kategorieë: WenkeSkoonheid

Teenveroudering: Hier’s hulp

V: Ek is 56 jaar oud, vol plooie en sukkel steeds met aknee en ’n sensitiewe vel. Ek is tans op hormoonterapie en maak my vel soggens en saans noukeurig skoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

A: Dit is nie altyd dat puisies in die gesig net aknee is nie. Die veltoestand rosacea kan ook klein puisies, rooiheid, ’n droë gevoel en sensitiwiteit van die vel veroorsaak. Dit word heeltemal anders as gewone aknee behandel. Volwasse aknee is ’n algemene toestand en kan doeltreffend deur ’n dermatoloog behandel word. Sekere rome kan aknee en rosacea gewis vererger. Die belangrike eerste stap is om seker te maak van die diagnose en ek stel voor dat jy ’n dermatoloog spreek. (Dr. Willie Visser, dermatoloog aan die Universiteit van Stellenbosch)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

V: Ek is al in my veertigerjare en wonder hoe ek my grimering kan aanwend sodat ek jonger kan lyk?

A: ’n Gloeiende vel lyk altyd jonger, vermy ’n poeieronderlaag en verbloem puisies en donker kringe onder jou oë. Beklemtoon jou wenkbroue, wangbene, brug van jou neus en die hartjie van jou lippe. Gebruik ’n mat verbronsingspoeier in die holte van jou wange, onder jou wangbene, slape en onder jou kakebeenlyn. Wees versigtig dat geen kwashale sigbaar is nie. Krul ook jou wimpers en gebruik ’n blosser met ’n gesonde kleur op die appels van die wange. (Marlinette Newman, vryskut haar- en grimeerkunstenaar van Kaapstad)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

V: Ek het fyn, steil hare wat gou vetterig word. Ek was met ph-gebalanseerde sjampoe en vermy opknappers. Enige raad?

A: ’n Kombinasie van die regte produkte en ’n gesonde dieet is noodsaaklik. Eet vars vrugte en groente en vermy olierige kos omdat dit die olie-afskeiding op die kopvel kan beïnvloed. Dis belangrik dat die ph-gebalanseerde sjampoe tussen 4,5 en 5,5 op die ph-skaal lê, die meeste salonprodukte is reg. ’n Opknapper is altyd nodig, maar wend dit net van die middel van die hare tot die punte aan. Was jou hare met plat hande en nie met jou vingers nie sodat jy nie die kopvel stimuleer wat dan meer olie sal afskei nie. ’n Mens is geneig om verskriklik te was as jy olierige hare het, maar dit is nie nodig nie. (Steven Philips, haarstilis en eienaar van Absolut Hair, Clairemont, Kaapstad)

V: Ek sukkel al jare lank met selluliet, hoe onstaan dit en hoekom kry maer vroue ook selluliet?

A: Selluliet is algemeen by vroue en heelwat faktore kan die verskynsel veroorsaak, soos hormonale skommelinge, dieet, alkohol, rook en min oefening. Vroue se vetselle word in silindriese kamers georganiseer. Die deurlaatbaarheid van die kapillêre netwerk maak bloedsirkulasie stadiger, en die limfstelsel word stadiger sodat oortollige vloeistof stadiger verwyder word. Hierdie proses vind plaas wanneer die vetselletjies begin swel. Gevolglik vorm vetselletjies in die bindweefsel deur die kollageen en veroorsaak die kuiltjie-effek van selluliet. Die probleem is nie net vet nie, maar kan ook ’n probleem wees met die bindweefsel, limfstelsel, bloedtoevoer, dieet en lewenstyl en daarom kan maerder en aktiewe vroue ook met selluliet sukkel. (Isabel Roos, uitvoerende direkteur van die Isa Carstens Akademie in Stellebosch en Pretoria)

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.