kategorieë: Skoonheid

Parfuum vir ieder en elk

1 Sorgvry Dior Addict Eau Délice EDT het ’n sorgvrye, elegante geur en ruik amper lekker genoeg om te eet met soetsuur note van rooibosbessie, jasmyn en ilang-ilang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2 Modeliefhebbers Lanvin Me EDP is deur die modehuis Lanvin se ontwerper, Alber Elbaz, geskep. Jy ruik soethout, bloubessie, soetemaling en roos.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3 Romanties en sjarmant Pioenroosliefhebbers sal gaande wees oor Jo Malone Peony & Blush Suede Cologne. Dit ruik soos pioenrose in volle blom, gemeng met note van rooi appel, jasmyn, rose en sweedsleer (as basisnoot).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4 Speels en uitdagend ’n Sterk vrou met selfvertroue was Katy Perry se inspirasie vir die skep van Killer Queen EDP. ’n Rooi fluweelblom, ryk en dieprooi, was die geurinspirasie. Jy ruik ook wildebessie, pruim, bergamot, jasmyn en patsjoelie.

5 Selfversekerd Chloé See by Chloé EDP word as ’n “verslawende blommegeur” beskryf. Jy kry ’n soet glimlag van bergamot, appelbloeisels en jasmyn met basisnote van sandelhout en vanielje.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

6 Modern en luuks Elizabeth Arden Untold EDP is ’n moderne weergawe van ’n sensuele blommegeur. Jy ruik note van pienkpeper, bergamot, peer, swartbessiebloeisels, katjiepiering, jasmyn, patsjoelie en sandelhout.

7 Mediterreense glans Roberto Cavalli Acqua EDT is ’n lieflike blommegeur geïnspireer deur die Mediterreense See. Jy ruik jasmyn, lelie-van-die-dale en muskus.

1 Warm en speels Britney Spears Island Fantasy EDT se inspirasie is Britney se ideale paradys: ’n eiland waar jy saam met jou geliefdes kan ontspan. Sappige vrugte (sitrus, spanspek en rooi vrugte), kleurryke blomme (viooltjies, jasmyn en freesia), suikerriet en muskus is wat jy ruik.

2 Energiek en sexy Justin Bieber The Key Eau de Parfum. Die gewilde sanger beskryf dié parfuum as die sleutel waarmee sy aanhangers hul drome kan ontsluit. Die fyngeur het ’n vrugtige blommegeur met muskusondertone.

3 Prettig en gemaklik Taylor by Taylor Swift Eau de Parfum is ’n vermenging van vars vrugte, soos lietsjies en rooi nartjies, en blommegeure soos pioenrose, vanielje, orgideë en krismisrose.

4 Vars en lewenslustig Puma Sync for Women EDT. ’n Lighartige, jong geur met sitrus- en papajageure vermeng met lotusblomme en mandarynbloeisels.

5 Sexy en selfversekerd Beyoncé Pulse NYC Eau de Parfum gebruik New York as inspirasie. Jy ruik frambose, granaat, peer, pioenrose, jasmyn, patsjoelie en muskus. Die rotsorgidee, Beyoncé se gunstelingblom, is die hart van die geur, omdat dit vir haar ’n simbool van krag en selfversekerdheid is.

6 Modern en uniek Calvin Klein Down town Eau de Parfum EDP is ’n vermenging van vroulike houtgeure en blomme soos viooltjie en katjiepiering.

7 Gesofistikeerd en vroulik Giorgio Armani Si. “Die vrou wat hierdie geur dra, het ’n natuurlike elegansie. Die delikate, misterieuse geur hang in die lug en laat jou eers later aan haar dink,” sê Giorgio Armani. Jy ruik swartbessienektar, mosagtige hout en muskus.

8 Ryk en eksoties Die geheimsinnige Ooste is die inspirasie vir Tom Ford Sahara Noir EDP, ’n uniseksgeur. Dink aan wierook, bitterlemoen en levantine suprise (wat in die tuine van die 1001 Arabiese Nagte gegroei) het.

9 Uitdagend Nude By Rihanna het geure van Barbados (die land van haar herkoms), soos koejawelnektar, mandaryn en peer gemeng met lemoen- en katjiepieringbloeisels, sandelhout, vanielje en muskus.

10 Sensueel Bulgari Omnia Crystalline is ’n hele paar jaar gelede bekend gestel en die Eau de Parfum is die nuwe weergawe. Dit is meer sensueel en effens swaarder as die oorspronklike en die geur van die lotusblom is die fokus. Ideaal vir vroue wat baie van die oorspronklike EDT gehou het en iets swaarder vir die aand of spesiale geleenthede wil hê.

11 Gesofistikeerd Dior J’adore L’Or EDP. Die rose en jasmyn wat vir die fyngeur gebruik word, groei op Dior se lande naby Grasse en word met die hand gepluk voor dit verwerk word. Die blomgeure word deur warm, Oosterse note soos patsjoelie, vanielje en amber gevolg.

12 Passievol en kragtig Dolce & Gabbana Intense EDP is ’n uitdagende geur. Jy ruik lemoenbloeisels, groen mandaryn, soetemaling en sandelhout.

13 Verleidelik en vroulik Antonio Banderas Her Golden Secret EDT. Jy ruik appel, perske, bergamot, swartbessies, lemoenbloeisels en katjiepiering vermeng met eksotiese houtgeure.

1 Energiek Avon Instinct Eau de Toilette Spray ruik na mandaryn, salie en ebbehout.

2 Onoorwonne en manlik Paco Rabanne Invictus Hero EDT. Die inspirasie vir die geur was ’n atleet wat gewen het, en nou na nuwe uitdagings soek. Jy ruik seewater, pomelo en lourierblare.

3 Verfrissend en energiek Calvin Klein Encounter Fresh EDT ruik byna soos ’n mojito-mengeldrankie: ligte rum, kardemom en laventel gemeng met patsjoelie en sandelhout.

4 Manlik en vars Fan di Fendi Pour Homme EDT is ’n houtagtige, aromatiese geur, ook met naartjie, bergamot en basiliekruid. ’n Moet vir die modebewuste manne.

5 Suksesvol en wêreldwys Gucci Made to Measure EDT is geïnspireer deur die Gucci-snyerspakke wat die rykes en bekendes dra. Dis ’n speseryerige, Oosterse geur met note van bergamot, lemoenbloeisels, laventel, anys, neutmuskaat, kaneel, waterlelies, bessie, pruim, patsjoelie, leer en amber.

6 Manlik en sensueel Dolce & Gabbana Light Blue Living Stromboli for Men EDT. Die aktiewe vulkaan in Stromboli, Italië, die donker rotse en natuurskoon is die inspirasie vir dié geur. Jy ruik onder meer pienkpeper, sitrus en malva.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.