kategorieë: Bekendes

10 redes waarom jy die Desember-uitgawe van rooi rose móét lees!

Voorbladster Minki van der Westhuizen is vrolik op pad na 40!

Haar glansryke dae is vir eers verby, maar haar lewe raak net lekkerder, veral as mens hoor wat haar groot planne vir 2023 is…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wil jy by Hermanus herlaai?

WEN verblyf van drie nagte vir twee mense ter waarde van R20 000 by Hermanus Boutique-gastehuis.

Steel die kollig hierdie somer!

Kleurryke klere is nou hoogmode. Ons wys jou hoe om jou swembroek te dra vir ‘n koel en modieuse voorkoms.

Veloplossings in ‘n kits

Ons Desember-uitgawe verken ses vinnige en doeltreffende velbehandelings wat jou voorkoms en gemoed net betyds vir die feestyd sal opkikker.

Ons gesels met Corli Botha

Die sjef en kos-entrepreneur het oplaas ware liefde gevind, daarom glo sy die verlede se seer kan mens sterker maak op pad na toekomstige sprokiesgeluk.

In ‘n stil straat op Gordonsbaai kruip ‘n kleurryke en interessante huis weg…

Baie mense se grootste droom is om in ‘n plek te bly wat hulle self opgeknap en volgens hul eie styl omskep het. Twee eertydse Gautengers wys hoe hulle ‘n doodgewone huis aan die Kaapse kus in iets besonders verander het.

Koue kos vir Kersfees

Wanneer die kwik styg , wil jy verkieslik koel bly. Koue vleis en slaai is net die antwoord. Met ons resepte hoef dit ook nie vervelig te wees nie!

Foto: Australian Women’s Weekly

Hou op toutrek: Raad aan geskeide ouers

Daar is geen wenners in ‘n egskeiding nie, nie vir een van die ouers, of vir die kinders nie, maar ouers kan hul kinders help om die trauma te verwerk deur vir ‘n gesonde verhouding met albei ouers te sorg.

Plantplanne

Hou jou tuin in ‘n goeie toestand met ons idees.

Is ons onderwysers uitgebrand?

Ons vertrou ons kinders aan hul onderwysers toe, maar vra nie noodwendig hoe dit met húlle gaan nie. Hoe het die pandemie onderwysers beïnvloed? Watter uitdagings ervaar hulle op die oomblik? Bewustheid, veral onder ouers, kan tot ‘n gesonder omgewing lei.

Lees ook: Die 5 belangrikste beleggings vir jou huis

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 hours Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

4 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

5 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

8 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.