Genoeg vir 1 groot koek of 2 teebroodjies.
Bestanddele:
- 290 g strooisuiker
- 200 g sagte botter
- 2 eiers, liggies geklits
- 5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
- 250 ml (1 k) sowat 3 ryp piesangs, fyn gedruk
- 10 ml (2 t) brandewyn
- 2 ml (½ t) koeksoda
- 5 ml (1 t) bakpoeier
- 280 g koekmeel
- 2 ml (½ t) sout
- 125 ml (½ k) karringmelk
- 50 g okkerneute, fyn gekap
- 180 ml (¾ k) klapper, plus ekstra vir bo-op
Metode:
Versiersel
- Klop 250 g sagte botter en 500 ml (2 k) versiersuiker saam tot lig.
- Gooi 60 ml (¼ k) ingedampte melk by en klop goed met ’n elektriese klitser.
- Versier met ekstra geroosterde klapperskaafsels. koek
Koek
- Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit 2 ronde 23 cm-koekpanne, of 2 x 2 cm x 9 cm x 19 cm-broodpannetjies met kleefwerende kossproei.
- Room die suiker en botter saam tot lig. Gooi die eier en vanielje by en meng goed.
- Roer die brandewyn en piesang by. Sif die koeksoda, bakpoeier, koekmeel en sout saam.
- Meng die meelmengsel en karring-melk om die beurt by die piesangmengsel. Roer die okkerneute by.
- Strooi ’n lagie klapper in elke pannetjie. Verdeel die beslag tussen die pannetjies.
- Maak gelyk en strooi die res van die klapper oor. Bak vir 35-40 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom.
- Laat die koek afkoel en keer uit.
- Versier en strooi ekstra klapper oor.
