kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Skep só vrede in jou huis

Skep so vrede

Probeer wegkom van reg en verkeerd: Ek is reg en jy is verkeerd. Met so ’n benadering kan jy die geveg wen, maar jou maat, kind en die verhouding verloor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bly stil of kies jou woorde versigtig. Kwetsende antwoorde wond en gooi nog petrol op die woedevuur. Dit verskraal die kanse op ’n oplossing.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vra om verskoning vir jou aandeel, al is dit kleiner of volgens jou onnodig om jammer te sê. Die woordjie “jammer” bou brûe en heel harte. Verskonings en ruimhartige, grootmoedige nederigheid is die beste wapen teen woede en wrokkigheid. Eiesinnige, kleingeestige trots breek harte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Behandel jou huismense met dieselfde respek en goeie maniere as waarmee jy behandel wil word, en waarmee jy kollegas en vriende behandel. As jy respek en geduld gee, kry jy respek en geduld terug.

Soek oplossings en kompromieë wat vir albei kan werk. Kry gedeelde doelwitte en sien julle as deel van dieselfde span, nie as mededingers nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kies jou tyd slim wanneer jy moeilike dinge aanraak. As iemand moeg, oorwerk, ontsteld of kwaad is, is dit gewoonlik die verkeerde tyd. Wag tot albei rustig en kalm is.

Gee meer as wat jy vra: meer luister, waardering en intimiteit. Wys liefde met aanraking – dit werk wondere as mense geliefd en gekoester voel. En verminder kritiek.

Kommunikeer jou behoefte duidelik, eerder as om te kritiseer wat die ander een verkeerd doen: “Ek mis jou en het behoefte aan meer tyd saam met jou”, sal ’n heel ander reaksie uitlok, as: “Is dit nou ’n tyd om by die huis te kom? Jy het ook nooit meer tyd vir my nie.”

Moenie ander mense by jul verskille betrek nie, of by ander se gevegte betrokke raak nie. Laat jou man sy eie verhouding met sy kinders uitwerk, of hulle met mekaar, behalwe natuurlik in gevaarlike situasies of mishandeling.

Humor. ’n Glimlag keer werklik die grimmigheid af.

Kies jou gevegte slim. Gaan dit oor ’n week of ’n maand nog saak maak? Indien nie, los dit.

Vermy sinne wat met “jy” begin. “Jy doen nie dit of dat nie …” Begin liewer jou sinne met “Ek voel … wanneer …” Dit beskuldig of veroordeel nie.

Praat oor die gedrag en nie oor die persoon nie: “Dit was nie ’n slim ding om te sê nie.” En nie: “Jy is ’n idioot om so iets te sê,” nie.

Die basis vir ’n gesonde verhouding en goeie kommunikasie, is vertroue en veiligheid. Dit skep rustige, konsekwente en toeganklike optrede én regverdige ooreenkomste met mekaar. Dan kan albei eerlik wees sonder om aangeval, veroordeel of gestraf te word.

Moenie dreig nie. En as jy dreig, doen tot die letter toe wat jy sê. Dan neem mense jou ernstig op, luister as jy praat en baklei julle nie telkens oor dieselfde goed nie.

Onderhandel vooraf met mekaar oor alternatiewe maniere van konflikhantering, soos ’n teken wat sê: Kom ons stop die gesprek nou hier, voor ons dinge sê wat seermaak en liewer kon gebly het.

Dit help dikwels om vir mekaar briewe te skryf, want woorde op papier is gewoonlik rustiger, deurdag, meer neutraal en sonder emosie. En die ander een het tyd om te dink voor hy reageer. Dit help albei om die situasie mooi te ontleed.

Kyk met een sagte, aanvaardende oog na jou huismense mét hul tekortkominge. Maar kyk met twee objektiewe oë na jouself en jou aandeel in die verskille. En verander jóú styl sodat jy nie oorsensitief oorreageer nie.

Lees ook: Waar is die vrede in jou huis?

’n Strategie wat kommunikeer en nie konfronteer nie

1 Luister net tot sy klaar gepraat het:
Luister om werklik te probeer verstaan wat die ander een sê, dink en voel. Moenie in jou kop besig wees met teenargumente, haar in die rede val, of ’n oordeel oor haar standpunt gee deur te sê dis onwaar of verkeerd nie. Moenie in die stadium jou standpunt gee of van haar verskil nie. Jou maat sal ervaar dat hy en sy mening gerespekteer word.

2 Kontroleer of jy werklik verstaan het.
“Verstaan ek jou reg, … jy dink of voel dat …” Kontroleer wat jy gehoor het, of jou afleidings, deur ’n opsomming te gee van wat sy gesê het. As jy in die kol is, sal julle die ervaring hê dat julle mekaar verstaan en werklik kan kommunikeer. En as jy verkeerd is, sal sy jou reghelp.

3 Vra vir meer inligting.
“Verduidelik vir my wat laat jou dit sê, of wat laat jou so dink? Ek is nie seker ek verstaan nie.” Met al die inligting en begrip, verander die prentjie meestal vir een of albei persone, en is dit makliker om aanpassings te maak, want niemand hoef te erken hy was verkeerd nie. Begrip vir mekaar laat mense beleef dat hulle ernstig opgeneem word en saak maak. Hierdie drie stappe voorkom gewoonlik reeds die meeste verskille. Maar as julle steeds verskil, volg die volgende twee stappe:

4 Kommunikeer begrip vir die ander persoon:
Soek iets in sy standpunt waarvoor jy begrip het, of waarmee jy kan saamstem. “Ek verstaan dat dit vir jou belangrik is, of dat jy so ’n behoefte het … Ek dink jy is reg met …” Julle het dan die ervaring dat julle met mekaar kan praat.

5 Stel nou eers jou standpunt:
“Ek verstaan jou standpunt, tog dink ek ’n mens kan dit ook anders sien,” of “Ek dink ’n bietjie anders hieroor …” en bly dan stil. Dan sal die persoon jou vra hoe jy dit sien en na jou luister. Dis jou geleentheid om jou standpunt te verduidelik. Moenie die woord “maar” gebruik nie. “Ek verstaan, máár … ” Dikwels vee “maar” alles uit wat vooraf gesê is. “Jou toets is goed, maar …”

Die strategie werk uitstekend, ás jy dit toepas. Dit verg natuurlik oefening en kom nie vanself nie. Vir die meeste mense kom dit eerder vanself om te veel te vinnig te sê. Om net rustig te luister tot iemand klaar gepraat het, is moeilik, maar die moeite werd.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.