kategorieë: Ons menseBekendes

Roscoe groet ‘Die brug’ in riller-episode: ‘Ek het ’n voorgevoel gehad’

Chaos het weer geheers op kykNET se Die brug, toe episode vyf die seisoen se grootste bom nog laat ontplof het – en Roscoe was die een wat in die slag gebly het. Roscoe, bekend vir sy waagmoedige besluite en hardekwashouding, het die eerste amptelike deelnemer geword wat uit die spel verwyder is, en sy uittrede was net so vinnig en onverwags as wat dit skokkend was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Geheimsinnige fakkel het die aktiwiteite by Noord- en Suidhuis ontwrig met ’n aankondiging wat groot implikasies vir die verdere verloop van die spel sou hê. Die eerste brief het ’n herstemming vir ’n spanleier gelas en dit duidelik gemaak dat daar voortaan net een leier sal wees en nie meer ’n medeleier ook nie. Nadat die stemme getel is, het die tweede brief die hamerhou toegedien: die speler met die minste stemme sou onmiddellik huis toe gestuur word. In Noordhuis was dit Roscoe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit was ’n skok en ’n harde slag, maar tog met ’n bietjie poëtiese geregtigheid. Vroeër daardie dag is Roscoe aangewys as die “waarnemende speler” en het hy voor ’n morele keuse te staan gekom: beloon hy sy span met ’n motiverende plaasstyl-ontbyt of steek hy R10 000 in sy sak? Getrou aan sy aard het Roscoe die geld gekies – ’n besluit wat hom goed te staan gekom het toe hy ’n paar ure later die spel moes verlaat.

Aan die ander kant by Suidhuis het Hilana dieselfde dilemma in die gesig gestaar, maar in ’n verstommende daad van selfopoffering het sy gekies om haar spanmaats op kos te trakteer en het sy ’n volle R20 000 van die hand gewys.

Na sy eliminasie het Roscoe bely: “Ek het ’n voorgevoel gehad. Dit was nie ’n verrassing nie. Daardie dag het vir my gevoel soos die eerste keer dat die spelers regtig eerlik met my was.”

Hy het ook ’n nugter blik op sy ervaring in Die brug gedeel:
“Ek het al my vrese in die oë gekyk en was my opregte self teenoor almal. Ek het nooit agter iemand se rug gepraat nie, en ek is trots daarop. Ek het geleer om reguit te wees, maar ook om my foute te erken.”

Roscoe het dalk ’n paar spelers warm onder die kraag gemaak tydens sy verblyf, maar hy het nooit voorgegee om iemand anders te wees as wie hy is nie. Hy het met R10 000, ’n paar duur lesse en ’n nuwe lewensuitkyk weggestap.

Maar die spel is allesbehalwe verby. In Suidhuis laai die spanning steeds op. Die uitslag van hulle stemming is nog in die weegskaal, maar hulle weet iemand gaan die trekpas kry. Wie gaan moet tasse pak?

Beleef al die drama van Die brug, Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Lees ook: 10 redes waarom jy rooi rose se Junie-uitgawe móét lees!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Die Kwiksilwers’ breek plaaslike loketrekord & en speel langer landswyd!

Die Kwiksilwers, vervaardig deur Sanktuary Films en geregisseer deur Jordy Sank, vertel die verhaal van vier bejaarde…

22 hours Gelede

‘Net mens’ se nuwe seisoen verken moederskap, verlies en hoop

Van die bruisende strate van Johannesburg tot die wilde skoonheid van Limpopo se bosveld, en…

23 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Arno Greeff oor ‘Die nuusmakers’ en sy nuwe musiek

Met meer as tien jaar se ondervinding in die vermaaklikheidsbedryf is Arno Greeff lankal nie…

1 day Gelede

Groot sjokolade-en-bosbessie-kraakkoekie

Genoeg vir 6-8   Bestanddele   280 ml (1 k + 2 e) sagte botter…

2 days Gelede

Hoenderaftreksel

Maak jou eie hoenderaftreksel. Hierdie resep lewer sowat 2,5 liter. Deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hoenderaftreksel met hoenderkluitjies

Hoendersop word nie verniet Joodse penisillien genoem nie. Daar is bevind dat hoendersop jou werklik…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.