Outydse naeltjiekoekies
Ingredients
- Jacques Erasmus is ’n bekende koskunstenaar, ontwerper en eienaar van Hemelhuijs, een van die mooiste restaurante in Kaapstad.
- “Dié koekies word in ons familie al ’n paar geslagte lank van ma tot dogter aangegee. Ek besit my ouma se oorpronklike, handgeskrewe resep. Die koekies het die ongelooflikste geur maar kom net tot hul reg as hulle met sagte skaapvet gebak word. Jy kan botter gebruik, maar skaapvet gee die bros tekstuur en diepte van geur.
- “My ma het vir ons kinders die wonderlikste geregte met soveel liefde, toewyding en oorgawe gemaak, maar dié koekies is vir my en my sussies soos die parfuum van ons ma.
- “Eet dit sommer net so, of dompel in ’n koppie soet, melkerige Earl Grey-tee ... genoeg om trane in ’n groot man se oë te bring. “Ai, verlang ek nou na my ma.”
- • 125 g botter
- • 250 g sagte skaapvet
- • 500 g suiker
- • 2 eiers
- • 12,5 ml (2½ t) fyn naeltjies
- • 5 ml (1 t) koeksoda
- • 12,5 ml (2½ t) bakpoeier
- • knypie sout
- • 600 g koekmeel
Instructions
Verhit die oond tot 180 °C.
1 Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
2 Room die botter, skaapvet en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en meng goed.
3 Sif die droë bestanddele saam en voeg by die bottermengsel. Meng deeglik en laat die deeg vir 30 min. in die yskas rus.
4 Bestuif ’n werkvlak met meel en rol die deeg 2,5 mm dik daarop uit. Druk sirkels van 7,5 cm uit.
5 Sit op die bakplaat en bak vir 10-12 min. tot bros en met ’n ligte goudbruin kleur.
Anelle Tewson