kategorieë: Bekendes

Ryan Reynolds: ’n held vir vandag

Ryan Reynolds is lank en skraal en sy oë sal die hardste hart laat smelt. Hy is nie aantreklik in die tradisionele sin van die woord nie, maar danksy sy sin vir humor en sjarme word hy gou die aantreklikste man in die vertrek. Hy het gevorder sedert sy lawwe karakter in National Lampoon’s Van Wilder (2002), en het hom al bewys as ’n dramatiese akteur (Buried, 2010), komediant (The Change-Up, 2011) en romantiese held (The Proposal, 2009). Van Hollywood se mooiste vroue, soos Scarlett Johansson en Blake Lively het al voor sy sjarme geswig, maar sy voete bly stewig op die aarde. Volg Margaret op facebook.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy is gelukkig en kon ’n tweede keer geluk en liefde vind. Baie mans kan nie die verbintenis maak nie. Hoe kry jy dit reg?
Sonder om te veel oor my eie verhouding te praat kan ek net sê verskillende goed werk vir verskillende mense. Party mense is gelukkig om verskeie informele verhoudings te hê, ander sal vir ’n jaar in ’n verhouding bly, en dan weer ’n nuwe verhouding begin wat ’n jaar lank hou. Ek oordeel niemand nie. Ek doen net wat vir my reg is en wat vir my werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Het jy rolmodelle wanneer dit by verhoudings kom?
Baie van my vriende het lang, suksesvolle verhoudings en ek kan die waarde daarvan sien. Jeff Bridges is ’n goeie voorbeeld. Hy en Sue is al dertig jaar saam en hulle het ’n wonderlike, wonderlike verhouding. Ek streef daarna.

Jy het al verskeie strokiesboekkarakters gespeel. Watter een is jou gunsteling?
Deadpool. Geen ander strokieskarakter kan hom namaak nie. Hy weet dat hy net in ’n strokiesboekwêreld bestaan (lag).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe berei jy jou vir fisieke rolle voor?
Ek oefen, kry opleiding en doen alles wat jy kan doen om soos die karakter te lyk wat jy moet vertolk. Vir aksieflieks moet ek as ’n 38-jarige man meer besorg wees oor wat fisiek moontlik is om te doen. As ek nou op sement val, is dit nie meer snaaks nie, en dit is regtig seer. Ek lê ’n bietjie langer en hoop niemand sien dat ek in pyn verkeer nie (lag). Ek hou daarvan om my eie waaghalstonele te doen, maar ek is nie ’n idioot nie, as dit te moeilik lyk, sal ek dit vir professionele ouens los. As ek seerkry en ek het nog 52 dae oor om te skiet, het ek ’n groot probleem.

Jy hou van ski. Val jy gereeld?
Nee, ek drink nie meer so baie nie (lag). Maar ja, as jy ski, val jy gereeld. Ek het in Vancouver tussen die berge grootgeword. Maar ek werk nou pal en as ek my been breek terwyl ek ski, is ek in die moeilikheid.

Hoe voel dit om ’n pa te wees?
Dis ongelooflik dat iets so algemeen soos kindergeboorte so ’n wonderlike gebeurtenis kan wees. Ek verstaan nou hoekom mense nie uitgepraat raak daaroor nie. Ek het altyd my oë gerol wanneer mense babafoto’s begin uithaal, maar nou stel ek regtig belang wanneer mense hul babas wys. Dis vir my lekker om pa van ’n dogtertjie te wees. Ek sal graag nog kinders wil hê. Dis vir my moeilik om nie by my gesin te wees nie. Dis eintlik aaklig. Ek probeer om hulle ’n prioriteit te maak wanneer ek werk.

Wat was die grootste verrassing van ouerskap?
My geduld. Ek het eindelose geduld wanneer dit by my dogtertjie kom. Ek sal vyf keer in ’n nag met ’n simpel glimlag op my gesig opstaan om doeke om te ruil. Ek is mal daaroor. Jy waardeer jou eie ouers ook meer omdat jy besef dat hulle dieselfde vir jou gedoen het (lag).

Jy hou daarvan om foto’s van die baba te neem.
Ja, ek kan nie ophou nie. Ek is bly ons het oorgeskuif van film na digitaal anders was ek bankrot.

Het jou persepsie van tyd verander sedert jy ’n ouer geword het?
Wanneer ’n mens ouer word, voel dit asof tyd baie vinniger verbygaan. Binnekort sal James twee wees, en as ons goed na onsself kyk en ons word negentig, voel dit steeds nie of dit genoeg tyd is nie. Ek wil meer hê. Ek verstaan hoe dit werk maar ’n mens dink anders daaroor as jy kinders het.

Hoe kry twee besige akteurs dit reg om ’n kind groot te maak?
Ons werk nooit tegelykertyd nie. Ons was onlangs saam in Australië terwyl Blake aan ’n fliek daar gewerk het.

Kan jy jou eerste liefde onthou?
Ja, ek was elf. Sy het elke dag in die bus gery wat in die teenoor-gestelde rigting as ek gery het. Ek het gereeld op die verkeerde bus geklim net sodat ek 45 minute lank langs haar kon sit.

Het jy al ooit deur ’n moeilike tydperk in jou lewe gegaan?
Ja, ek het in my vroeë twintigs gesukkel, soos baie mense wat sedert hul kinderjare in die vermaaklikheidsbedryf werk. Dit kan gevaarlik wees om as tiener in Los Angeles in die kollig te leef en deel van daardie wêreld te wees. Gelukkig was dit voor die tyd van kamerafone en skinderwebwerwe. Ek het baie daaruit geleer en het hulp gekry. Nie iets soos rehabilitasie nie, maar ek het vir terapie gegaan. Ek het ook al elke selfhelp- en geestelike boek op die planeet gelees, wat my baie gehelp het.

Watter karaktereienskap het jou die meeste hiermee gehelp?
Empatie. Dis wat my elke keer deur ’n moeilike tydperk help. Vir ander en myself. Elke keer as ek iemand ontmoet wat kwaad, gemeen of irriterend is, probeer ek onthou dat hulle eens ’n kind was wat iewers seergekry het, en dit nou uitleef. Maar dis wel belangrik om perke te stel.

Waaroor is jy nou passievol?
My dogter natuurlik. Maar ek is ook passievol daaroor om saam met goeie rolprentmense te werk. Ek het my hele span verlede jaar verander, so dit is opwindend om saam met ’n nuwe groep mense te werk.

Wil jy spesifieke soort rolle aanpak?
Nee, ek het nog nooit my loopbaan so beplan nie, maar ek is op soek na die regte rolprentmakers. Ek gee nie om of ek net vyf reëls of duisend reëls in ’n fliek het nie, solank ek deel van die regte soort fliek kan wees, sal ek dit doen.

Hou jy van spoed?
Ek bestuur soos ’n ou tannie en hou nie regtig van vinnige motors nie, maar motorfietse is ’n ander storie. Ek is ’n groot motorfietsentoesias en neem gereeld aan motorfietsrenne deel. Ek hou ook daarvan om ou motorfietse te herstel.

Jy lyk altyd goed versorg. Hoe kry jy dit reg?
Ek wens ek kon sê ek het vyf uur voor die spieël deurgebring voor ek hierheen gekom het, maar nee. Ek hou dinge basies. Sjampoe, seep en tandepasta, en ek is gereed.

Help Blake jou om jou uitrustings bymekaar te sit?
Ja, sy is my persoonlike spieël. Ek dink baie paartjies gee insette in hul maats se styl.

Sonder watter kledingstuk kan jy nie klaarkom nie?
Omdat ek so baie tyd op my motorfiets deurbring, sal ek sê ’n leerbaadjie, een van daardie goeie ou soort wat ’n paar klappe kan weerstaan. Myne is tien jaar oud en is al ’n paar keer herstel.

Wie is jou styl-ikoon?
Ek is mal oor Cary Grant. Ek kan na enige foto van hom kyk en ek sal hou van wat hy aanhet. Hy het ’n paar gunstelinge gehad, en toe hy al ouer was, het hy veral graag so ’n bruin trui gedra. Ek is vriende met sy dogter, Jen, en sy het daardie trui vir een van ons vriende gegee.

Hoe “ontsnap” jy?
Op gesonde maniere. Ek gebruik nie meer LSD nie (grappie). Ek klink seker nou al soos ’n plaat wat vashaak, maar ek klim op my motorfiets. As ek gestres voel, sal ek ’n entjie gaan ry en ná net vier myl of so, is ek weer piekfyn.

Jou gunstelingkos?
Soesji. Ek is mal oor soesji.

Wat het jy met jou eerste salaristjek gekoop?
Toe ek klein was, het ek drie jaar koerante afgelewer. My pa het my gedwing. My eerste “regte” werk was in ’n kruidenierswarewinkel. Ek het twee jaar van middernag tot agtuur soggens gewerk. My salaris het net my huur betaal. Ek het uit die huis getrek toe ek 16 was en moes van jongs af vir myself sorg.

Meer oor Ryan Reynolds

• Ryan Rodney Reynolds is op 23 Oktober 1976 in Vancouver, Kanada, gebore.
• Hy is die jongste van vier broers.
• Op 15 het hy sy eerste TV-rol gekry in die Kanadese sepie, ‘Hillside’.
• Hy was voorheen verloof aan Alanis Morisette (2002 – 2006).
• Hy was getroud met Scarlett Johansson (2008 – 2011).
• Ryan het uiteindelik ware liefde gevind saam met Blake Lively met wie hy in 2012 getroud is. Hulle het ’n dogter, James.
• Ryan het Blake ontmoet met die verfilming van Green Lantern (2010) waarin albei gespeel het. Hy het al verskeie strokieskarakters in flieks vertolk.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.