kategorieë: Wenke

So is ‘Paula’ se hare gedoen

Wie sou kon raai dat die blonde Paula van 7de Laan so mooi kan lyk met bruin hare?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Haarstilis, Morné Marx, vertel meer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Paula, die blondine

As blondine was Paula se rol ’n bietjie van ’n “airhead”. Ons moes elke twee weke haar hare weer blond kleur om te keer dat dit uitgroei. Al die gebleik het die toestand van haar hare beïnvloed en ons het besluit om eerder haar hare donkerder te maak; nader aan haar natuurlike kleur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Paula, die brunette

Paula se karakter het meer volwasse en gesofistikeerd geraak en die nuwe haarstyl pas hierby. Die manier waarop haar hare nou gekleur is, bruin met die effense ligter punte (sombré word die styl genoem), is ook meer “trendy” en Paula is immers ’n styl-ikoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Ons het eers baie bruin ingesit en ’n paar blonde strepies en toe haar hare in ’n bob gesny.
Twee weke later het ek dit sombré gemaak (’n meer natuurlike weergawe van die ombré-voorkoms waar die hare steeds donker bo is en ligter onder, maar die voorkoms is meer natuurlik en minder opsigtelik).

Daar is gebruik gemaak van die “flashlight”-metode waar mense sommige dele rondom die gesig ligter verf; sodat dit net lyk of dit natuurlik lig vang.

Op die oomblik doen ek balayage (waar ek ligstrepies vryhand aanverf om dit te laat lyk of dit natuurlik lig vang) sodat haar wortels en punte se kleur bymekaar kom.

Stilering
Paula (Diaan Lawrenson) het wonderlike hare; baie hare en swaar; elke stilis se droom en sy lyk selfs mooi met nat hare.

Krulle

As Paula “fabulous” voel, is haar hare gekrul. ’n Groot “barrel” krultang word gebruik en dan word haar hare lekker uitgeskud.

Vir spesiale geleenthede neem ons dit op.

Reguit

As sy en Altie baklei of wanneer sy net broos voel, blaas ons dit net mooi sag.

Blond of Brunette?

Is sy van nature blond of brunette? Haar natuurlike haarkleur is nader aan die bruin kleur wat sy tans dra.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

15 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.