kategorieë: LeesOntspanning

Sjef Snoekie Hoofstuk 10: Angs

Sjef Snoekie Hoofstuk 10: Angs deur Martie Swanepoel. Hooffoto: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Haal gou in met die vorige hoofstukke van Sjef Snoekie! Klik hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sjef Snoekie Hoofstuk 10: Angs

Snoekie draf gou met die trappe op na haar woonstel. ‘n Aanval van paniek en pity party meng in haar krulkop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat sal gebeur as sy ‘n flop maak? Flops gebeur mos wanneer jy dit die minste nodig het? Wat sal gebeur as daai Carlotte haar kos haat? Wat sal gebeur as iets aanbrand of sy te veel sout of iets ingooi? (Sy het nogal ‘n oordadige hand.)

Wat as?

Wat as?

Wat as?

Die paniek kry oorhand. Sy voel sy gaan hiperventileer!

Tjoklits! Sy het tjoklits nodig! Nou dadelik!

Sy grawe in die trommel. Soos ‘n kosbare kleinood vat sy die pers staaf raak.

Die Cadbury’s voel soos ‘n offergawe van die gode in haar hande. Geoefende vingers skeur die papier oop. Sy knak en knibbel. Knak en knibbel. Sy laat ‘n blokkie op haar tong smelt. Hemels. Orgasmies.

Sy proe die glas-en-‘n-half se romerige lekkerte. Dit neem haar oor die Europese kontinent, oor die Sahara, oor die ewenaar, oor die donker hartklop van Afrika, oor die Zambezi … ver oor die Springbokvlakte tot oor die Vaalrivier. In die hart van die Vredefort-koepel kom haar siel tot rus. In haar ouerhuis op die plaas. Sy verlang … sy wil ontsnap … dan tref die werklikheid.

O tjit! Sy moet nog vir Carlotte gaan kook! Wat gaan sy doen? Wat as Alphonse haar na vanaand haat?

Sy bel haar ouma. “Ruk jouself reg,” raas Lucille.

Sy bel haar pa. “Wees net jouself,” troos hy.

Sy kou vervaard aan die laaste stuk Cadbury’s en gaan sit in die Lotus-posisie.

Fokus.

Diep inasem en uitasem wat jy in die diepte van jou maag gaan haal. Sy doen dit so tien keer. Dit voel steeds of haar bors toetrek. Sy probeer weer. Dan gryp sy ‘n papiersak en hiperventileer in die sakkie.

Haar foon lui.

Dis Alphonse.

“Waar de hel bly jy? Kyk hoe laat is dit! Ek wil jou oor tien minute in my kantoor sien met jou spyskaart vir die aand!”

Snoekie se maag knoop op tien plekke. Sy kyk die halfjack Klipdrift-brandewyn raak wat Lucille in die trommel gepak het. Vir noodgevalle soos maaggriep … of vir tipsytert.

Mens weet mos nooit wanneer ‘n maag in die vreemde draaie begin maak nie?

Haar maag knoop, hy draai nie. Maar dis steeds ‘n noodgeval!

Sy draai die doppie se nek om en neem ‘n paar slukke. Dit brand verby al haar chakras tot in haar maag. Warmte vul haar.

Sy sit skielik kiertsregop en neem ‘n diep asemteug. Dan druk sy haar kop in die trommel en pak ‘n paar bestanddele uit. Sy sal dit uit die restaurant se store moet aanvul. Die planne begin vorm aanneem.

Sy sal ‘n geurige beenmurg-sop maak. ‘n Baie klein porsie, bedien met ‘n stukkie kaiing-biscotti, wat sy post Werner in ‘n calorie-waansin uitgedink het. Dit sal Carlotte laat besef sy gaan nou op ‘n smaak-avontuur.

Dan sal sy ‘n delikate plaatkoekie bak en ‘n paar dun snytjies klam Springbok-biltong saam met ‘n dun snytjie Roquefort-kaas en ‘n halwe van haar ouma se ingelegde plaasvye bo-op bedien. ‘n Skeutjie vyestroop en ‘n suggestie van rissie sal die smulpaap se speekselkliere laat kwyl.

Sy sal haar kosbare stukkie gerookte snoek omskep in ‘n geurige viskoekie en ‘n hupse skeppie soetpatat as metgesel maak.

Nagereg sal lekker toffiepoeding uit Lucille se ou basaarkookboek wees. Nie ‘n ongeskikte porsie nie. Die vrou moet luskry vir meer. Dan sal sy ‘n glasie muskadel as afskeidsgeskenk tafel toe stuur. Saam met ‘n egte Vrystaatse droë geelperske wat effe in brandewyn en ster-anys opgekook is en ‘n roomkaas-blertsie op het.

Snoekie besluit sy sal haar geregte met ‘n fyn hand garneer en opdien.

Sy hoop dit sal Alphonse se goedkeuring wegdra. En, natuurlik, Carlotte s’n.

Maar sy is meer bekommerd oor Alphonse se goedkeuring.

Hy sit vooroor gebuig agter sy lessenaar. Hy lyk moeg en moedeloos. Dis die bebrildes en manne met die oorpakke wat die arme man so uitput. Tante Inge se gereelde besoeke alleen behoort enige mens uit te mergel. Die spanning in die restaurant laai by die uur en is al ondraaglik.

Sy wens sy kon om die lessenaar stap en die man ‘n drukkie gee. Eintlik het sy al vlugtig gedagdroom van meer as ‘n drukkie, maar die gevleulde wesentjie op haar skouer het haar dadelik kortgeknip en vermaan. “Die man is buite jou liga,” het die bevlerkte een gewaarsku. “Maar ‘n meisie kan mos maar droom? Mens mag mos ‘n secret crush hê? Hel, ek is mos nog nie dood nie?”  Die een met die vlerke het ook geen genade nie en het haar aan haar dwalinge met Werner herinner.

Maar terug in die werklikheid het Alphonse uiteindelik uit sy neerdrukkende posisie opgekyk.

Sjef Snoekie Hoofstuk 10: Angs

“Jy weet wat ek vandag doen, is totaal ongehoord? Ek meen, dis so ver van die normaal dat dit eintlik bisar is? Ek laat ‘n intern, wat nog rou is, kook vir die mislikste koskritikus in Europa!”

Dit laat Snoekie niks beter voel nie. Sy wens sy het die half-jackie brannewyn en haar bruin papiersak byderhand gehad, want sy voel nog ‘n paniekaanval aankom.

“Ek weet nie hoekom nie, maar ek vertrou jou. Ek is desperaat en moedeloos en ek maak staat op ‘n vroumens wat my eintlik teen die mure uitdryf. Maar dalk is dit hoekom jy ‘n goeie keuse is. Ek het vanaand iets uitsonderlik nodig om Carlotte te verras.”

Sy kyk na sy lang hande wat saampraat. Sy oë gloei van moegheid en emosie. Dan weet sy, sy sal hom nie kan teleurstel nie. Sy sal haar beste probeer.

Sy praat saam met hom deur die spyskaart. Van die smake is vir hom onbekend, maar hy hou van die eenvoud en die kontraste.

Net voor sy uitstap, buig hy vooroor en vee met ‘n servet oor haar mondhoeke.

“Ek sien jy het sjokolade geëet.”

Hoeveel keer gaan sy haar naam nog krater maak voor die man? Haar wange gloei bloedrooi en sy voel met haar tong in haar mondhoeke. Romerige Cadbury’s kuier nog daar.

Juan kyk bekommerd op as sy met haar mandjie bestanddele by haar werkstasie gaan staan.

“Ek is bly ek is nie jy nie. Vandag sloof ek my eerder vir die giftige dwerg af.”

Skielik wens sy sy kon ook eerder vanmiddag op die bevele van die venynige klein Andrea rondgespring het.

Sy pak haar bestanddele uit. Nuuskierige oë hou haar onderlangs dop. Maar dan sluit sy haar kop af. Sy neem haar gedagtes na hulle plaaskombuis en oortuig haarself sy kook vir haar pa en ouma.

Sy kap, meng proe, roer, klop. Geure en kleure meng in haar potte en panne. Aromas kuier in die lug. Haar hart sing saam die gekletter van potte. Dis immers hoekom sy hier is. Om te doen wat sy die beste kan doen. Om te kook.

Daai Carlotte-vrou kan maar kom, sy is reg vir haar!

Daar is ‘n stempos op haar foon. Sy kliek vinnig daarop.

“Haak Vrystaat!” brul haar pa oor twee kontinente.

“Jip, Pappa, ek is reg vir vanaand,” laat sy weet.

Kook saam!

Murgbeensop
  • 500 g bees-murgbene (paar ekstra vir bediening)
  • sout en peper na smaak
  • 8 koppies water
  • ‘n hand vol peperkorrels
  • 1 t piekelspeserye
  • ½ t Himalaya-sout
  • ‘n Groot wortel, in skywe gesny
  • 2 huisies knoffel, gekneus
  • ‘n groot ui, in kwarte gesny
  • Paar stingels seldery, gekap
  • Hand vol pietersielie
  1. Rooster eers die beenmurg. Stel die oond op 180ºC. Bestrooi bene met sout en peper en rooster 10 minute aan beide kante tot goudbruin. Sit eenkant.
  2. Plaas die bene en die res van die bestanddele in ‘n kastrol. (Hou die bene vir bediening eenkant.) Prut ‘n uur en ‘n half oor lae hitte. Die vloeistof moet tot die helfte reduseer. Geur na smaak
  3. Gooi deur ‘n sif, besprinkel met varsgemaalde peper en bedien met ‘n geroosterde sopbeen in die bakkie.

Snoekie se snoek-koekies
  • 900 g gerookte snoek, gevlok, sonder grate
  • 1 lemmetjie
  • 125 ml gekookte patat
  • 125 ml wortels, gerasper
  • klein bossie sprietuie, baie fyn gekap
  • 15 ml vars gemmer, gerasper
  • 300 ml hawermout
  • 50 ml gekapte vars koljanderblare
  • 125 ml mayonnaise
  • 15 ml kerriepoeier
  • 1 groot eier, liggies geklits
  • 15 ml Dijon-mosterd
  • olyfolie
  1. Meng die gevlokte vis met ‘n skeut lemmentjiesap en peper.
  2. Voeg die patat, wortels, sprietui, gemmer, ’n kwart van die hawermout en die koljanderblare by.
  3. Meng die mayonnaise, kerrie, eier en mosterd. Meng met vismengsel. Verdeel in 10 tot 12 viskoekies.
  4. Rol elke viskoekie in die hawermout. Verkil vir minstens ’n uur.
  5. Braai oor medium hitte tot goudbruin aan beide kante. Dreineer op kombuishanddoek.

Toffie-potpoeding
  • 4 e botter
  • 4 e suiker
  • 4 e appelkooskonfyt
  • 2 eiers, geklits
  • 8 e koekmeel
  • 2 t koeksoda
  • 1 k melk

Sous

  • 1 ½ k melk
  • 1 ½ k suiker
  • ½ k room
  • 2 t vanielje
  1. Room botter en suiker. Voeg konfyt en eiers by. Voeg meel bietjies by en meng. Meng koeksoda met melk en voeg bietjies by. Hou beslag eenkant.
  2. Berei die sous: Bring al die bestanddele in ‘n swaarboomkastrol tot kookpunt.
  3. Giet die beslag oor ‘n groot lepel stadig in die kokende stroop. Moenie roer nie, plaas deksel dig op en kook oor matige hitte vir 25 minute. Verwyder van hitte en laat 10 minute rus.

Op soek na nog lekker vermaak? Loer hier

Kortverhaal: Om Vrij te raak

Voorlesing: Botox, Barbies en Bietse

Voorlesing: Dans met die rooi rok

Voorlesing: Lam in Wolfsklere

Vervolgverhaal: Vlam

Vervolgverhaal: Annemieke Mentz

Vervolgverhaal: Stervanger

Laai dit af: Raaisels en woordspeletjies

Laai dit af: Raaisels en nommerspeletjies

Laai dit af: Inkleurboek

Laai dit af: 3 lekker aktiwiteite vir grootmense en kinders

Laai dit af: 10 hekel- en breipatrone om nou af te laai

Laai dit af: Kleur Manolo Blahnik se skoen-ontwerpe in

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.