Genoeg vir 6
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• 6 perskes, middeldeur gesny, pitte uitgehaal
• 30 ml (2 e) versuikerde gemmer in stroop, gekap
• 45 g botter, gesmelt
• 80 ml (⅓ k) esdoring- of gouestroop
• 250 g aarbeie
• 375 ml (1½ k) hawermout
• 30 g (½ k) gevlokte amandels
• 50 g (½ k) pekanneute
• 100 g pistasieneute
• 20 g pampoensaad
• 20 g gevlokte klapper
• 45 ml (3 e) giers (millet)
• 45 ml (3 e) bokwiet (buckwheat)
• 10 ml (2 t) fyn kaneel
• 5 ml (1 t) fyn gemmer
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Voer ’n middelslag-bakplaat met bakpapier uit.
2 Meng die gemmer, botter en esdoring-stroop in ’n bakkie. Hou eenkant.
3 Meng ’n ¼ van die bottermengsel saam met die perskes in ’n mengbak.
4 Skep die perskes op die voorbereide bakplaat en bak vir 15 min.
5 Voeg die aarbeie by die perskes en bak vir nog 10 min.
Krummellaag
6 Meng die hawermout, amandels, pekan-en pistasieneute, pampoensaad, klapper, giers, kaneel, bokwiet en gemmer in ’n mengbak.
7 Voeg die oorblywende bottermengsel by en meng deur.
8 Gooi die krummellaag oor die perskes en aarbeie.
9 Bak vir nog 10-15 min. of tot goudkleurig. Sit met mascarpone-room voor.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.