kategorieë: Skoonheid

Donker lipstiffies, laat dit so langer hou

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kyk net hoe mooi is hierdie lipkleure! Die eerste twee foto’s (sien onder) is deel van M.A.C Cosmetics se Red 70’s-voorkoms wat by vanjaar se winter-modeweek te sien was. Rooi lippe vir hierdie seisoen is meer Woodstock as Hollywood. Baksteen retro-rooi kleure neem oor by die Russiese skakerings. Dink roes, Bordeaux, boergonje, tabak, cognac en eiervrug, om maar ’n paar te noem. Grimeerkunstenaar Val Garland beskryf dit as “koeler en minder damesrig as tradisionele rooi kleure.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Foto 1 is by ontwerper Blugirl se vertoning gebruik. Probeer M.A.C Viva Glam 3, (R220) saam met M.A.C Clear Lipglass, (R220) en foto 2 by Carolina Herrera se vertoning. Probeer M.A.C Lipstick in Diva, (R220).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Foto 3 – hierdie mooi lippe was by Dior se Ready to Wear Fall-Winter 2016/2017-vertoning te sien. Grimering geskep en stileer deur Peter Phillips. Dit is beslis ’n groot gunsteling wat ek hierdie winter wil probeer. Dior Rouge in Poison is op die lippe gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wenke vir donker lippe

Donker lippe lyk pragtig, maar ons almal weet om dit mooi te laat bly, neem ekstra moeite. As jy nie een is vir moeite nie, is hierdie nie vir jou nie. Ryno Mulder, grimeerkunstenaar en handelsmerkbestuurder vir Bodyography, gee sy wenke vir donker lippe en hoe om kleure langer te laat aanbly.

Stap 1
’n Lippotlood verseker dat jou donker lipkleur mooi lyk en lank aanbly. Begin by jou Kupido-boog: die area in die middel van jou bo-lip. Trek ’n v-vorm met ’n dieprooi potlood. Omlyn nou die res van jou bolip asook jou onderlip.

Stap 2
Teen hierdie tyd sal jou lippotlood se punt stomp wees. Gebruik dit net so en kleur jou hele mond daarmee in. ’n Lippotlood het ’n droër tekstuur as lipstiffie en die kleur sal daarom langer aan jou mond kleef.

Stap 3
Wend jou gunstelingbessiekleur-lipstiffie aan. Klad jou mond met ’n sneesdoekie om oormatige vog te absorbeer. Wend nog ’n laag lipstiffie aan. Tik kleurlose setpoeier (translucent powder) rondom jou mond aan. Dit verhoed dat jou bolip of ken blink en verseker dat jou lipkleur nie bloei nie.

Slim wenk
As jou lipkleur gesmeer het of onnet lyk, doop ’n oorstokkie in gesigreiniger en vee die merkie af. Omlyn daarna jou mond met verbloemroom. Dit sal die buitelyn van jou mond sterk definieer.

Deel
Gepubliseer deur
Suzanne Kotzé

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.