Silwerskerm se bestes met spogtrofeë vereer

Silwerskerm se bestes met spogtrofeë vereer. Deur Maryke Roberts.

Die fees se blinknuwe glasbeeldjies, geslyp deur die kunstenaar Lothar Böttcher, is by die Tegniese Toekenningsgeleentheid in die Theatre on the Bay uitgedeel, waarna die wenners van die hooftoekennings by n spoggerige geleentheid in die Bay Hotel vereer is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Al die kortfilms is nou op DStv Now of DStv Catch Up te sien, en:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Vlugtig is reeds op DStv BoxOffice beskikbaar.

Gaia is vanaf 22 April op Dstv BoxOffice.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Beurtkrag sal van 16 Junie af op DStv BoxOffice wees.

Indemnity is vanaf 13 Mei in Ster Kinekor-teaters te siene, waarna dit op Dstv BoxOffice vrygestel sal word.

Die Stiekyt en Down so longDStv BoxOffice datums sal later bevestig word.

Lees ook: Silwerskermfees in volle swang in Kampsbaai

Suid-Afrika se eerste ekologiese gruwelfliek Gaia het die Silwerskermfees se gesogte toekenning vir Beste Speelfilm opgeraap. Dié grondverskuiwende plaaslike rolprent met Jaco Bouwer, Tertius Kapp en Jorrie van der Walt as vervaardigers, het ook die toekenning vir Beste Regisseur aan Jaco Bouwer besorg. Voorts het Gaia die toekennings vir Beste Grimering en Haarstilering, Beste Redigeerder en Beste Klankontwerp ingepalm.

Foto: Jaco Bouwer, Jorrie van der Walt

Paul du Toit het die toekenning van beste akteur in ‘n speelfilm vir Stiekyt gewen.

Foto: Paul du Toit

Nege speelfilms het vanjaar meegeding om dié gesogte pryse en vanjaar se amptelike inskrywing vir die Oscars, Barakat, het ses toekennings losgeslaan, insluitende die prys vir Beste Draaiboek. Dié teks is neergepen deur die veelbekroonde filmmakers Amy Jephta en Ephraim Gordon, wat hul eerste tree in die bedryf in 2017 by die fees gegee het met n kortfilm wat gewen het.

Foto: Kyle Shepherd

Vanjaar se Beste Kortfilm, Leemtes en leegheid, herskryf Silwerskermfeesgeskiedenis. Dis die eerste keer dat n kortfilm as die Gehoorgunsteling aangewys word. Boonop word die vervaardiger en regisseur van dié roerende film, Gabriella Blumberg en Jordy Sank, deur die NFVF geborg om een van die wêreld se vernaamste filmfeeste, die Berlinale in Berlyn, by te woon.

Foto: Gabriella Blumberg, Samantha Pelleret, Jordy Sank, Terence Makapan

Dit was egter nie die enigste verrassing by vanjaar se plegtighede nie. Die Beste Akteur en Aktrise in n kortfilm, Marlo Minnaar en Carla Smith, se uitmuntende werk word beloon met n mentorskap-sessie deur die fees se beskermheer, Arnold Vosloo.

Foto: Carla Smith

Drie van die skrywers wat hul idees neergepen het vir die Draaiboeksoek-kompetisie het ook gehoor dat hulle R50 000 elk gewen het. Die pryse is toegeken aan AnnMaree Barry, Jan Lampen en Mariska Denysschen.

Twee legendes in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf, die Silwerskermfeesstigters Jan du Plessis en Karen Meiring, is ook vir hul uitsonderlike bydrae tot die plaaslike filmbedryf vereer.

Die lys wenners:

Speelfilms

Beste speelfilm

Gaia

Beste regisseur Speelfilm

GaiaJaco Bouwer

Beste akteur Speelfilm

Stiekyt Paul du Toit

Beste akrise Speelfilm

Barakat Vinette Ebrahim

Beste draaiboek

Barakat

Beste manlike byspeler – Speelfilm

Stiekyt Albert Pretorius

Beste vroulike byspeler Speelfilm

BarakatJune van Merch

Beste oorspronklike musiek Speelfilm

BarakatKyle Shepherd

Beste kostuum-ontwerp Speelfilm

Barakat Ayesha Khatieb

Beste grimering en haarstilering Speelfilm

Gaia Sulani Saayman

Beste produksie-ontwerp Speelfilm

Barakat – Sumaya Wicomb

Beste klank-ontwerp Speelfilm

GaiaTim Pringle

Beste kinematograaf Speelfilm

StiekytEduan Kitching

Beste redigeerder Speelfilm

GaiaLeon Visser

Kortfilms

Beste Kortfilm

Leemtes en leegheid

Beste regie Kortfilm

My BeskermerD.W. Smith (Diana Mills Smith)

Beste akteur Kortfilm

Aan/AfMarlo Minnaar

Beste aktrise – Kortfilm

SkynCarla Smith

Beste ensemble Kortfilm

Skyn

Beste oorspronklike musiek Kortfilm

Bennie BingoRyno Posthumus

Beste produksie-ontwerp Kortfilm

Baber

Beste redigeerder Kortfilm

Die Horries – Regardt Visser

Beste Kinematograaf Kortfilm

BaberJustin Youens

Beste draaiboek Kortfilm

Leemtes en leegheid – Jordy Sank, Terence Makapan

Beste bestaande werk

Ekstasis

Gehoorgunsteling

Leemtes en leegheid

Spesiale benoeming

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.