kategorieë: Ons menseBekendes

Prins Charles word 70

Prins Charles word 70 deur Warren Fuller. Hooffoto: Camerapress/Greatstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vandag, 14 November 2018, is die 70ste verjaardag van prins Charles, die prins van Wallis. Hy en sy vrou, Camilla Parker-Bowles, hertogin van Cornwall het glo ’n propvol dag wat voor hulle lê en gaan onder andere ’n private partytjie by die Buckingham-paleis en ’n teepartytjie by Spencer House in Londen bywoon. Die gastelys vir die partytjie by Buckingham-paleis, wat deur koningin Elizabeth aangebied word, sluit die koninklike familie en verskeie vriende van prins Charles se openbare en private lewe in. Daar sal ook om 13:00 by die Tower of London en Green Park ’n tradisionele geweersaluut afgevuur word, terwyl die klokke by die Westminster-abdy terselfdertyd sal lui.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Om die dag te herdenk, het die Britse koninklikes amptelike gesinsfoto’s gedeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }
View this post on Instagram

Two new photographs of The Prince of Wales and his family have been released to celebrate HRH’s 70th birthday. The photos were taken by @chrisjacksongetty in the garden of Clarence House.

A post shared by Clarence House (@clarencehouse) on

Hoe dierbaar is hierdie foto’s?

Op die koninklikes se amptelike webblad het hulle 70 interessante feite vir die prins se 70ste verjaardag gedeel. Hier is 10 van ons gunstelinge:

  1. Tydens prins Charles se studentejare het hy ook klavier, trompet en tjello gespeel en was selfs ’n lid van die simfonie-orkes by Trinity College.
  2. Die Prins het op skool (in 1965) die hoofrol in Shakespeare se Macbeth vertolk.
  3. Die Prins eet glad nie middagete nie.
  4. Die Prins is ’n skrywer. Hy het die kinderboek, The Old Man of Lochnagar, gebaseer op stories wat hy aan sy broers vertel het terwyl hulle grootgeword het.
  5. Een van die prins se geliefkoosde stokperdjies is skilder en hy het eenkeer anoniem ’n waterverfskildery in die Koninklike Akademie se 1987 somer-uitstalling vertoon.
  6. Hy het in 1975 deel geword van die “Magic Circle”, nadat hy sy oudisie met ’n “koppie-en-bal”-toertjie geslaag het.
  7. Prins Charles doen gereeld boomplant-seremonies. Nadat elke boom geplant is skud hy vriendelik een tak, om hulle geluk te wens.
  8. Clarence House, die Londen-woonplek van prins Charles, het reeds in 2010 sonpanele geïnstalleer.
  9. Die Prins gebruik ’n elektriese Jaguar om by afsprake uit te kom.
  10. Die Prins is van 3-jarige ouderdom die troonopvolger, en is die langs-dienende Prins van Wallis.

Lees ook: Die kunstige Prins Charles

Die Britse koninklikes het ook sopas ’n video gedeel met ou foto’s van Prins Charles. Loer hier:

Ter viering van prins Charles se verjaarsdag het die Royal Mail ses nuwe posseëls bekendgestel met foto’s van dié prins.

Lees ook: Al ons Prinses Diana-voorblaaie

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.