kategorieë: Ontspanning

Queen Mary 2 en Queen Victoria kuier in Kaapstad

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die son hang laag oor Leeukop; die V&A Waterfront is ‘n miernes van oorsese toeriste; die rooibusse van City Sightseeing dra mense van alle nasionaliteite na ons wynplase, botaniese tuine, pikkewynkolonies en langs ons mooiste strande. Maryke Roberts staan hoog bo die bedrywighede op die boonste dek van die luukse passasierskip, Queen Mary 2 (QM2) om dié historiese skip eerstehands te ervaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Hoe lekker om die gees op die Kaapstadse skeepsterminaal te geniet, waar musikante en dansers besoekers aan boord die twee luukse skepe vermaak.

Cunard Line, ’n Britse skeepsmaatskappy wat vanuit Carnival House in Southampton, Engeland bestuur word het sedert 2011 drie skepe wat in Hamilton, Bermuda geregistreer is.

Die QE2 is in 2004 deur Queen Mary 2 (QM2) vervang. Sy vier vanjaar haar 20ste verjaardag op die water. Die skeepsmaatskappy bedryf ook die Queen Victoria (QV) en Queen Elizabeth (QE) en van 2022 is Cunard die enigste skeepsmaatskappy wat ‘n geskeduleerde passasiersdiens tussen Europa en Noord-Amerika aanbied.

Die maatskappy het ook aangekondig dat daar later vanjaar ‘n vierde skip by die vloot sal aansluit, die Queen Anne. Die vars nuus wat met ons gedeel word, is dat Queen Anne Suid-Afrika vir die eerste maal op haar eerste vaart sal besoek in April 2025 én in 2026 ook. Sy sal by Port Elizabeth en Kaapstad (10 en 11 April 2025) aandoen.

Die skip in 2015 deur Kaptein Jonathan Atkin afgeneem, toe sy vroegoggend op 13 Julie naby die Verrazzanobrug in New York verbygevaat het. Sy vier vanjaar haar 20ste verjaardag.

Ek is skoon opgewonde om my toegangskaart te kry.

Mens kan nie glo hoe groot die skip is wat 2600 passasiers kan vervoer nie.

Weens die voortslepende situasie in die Rooi See en omliggende gebiede, en na uitgebreide konsultasie met internasionale veiligheidskundiges en regeringsowerhede, het Cunard die besluit geneem om Queen Anne se 2025 wêreldreis te herlei en Suid-Afrika in te sluit.

Wat ‘n raar sig om twee van dié in Kaapstad hawe geanker te sien lê en van die dek van die QM2 nie net na Tafelberg te kyk nie, maar ook te sien hoe die QV gereed maak om uit die hawe te vertrek om haar reis voort te sit. Dit gebeur nie gereeld dat twee van dieselfde maatskappy se skepe op een slag in die hawe is nie en hierdie keer met meer as 400 Suid-Afrikaners aan boord nie.

Die skip is luuks, gebou vir die kwaai waters van die Atlantiese Oseaan tussen Europa en Noord-Amerika en is reusagtig met sy 2600 passasier-kapasiteit.

Die luukse ontvangslokaal van die skip is reusagtig en dis moeilik om te glo jy is binne-in die maag van ‘n skip en nie in ‘n oorsese hotel nie.

Gaste kan elke aand ‘n ander tipe vermaak geniet, van lewendige musiek in intieme kroegies, tot optredes deur internasionale sterre.

Die skip se hoof-eetkamer kan al die passasiers in een sitting huisves! Dit strek oor drie vlakke en in die middel voor die reuse tapiserrie, is die kaptein se tafel.

Geen klein hokkies vir kamers nie. Hierdie pragtige suite se badkamer is groter as ons een tuis!

Die skip se hoof-eetkamer kan al die passasiers in een sitting huisves! Dit strek oor drie vlakke en in die middel voor die reuse tapiserrie, is die kaptein se tafel.

Die Cunard-skeepsmaatskappy het sy naam te danke aan Samuel Cunard wat in 1839 die eerste Britise transatlantiese stoomskip poskontrak ontvang het en die volgende jaar die Britse en Noord-Amerikaanse Royal Mail Steam-Packet Company in Glasgow saam met Sir George Burns en Robert Napier gestig het. Vir meer as 30 jaar bedryf hulle die vier pionier stoombote op die Liverpool–Halifax–Boston roete en hou die rekord vir die vinnige Atlantiese reis. Mettertyd kom ander maatskappye by, wat strawwe kompetisie bied en elke keer het die Cunard-span met nuwe planne vorendag gekom om te oorleef en te innoveer.

Cunard het in 1919 sy hoofkantoor van Liverpool na Southhampton geskuif.

Draai die horlosie ‘n eeu aan en die twee groot wêreldoorloë domineer die wêreld se oseane en die skepe wat aanvanklik vir pret en plesier gebou is, dra ook soldate. Deftige balsale word omskep in groot slaapsale vir troepe.

Die skip is net so bekend vir sy luuksheid, as sy goeie kos-en-wyn aanbiedinge. Hoe lekker om aan sjampanje en Proseco te teug terwyl die son ondergaan oor Kaapstad.

Vir dié wat nie vroeg wil gaan slaap nie, is daar ‘n lekker lewendige nagklub om die litte los te maak.

Daar is verskeie kleiner spesialis-restaurante aan boord en hier in die steakhouse kan jy die sjefs se vernuf met jou gunsteling biefstuk-maal geniet.

Afrika en die reservate van Suid-Afrika is deel van die reuse koper reliëfkuns in die gange van die skip.

Daar is selfs ‘n reuse kunsgallery aan boord en hierdie kunswerk het my oortuig om aan te droom dat ek nog eendag op een van hierdie skepe die Noordelike ligte of die Noorweegse fjords sal kan sien!

Maar twee eeue later en ons staan aan boord met ‘n glas sjampanje in die hand, net soos passasiers destyds in 1839 gedoen het. Bob Dixon (Cunard – verkoopsdirekteur vir Afrika en die Midde-Ooste) vertel meer oor die afgelope 200 jaar.

“In die laat 1920’s het Cunard weer nuwe kompetisie in die gesig gestaar, toe die Duitsers, Italianers en Franse groot prestige-voerings gebou het. Cunard moes konstruksie op sy eie nuwe superskip te staak, weens die Groot Depressie. In 1934 het die Britse regering Cunard lenings aangebied om Queen Mary te voltooi, en om ‘n tweede skip, Queen Elizabeth, te bou op voorwaarde dat Cunard met die destydse ekonomies-ongesonde White Star Line saamsmelt om Cunard-White Star Line te vorm. Cunard het twee derdes van die nuwe maatskappy besit. Cunard het in 1947 White Star se aandeel gekoop; die naam het in 1950 na die Cunard Line teruggekeer.

“Aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog het Cunard sy posisie as die grootste Atlantiese passasierslyn herwin. Teen die middel van die 1950’s het dit 12 skepe na die Verenigde State en Kanada bedryf. Na 1958 het transatlantiese passasierskepe al hoe meer onwinsgewend geword, toe straalvliegtuie bekend gestel is. Cunard het vir ‘n wyle tot die lugrederymark toegetree met die “Cunard Eagle” en “BOAC Cunard”-lugrederye, maar in 1966 aan die lugrederymark onttrek.

By die geleentheid is van links, Andre Blaine (V&A Waterfront – uitvoerende bestuurder: Mariene & Industrieel), Shaun McCarthy (Whitestar Cruise & Travel – besturende direkteur en eienaar), Michael Thomas (V&A Waterfront – passasierskip terminaal bestuurder), Bob Dixon (Cunard – verkoopsdirekteur vir Afrika en die Midde-Ooste) en Donald Kau (V&A Waterfront – hoof van kommunikasie en openbare betrekkinge).

Cunard het in 1968 aan sy heeljaar diens onttrek om te konsentreer op somer-transatlantiese reise vir vakansiemakers. Die twee Queen-skepe is vervang deur Queen Elizabeth 2 (QE2), wat ontwerp is vir die dubbele rol.

Vandag is die veranderende politieke landskappe die oorsaak van nuwe roetes, omdat vorige roetes ontoeganklik geword het. Hieronder is onder meer hawens in Rusland, die Oekraine en die ontoeganklikheid van die Suezkanaal, wat baie skepe nou dwing om om die Kaap te vaar. Dis natuurlik goeie nuus vir Suid-Afrika en vele passasierskepe doen nou in Richardsbaai, Gqeberha, Mosselbaai en Kaapstad aan.

En dus natuurlik ook die rede hoekom twee van Cunard se skepe agter mekaar in die Kaapstad hawe lê. Terwyl ons kyk hoe die son agter die horison verdwyn, word die laaste vars voorraad en passasiers op die Queen Victoria gelaai.

Mens staan hoog bo die grond op die boonste dek van die skip en het hierdie pragtige uitsig oor Tafelberg en die Moederstad.

Die Queen Victoria maak gereed om die hawe te verlaat. Die maan hang in ‘n sekel oor die skepe.

Op die Queen Mary 2 is daar min passasiers, want hulle geniet die Moederstad terdeë voor hulle die volgende oggend hul seereis voortsit. Heelwat van die passasiers wat in Kaapstad opklim, is Suid-Afrikaners, wat danksy lekker spesiale aanbiedinge vir die SADEK-lande ‘n luukse skeepsvaart na Lissabon en Southampton kan onderneem.

Vir meer spesiale aanbiedinge aan boord een van die Cunard-skepe, besoek www.whitestar.co.za of bel (011) 463 3293 of (021) 100-3300.

Lees ook: Top-uitgewers by SOF Junior, Suidoosterfees se mini-kunstefees vir onnies, skoliere en ouers

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

8 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

11 hours Gelede

My ma se appeltert

12 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

2 days Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.