kategorieë: Ontspanning

Silwerskermfees: bestaande films

By vanjaar se kykNET Silwerskermfees is daar benewens die 15 kortfilms wat hul debuut maak, en die tien vollengte-films – met agt wat hul première by die fees het – ook ’n sterk aanbod van bestaande films.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Kortfilms

Borders

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie aangrypende romantiese drama draai om die omwettige liefde tussen Armand en Maria in 1981 op ’n plaas in die Vrystaat. Armand, ’n jong boer, ontdek hy het gevoelens vir sy huishulp en vriendin uit sy kinderjare. Maria begin onthou hoe hulle saam grootgeword het en die tye wat hulle saam deurgebring het. Armand se ma verbied hom egter om haar te sien. Dit is die verhaal van twee mense wat deur die gevolge van hul verbode liefde in die gesig gestaar word. Met Orgo Rautenbach, Dimpho Mosala, Candra Rennie, Danie van der Westhuizen, Cynthia Phologane en Jeanette Mosala.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Brothers

Twee broers, Miguel en Samuel, is vasgekeer in ’n kamer nadat hulle van ’n groep besmette wesens gevlug het. Samuel is gebyt en besef dat hy binnekort sal doodgaan. Daar is nog geen doeltreffende middel teen die infeksie nie, maar hy sê niks vir Miguel nie omdat hy hom nie wil ontstel nie. Miguel besef egter dat sy broer gebyt is omdat hy die simptome begin sien. Wanneer hulle voorrade min word, dring Samuel daarop aan dat sy broer hom vir hulle albei se onthalwe doodmaak, maar Miguel weier. Met Juan Fred Weir en Chris van Rensburg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dearest Elle

Elle het ’n roetine en sy volg dit slaafs. Elle is verveeld en taamlik eensaam. Sy ontvang weekliks ’n brief. Dit kom van iemand wat haar bitter goed ken, iemand wat haar mis en graag weer die dapper, gelukkige Elle wil sien. Die briefskrywer se woorde dra haar deur die week en berei haar voor op Donderdag, die dag van die week wat tel, die dag waarna sy uitsien, die dag waarmee sy nog altyd hopeloos was. Hierdie week mag dalk beter wees. Miskien sal Elle hierdie Donderdag moedig wees; dalk gaan Elle glimlag. Met Jenna Dunster.

Lovepsych

’n Aweregse, melancholiese drama oor ’n kantoorliefde tussen Marceline en Frances. Die aksie speel af in die hart van Johannesburg waar ’n reeksmoordenaar paniek saai. Met hoegenaamd geen dialoog tussen die karakters nie, is Lovepsych ’n boeiende en ongewone kortfilm oor kantoorromanse, bedrieglike uiterlikes en die onbeteuelbare drang om dood te maak. Sal liefde seëvier of gaan die bose oorwin? Met Tana Ferreira, Frans van Wyk en Pierre du Plessis.

Ons het Geklim

’n Poëtiese film wat oor ’n tydperk van twee jaar in Gauteng verfilm is en bergklim as tema het. Die beelde praat met ’n oorspronklike teks wat deur PJ Kotzé geskryf is, deur Jaco van der Merwe (Bittereinder) vertel word en is onder begeleiding van musiek deur Kidofdoom.

Partners

’n Jong man en vrou word gekonfronteer met die probleme wat hul afbrekende verhouding veroorsaak. Die vrou bring haar eensydige perspektief op hul verhouding tot uitdrukking deur elke beweging van die man te dokumenteer, terwyl sy terselfdertyd probeer vrede maak met die konserwatiewe manier waarop sy grootgemaak is. Sy verduidelik wat hulle gebring het tot waar hulle nou is, en besluit om hom van sy eie medisyne te gee, maar dan ruk dinge hand uit. Die jong man vertel sy kant van die storie in ’n poging om sin te maak van die malligheid. Nie een van die twee is mooi seker waarvoor hulle hul ingelaat het nie. Al wat hulle weet, is dat hulle blykbaar vennote in dié vreemde onderneming is. Met Mija Labuschagne en Daniel Jean le Roux.

Run Scrum Score

Derrick is ’n toegewyde rugbyspeler van ’n klein dorpie wat vir die plaaslike klub wil speel. Suid-Afrikaanse rugby behels ’n groot deel van die dorpskultuur. Derrick lyk nie soos die waarskynlikste ou om ’n rugbyheld te word nie, maar dit keer hom nie om sy droom na te jaag nie. Hy is vasbeslote om daardie oop plek in die span te kry. ’n Filmspan volg Derrick terwyl hy voorberei vir die proewe. Dié donker mockumentary-styl komedie gaan net soveel oor die lewe as oor rugby. Met Bouwer Bosch en Lizmari van der Merwe.

Spel

Drie tienerseuns, Juan, Reinier en Barend, loop van die huis af weg en begin hul eie bende. In ’n bloed-eed beloof hulle hul getroudheid aan die bende en sweer om kontak met hul ou wêreld te verbreek. Hulle vind skuiling in ’n verlate huis en speel hul gunsteling-kinderspeletjies wat tot allerlei aksiebelaaide gebeure lei. Deur ’n blik op die drie tieners se “spel” te gee, spreek die fliek verskeie sosiale kwessies in Suid-Afrika op ’n indirekte wyse aan. Met Kobus de Wet, Sean Smit, Janus Kruger, Chrisna Raavy, Solomzi Sotsaka en Dwayne Aslette.

The Initiate

Toe die dertienjarige Joshua se ouer broer, Ishmail, vir hom wys wat dit is om ’n “man” te wees, word Joshua die ontvoerder in ’n gyselaarsituasie. Alleen vasgevang saam met James, ’n Engels-onderwyser in die hoërskool, sien ons hoedat hulle oor hul noodlot stry. Namate die drama ontvou, word Joshua gedwing om te besluit watter tipe man hy werklik wil wees. Hierdie kort studentefilm fokus op een kritieke aand in die lewe van drie baie uiteenlopende mense. Dit bevraagteken die mate waartoe ons ons eie noodlot bepaal en verken die potensieel noodlottige gevolge van ons keuses. Met Moegamat Zaheer en Shuraigh Meyer.

Tula Tula

Dr. Schmidt is ’n Duitse geneesheer wat ’n posisie onder dr. Sante in ’n landelike Afrika-hospitaal aanvaar het. Kort ná sy aankoms moet hy hulpeloos toekyk hoe sy eerste pasiënt aan malaria sterf. In ’n poging om ’n volgende tragedie te voorkom, begin dr. Schmidt die kindersaal besoek. Hy kyk na een van die siek dogtertjies se lêer en stel vas sy ontvang geen kinien-behandeling vir die malaria waarmee sy gediagnoseer is nie. Toe hy navraag doen, besef hy baie pasiënte is al oorlede omdat die regte medikasie nie toegedien is nie. Dr. Sante laat dr. Schmidt egter verstaan dat sommige pasiënte nie kinien kan ontvang nie as gevolg van die hospitaal se beperkte voorraad. Dr. Sante moet besluit watter kinders die beste kans op oorlewing het, wie mag leef en wie moet sterf – elke dag. Met Greg Kriek, Tshamano Sebe, Anele Matoti en Pumeza Matoti.

Vat die Rap

Vat die Rap fokus op die dekonstruksie en herontdekking van Afrikaanse musiek en kultuur. Dis ’n vars kombinasie van taal, hip hop en reeds ikoniese Afrikaanse musiek. Vat die Rap is waar skepper en kunstenaar ontmoet, ritme en melodie saamsmelt en kulture bymekaarkom. Maar dit gaan nie net oor musiek nie. Dit is ook eerlike kommentaar vanuit ons uiteenlopende gemeenskappe; ’n uitdaging tussen verskillende kleure en kulture om saam ’n unieke, nuwe woord-en-klankskommel te skep. Die dokkie wys hoe befaamde Afrikaanse musikante en skrywers saam met sewe opkomende Suid-Afrikaanse kletsrymers werk om ’n nuwe, betekenisvolle vorm van musiek voort te bring. Met David Kramer, YOMA, V.I.T.O, HemelBesem, Steve Hofmeyr, Churchill Naudé en Anton Goosen.

Dokumentêre films

204: Getting Away with Murder

Brett Kebble was ’n charismatiese sakeman en een van die invloedrykste figure in Suid-Afrika. Hy het egter net so vinnig as wat hy beroemd, ryk en magtig geword het, tot ’n val gekom. Op 27 September 2005 is hy in ’n sluipmoordaanval doodgeskiet. Hierdie dokumentêre film vertel die ware verhaal agter die Brett Kebble-skietdood met die drie moordenaars en belangrikste rolspelers wat die moord in grafiese detail beskryf en voor die kamera herskep. Die sluipmoordenaars is vrygespreek van strafregtelike vervolging in ruil vir hul volledige getuienis ten opsigte van Seksie 204 van die Strafproseswet.

A Tribute to the Frontline States

Die verteller-gids in A Tribute to the Frontline States is Shaka Sisulu, die kleinseun van die bekende vryheidsvegters Walter en Albertina Sisulu en dus self ’n kind van ballingskap. Dié dokkie is ’n huldeblyk aan die alliansie bekend as die frontliniestate wat ’n tuiste in ballingskap aan een van die oudste revolusionêre bewegings in Afrika verskaf het. A Tribute to the Frontline States speur verskeie verweefde stories na en vertel so hoe drie generasies Sisulu’s – Walter, Max en Shaka – ná drie dekades verenig is. Max en Elinor Sisulu, Mac Maharaj, Pallo Jordan, Ruth Mompati, Winnie Madikizela Mandela, Frene Ginwala en ander uitgewekenes kom almal aan die woord.

Bettie

’n Persoonlike portret van die lewe van die kunstenaar Bettie Cilliers-Barnard, gebore op Rustenburg in 1914. Sy word groot op die familieplaas waarna haar kollegejare in Pretoria volg. Haar verskeie besoeke aan Parys as jong vrydenkende kunstenaar dra by tot haar passie vir en uiteindelik onwrikbare toewyding aan die skilderkuns. Haar loopbaan verloop parallel met die goue era van ’n vinnig groeiende Pretoria in ’n polities komplekse Suid-Afrika.

Haar dogter, Jana Cilliers, en kleindogter Lika Berning begelei die kyker op ’n intieme reis deur Cilliers-Barnard se merkwaardige lewe en hoogs suksesvolle loopbaan. Sy word as baanbreker gereken vanweë haar figuratiewe werk met meer as 70 solo- en groepuitstallings wêreldwyd. Haar onbaatsugtige bydrae tot die skilderkuns bly haar grootste nalatenskap. Die Cilliers’s se tuinryke tuiste in Menlopark getuig van haar konstante skeppende ingesteldheid en ’n plek waar ondersteuning en inspirasie gegun word aan jong opkomende kunstenaars. Laat saans in haar ateljee was sy op haar kreatiefste. “Die nag het nie skaduwees nie,” het sy graag gesê. Kleur was haar taal. En haar soeke na klaarheid nimmereindigend. Dogter en kleindogter voltooi die portret van drie generasies van kunstenaarskap. Kort voor Bettie se afsterwe in 2010 lê die kyker saam met hulle besoek af by hierdie uitsonderlike 95-jarige skilder wat aan die einde van ’n verstommende lewe staan.

Ten Year Tightrope

Ten Year Tightrope is die storie van ’n klein groepie Suid-Afrikaanse leiers wat hul rûe op hule eie geskiedenis, tradisies en geloofstelsels gedraai het. Gretha Fox is die verteller van hierdie dokumentêre film oor die persoonlike geskiedenis van mans wat die idee van eksklusiewe nasieskap laat vaar het ten gunste van ’n inklusiewe en gedeelde demokratiese ideaal.
Frederik van Zyl Slabbert, Sampie Terreblanche, Barend du Plessis, Roelf Meyer, Pik Botha en Leon Wessels moes van 1984 tot 1994 ’n naelbyt-dekade van oorlog en vrede en vele rampe deurstaan in ’n poging om hul politieke volgelinge na ’n demokrasie te lei.

The Foreign Minister

Pik Botha se vurige en soms poëtiese terugblikke op sy onstuimige politieke loopbaan as een van die wêreld se langsdienende ministers van buitelandse sake word in hierdie dokumentêr vasgevang. Botha was baie sjarmant, maar ook omstrede vir sy benadering tot verskeie geo-politieke kwessies. In vele opsigte het hy ’n enigma gebly. Hy het aanvanklik apartheid skaamteloos verdedig, maar het later ’n groot rol in die beëindiging daarvan gespeel en uiteindelik was hy een van die min minsters wat in beide regerings gedien het. In sy loopbaan van 40 jaar was Pik Botha beslis ’n geliefde én gehate figuur. Sy plek in die geskiedenis van Suid-Afrika is egter verseker deur sy onvergeetlike toesprake, sy vele geslaagde onderhandeline agter die skerms en die beroemde en berugte parallelle diplomasie wat hy om die braaivleisvuur en in die kroeg beoefen het. Familie, vriende, kollegas en teenstanders van Botha deel in hierdie dokumentêr persoonlike insigte en onbekende stories oor sy lang pad in die politiek.

The Shore Break

Dié drama speel af op die weskus van Pondoland, ’n pragtige agtergrond vir ’n sage wat nuwe lig (en daarmee ook skaduwees) werp op ons problematiese land. ’n Australiese mynmaatskappy se pogings om die plaaslike gemeenskap van Amadiba se guns te wen, bring een van die plaaslike eko-toergidse, Nonhle, in konflik met haar niggie, Zamile. Nonhle is ’n vurige kampvegter vir die bedreigde omgewing waarvan hulle bestaan afhang. Zamile, ’n plaaslike entrepreneur, is sterk te gunste van die titanium-mynbou wat in die vooruitsig gestel word, sowel as die regering se omstrede planne vir ’n snelweg deur die gemeenskap se grondgebied. Hierdie konflik is verder verstrik in politieke intriges en ’n poging om Pondoland se koninklike familie te onttroon. Die drama word genuanseer deur ’n meesleurende klankbaan en evokatiewe sand-animasie. Terwyl eiebelang en “vooruitgang” te staan kom teen morele waardes en ideale, onthul verskeie eenvoudige tonele ’n dieper subteks oor die subkontinent se struwelinge wat baie na-aan plofpunt is.

The Story of African Film

Afrika is deel van filmmaak sedert die ontwikkeling van film, eers as agtergrond vir Europese en Amerikaanse filmmakers en later as verteller van ons eie stories. Hierdie dokumentêre film gaan terug op die spoor van die geskiedenis van film in Afrika tot so vroeg as 1896 toe die Lumière-broers ’n kamerman gestuur het om die piramides in Egipte te verfilm en die Britte kamermanne saam met hulle troepe gestuur het om die Anglo Boere-oorlog in 1899 vas te lê. Filmmakers soos Senegal se Ousmane Sembene het later Afrika-stories uit hul eie perspektief begin vertel.

The Story of African Film reis oor die Afrika-kontinent – van Maghreb in die noorde, Franse en Nigeriese films in die weste, die ontwikkelende stories in die ooste tot die sterk filmkultuur in die suide. Hierdie film uit Afrika wys die beelde van die afgelope 100 jaar soos dit deur baie van haar filmmakers vertel word.

Kaartjies vir die kykNET Silwerskermfees 2015 is beskikbaar by Ticketpro (www.ticketpro.co.za).

Webtuiste: www.kyknet.tv
Facebook: www.facebook.com/silwerskermfees
Twitter: @silwerskermfees #silwerskermfees2015
Instagram: #silwerskermfees2015

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

8 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

1 day Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.