767 4004.

Miskraam

In die geval van ’n stilgeboorte of miskraam drie maande voor die bevalling, kan jy op ses weke onbetaalde verlof aanspraak maak. Jy hoef nie reeds op kraamverlof te wees om hiervoor te kwalifiseer nie.

Borsvoed

Solank ’n ma borsvoed, mag ’n werkgewer nie daarop aandring dat sy werk doen wat haar gesondheid benadeel nie. Ingevolge die wet mag ’n ma haar baba twee keer per dag vir ’n halfuur lank borsvoed as sy in ’n versorgeenheid by die werk is, of om borsmelk uit te pomp as die baba elders versorg word. Dit geld tot die baba ses maande oud is.

Aanneming

Maatskaplike werkers sal nie ’n baba beskikbaar stel voor die biologiese ouers nie toestemming tot die aanneming gegee en die tydperk verloop het waarin hulle van plan kan verander nie.

Die ouers het sestig dae om van besluit te verander. In gevalle waar hulle nie die pa kan opspoor nie, word dit in ’n koerant geadverteer. Daarna moet negentig dae verloop waarin die pa die aanneming kan teenstaan.

As hy nie wil saamwerk nie, moet die hof hom van die aanneming en sy verantwoordelikhede en regte in kennis stel. Die kennisgewing moet deur ’n balju aan die pa bedien word en ná bediening kry hy dertig dae om aanneming teen te staan. As hy dit nie doen nie, word aanvaar dat hy instem en kan die aanneming voortgaan. Hierna is die baba wettig beskikbaar en ná alle dokumente gereed is, is die baba joune. Hierdie proses kan ’n paar maande duur. Ná die baba wettig in die sorg van die aanneemouers (as plek van veiligheid) geplaas is, hang dit af hoe lank die hof neem om die proses af te handel voor die baba werklik joune is. Eers as die finale aannemingsbevel in die hof geteken is, is dit ’n wettige aanneming.

Kontak met die biologiese ma
Aannemingsinstellings vereis gewoonlik, omdat die wet voorsiening maak vir ’n na-aannemingsooreenkoms, dat ouers vir die eerste twee jaar foto’s en spogbriefies oor die baba vir die maatskaplike werker stuur wat dit vir die biologiese ma sal stuur indien sy sou vra.

Maar daar is nie direkte kontak tussen aanneemouers en biologiese ouers nie, tensy die ooreenkoms dit bepaal. Dit word ook nie aanbeveel nie, tensy daar reeds ’n bestaande verhouding tussen ouer en kind is (soos die aanneming van ’n ouer kind / familie / stiefouer / pleegsorg) wat dan in stand gehou moet word as dit in die kind se belang is.

As terugvoer versoek word, sal dit vooraf met die ouers bespreek word en alle kontak tussen partye geskied deur die betrokke maatskaplike werker. Wanneer die kind 18 is, kan die kind of ma deur die maatskaplike werker aansoek doen om kontak te maak, maar albei partye moet instem voor dit kan gebeur.

Inligting verskaf deur Procare Adoptions www.procare.co.za

Surrogaatbevallings

Dis ’n liefdeswerk om ’n baba vir iemand anders te dra maar dis uiters belangrik dat die korrekte regsprosedures gevolg word. Die wet is baie spesifiek oor die moets en moenies om te verseker dat die proses nie op ’n tragedie uitloop nie.

As jy ’n wettige surrogaatkontrak sluit (sonder dat die surrogaatma se eiersel gebruik word), is die baba direk ná geboorte die wettige baba van die voorgenome ouers. Sonder ’n wettige kontrak, bekragtig deur die Hooggeregshof, mag geen in vitrobevrugting op die surrogaatma gedoen word nie.

Doen jou huiswerk voor jy jou in surrogaatskap begewe. Die Kinderwet van 2010 beskerm die regte van die ongebore kind, en gee duidelike riglyne vir die verantwoordelikhede van die voorgenome ouers en die surrogaatma.

Wat is nodig?

  • ’n Suid-Afrikaanse surrogaatprokureur moet die ooreenkoms opstel.
  • Alle partye, die voorgenome ouers sowel as die surrogaatma en haar man/lewensmaat, moet die kontrak onderteken.
  • Die surrogaatooreenkoms met al die nodige dokumentasie en aansoek moet deur ’n Suid-Afrikaanse surrogaatprokureur  by die hof gebring word voor ’n hofbevel gegee kan word dat die surrogaatproses mag voortgaan.
  • Een van die voornemende ouers se genetiese materiaal moet gebruik word (homoseksueel of heteroseksueel). Daar moet goeie mediese of biologiese redes wees waarom die ander party se eiersel/spermsel nie gebruik word nie.
  • Dis belangrik om te weet dat ander reëls geld as die surrogaatma se eiersel gebruik word. Dan mag sy volgens die Kinderwet binne sestig dae na die bevalling die surrogaatkontrak kanselleer en die baba hou.
  • Die surrogaatma moet minstens een lewende kind hê en sy mag nie wins uit die swangerskap maak nie.
  • Sy mag wel vergoed word vir koste aangegaan, en sy mag eis vir verlies van inkomste.
  • Die surrogaatma moet ten tye van die sluit van die kontrak in Suid-Afrika woon.
  • Daar moet geldige mediese redes wees hoekom die voornemende ouers ’n surrogaatma gebruik.
  • ’n Hofbevel waarin die surrogaatma ouerskapsregte en -verantwoordelikhede opgee, moet verkry word voor die embrio’s ingeplant word.
  • Die voorgenome ouers is vir die duur van die swangerskap verantwoordelik vir ’n mediese fonds en lewenspolis vir die surrogaatma en gewoonlik tot drie maande na die bevalling ook.

Meer inligting by Adele van der Walt Inc 012 460 3668; www.surrogacyagreements.co.za; e-pos jeanmarie@avw.co.za; Kinderwet, hoofstuk 19.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

2 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

5 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

9 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.