Bestanddele
- 500 ml (2 k) melk
- 5 ml (1 t) fyn gekapte knoffel
- 2 lourierblare
- sout en swartpeper
- 170 g polenta
- klein hand vol salie, fyn gekap
- klein hand vol sprietuie, fyn gekap
- hand vol pietersielie, fyn gekap
- 20 g parmesaan, gerasper
- 100 g bokmelkkaas
- olie vir braai
Metode
- Spuit ’n vlak pan van 26 cm x 35 cm met kleefwerende kossproei.
- Bring die melk, knoffel en lourierblare in ’n klein kastrol oor matige hitte tot kookpunt.
- Voeg die polenta in ’n dun straaltjie by terwyl jy dit deurentyd roer. Verlaag die hitte en kook die polenta vir 6 min. of tot gaar. Haal die lourierblaar uit.
- Geur met sout en swartpeper. Voeg die salie, sprietuie, pietersielie, parmesaan en bokmelkkaas by.
- Gooi die polenta in die voorbereide pan. Sit in die yskas vir 30 min. of tot gestol.
- Sny die polenta in tjips van 2 cm x 6 cm. Verhit die olie in ’n diepbraaier of groot kastrol tot 180 °C. Diepbraai die polentatjips in sarsies vir 2-3 min. of tot goudkleurig en krakerig.
- Skep uit en dreineer op kombuispapier. Geur met sout en swartpeper.

