kategorieë: KalenderOntspanning

Kersmarkte vir die feestyd

Kersmarkte vir die feestyd saamgestel deur Warren Fuller. Hooffoto: AMzPhoto/istock images . Ander foto’s: verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vier die oploop na Kersfees hierdie feestyd ten volle. Wat kan lekkerder wees as om jou, die kinders en vriendinne te bederf en soveel Kersmarkte, -feeste en skouspele moontlik by te woon? Hierdie markte is spesiaal ontwerp vir Kersgeskenke en dit gee jou ’n kans om te ontspan saam met die mense wat vir jou saak maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 KAMERS/MAKERS Pretoria

Geniet 200 “kamers” met plaaslike mode, juwele, huisware, dekor- en leefstylitems. Industriële ontwerpers, Man and Wife, argitek-illustreerder, +Ness, ystersmid Roger Stones, skryfbehoefte-ontwerper Script Design is onder meer van die “kamers” wat jy sal kan besoek. Maak seker dat jy honger daar aankom sodat jy My Kitchen Rules deelnemers Brent & Andrew se hamburgertrok en die bekendstelling van Loxtonia Cider kan geniet en die kos afspoel met Fetch Coffee en daarna by Afrikoa, Suid-Afrika se enigste “boon-tot-blok” sjokolade, vir jou ietsie soets kan koop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die jaarlikse Pretoria-geleentheid van KAMERS/MAKERS vind plaas by Cornwall Hill College in Irene.

Datums: 4 tot 9 Desember 2018, daagliks van 09:00 tot 17:00

Kaartjies kos slegs R60 (indien jy bespreek by www.plankton.mobi) of R90 by die ingang. ’n Herhaal-kaartjie kos R120 en kinders onder die ouderdom van 18 kan gratis inkom. KAMERS/MAKERS bied ook afslag vir studente en pensionarisse en bied ’n koop-drie-kry-een-verniet-aanbod vir groepe.

Kaartjies sluit in: ’n sak met ’n KAMERS/MAKERS tydskrif en ’n gratis glaswaterbottel wat jy kan volmaak by Bluewater.

Om meer uit te vind oor KAMERS/MAKERS Pretoria, klik hier.

2 Kerfees Skouspel

Die Kersfees Skouspel aangebied deur Lefra Productions vind op 16 Desember 2018 in die Sun Arena, Times Square, Pretoria by Menlyn on Maine plaas, en begin om 15:00. Die Skouspel bied vermaak deur 15 topkunstenaars, onder meer Amanda Strydom, Anna Davel, Chris Chameleon, Jannie Moolman en Frans Swart wat die dirigent vir die volle orkes is. Groepe van meer as tien kry afslag en maatskappye kan ook BBP-pakkette bespreek. Onthou, dis belangrik om te bespreek om jou plek te verseker. Jy kan so maak deur Computicket of Kersfees Skouspel se webtuiste te besoek.

Lees ook ons onderhoud met Anna Davel

3 Favourite Things-Mark

Foto verskaf

As feestyd-inkopies een van jou “favourite things” is, is hierdie mark die plek waar jy tussen 14 en 16 Desember moet wees. Slegs 80 minute vanaf Kaapstad is Gabriëlskloof se Favourite Things-mark wat spog met 45 stalletjies wat handgemaakte, stylvolle en skaars skeppings en smake bied. Die mark bied ook wyn-, sjokolade- en olyfolie-proesessies, en boonop hulle laat jou vierpootvriendjies toe. Vir meer inligting oor die mark, bel 028 284 9865, of stuur ’n e-pos aan info@gabrielskloof.co.za.

4 Groote Post Kersmark

Maak hierdie Kersfees vir jou kinders ekstra spesiaal met Kersvadervermaak, trekkerritte, sandkuns, gesigverf en meer. Die Groote Post-mark word op die Gabriëlskloof-wynlandgoed gehou en is tussen 10:00 en 15:00 oop. Die mark bied musiek deur Francois Haasbroek en kuns, klere, dekor, juwele, speelgoed en ’n verskeidenheid kossoorte. DarlingBrew se bier en Groote Post se bekende wyn is ook beskikbaar. Toegang is gratis en honde is welkom (mits woef aan ’n leiband is). Indien jy meer wil weet, bel 022 451 2202 of besoek  www.gabrielskloof.co.za.

Die Kersmark vind op 18 Desember 2018 plaas, maar daar is elke maand ’n mark – kyk op hul webblad vir die volgende datum.

5 Moonlight-mark

Vanaf 20 November tot 18 Desember 2018 is die Moonlight-mark elke Dinsdag tussen 09:00 en 17:00 oop. Toegang is gratis vir kinders onder 12 en R20 vir volwassenes. Adres: Culrossweg 40, Bryanston, Johannesburg. Kaartjies kan by die mark en op Moonlight Markets se webtuiste gekoop word.

6 Die Linden-mark

Is jy lus om die Kersfees die plaaslike gemeenskap ten opsigte van musiek, kuns en kos te ondersteun? Ruil jou inkopiesentrum-ekspedisies vir markte en vier plaaslike kreatiwiteit. Jy kan op 1 en 2 Desember jou dag rustig begin deur deel te neem aan “yoga in the park“, daarna ’n hondjie aan te neem (of net daaraan te dink), musiek te luister en deur die 160 stalletjies te stap terwyl jy na Kersliedere luister. Daarna kan jy by die Bubbly Bar gaan afkoel. Toegang is slegs R20 en Linden Market se webwerf verskaf meer inligting.

7 Field-mark

Die Field-mark, wat elke tweede Saterdag van die maand by die Field & Study-park in Parkmore, Johannesburg, plaasvind, het ook op 8 Desember ’n Kersmark. Die mark is oop van 10:00 en 15:00, honde op kort leibande is welkom, toegang is gratis en parkering kos R10 – wat gebruik word vir die instandhouding van die park. Besoek hul webblad of facebook-blad vir meer inligting. 

8 Wrenrose Court se eerste Kersmark!

Op Woensdag 5 Desember 2018 begin Wrenrose ’n nuwe tradisie wat hul beoog om ’n jaarlikse geleentheid te maak: hulle eerste Kersmark. Die aktiwiteite sal plaasvind by die Arbor Café met ’n verskeidenheid kos, drankies en geskenke. Vuma Levin sal die bywoners vermaak en kinders kan hul gesigte verf en selfs saam met Kersvader foto’s neem! Verder span die Sandton DBV en Wrenrose Court saam om geld in te samel vir die DBV deur loterykaartjies te verkoop én 50% van die prys vir gesigverf gaan ook aan die DBV. Die mark vind plaas tussen 17:00-21:00 en die eerste 50 mense kry ’n gratis glas wyn! Wrenrose Court is geleë in die hart van Birdhaven, omring deur deur die pragtige voorstad Illovo in Johannesburg.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.