Voor Herman Lensing en Yolani Abrahams Suid-Afrika se volgende bobaashuiskokke in Kokkedoor: Son & see op Donderdag 20 November begin soek, kan kykers eers nuuskierig begin wonder (of dalk droom) oor die nuwe boere van die volgende seisoen van Boer soek ’n vrou.
Ja, ná talle kinkels en mooi liefdesverhale wat die pas afgelope seisoen van Boer soek ’n vrou opgelewer het, maak Kupido gereed om die eerste pyle in die 18de seisoen van dié gewilde kykNET-maatsoekreeks af te vuur.
Kykers sal die tien boere om 20:00 op Donderdag 13 November op kykNET ontmoet, waarna hul profiele op www.kyknet.tv gedeel sal word.
Die boere se ouderdomme wissel van 26 tot 43, en hulle verteenwoordig ses provinsies, met die Vrystaat wat die voortou met vier enkellopendes neem, terwyl Noordwes deur ’n vroueboer verteenwoordig word.
Boer soek ’n vrou sal van Augustus 2026 op kykNET uitgesaai word. Kykers sal dan weer die boere se liefdesreise kan volg. Die reeks sal, soos altyd, fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het.
Die boere vir die 18de seisoen is:
Arno (28)

- Tzaneen, Limpopo
- Bosbouboer
- Vroulike pasmaat
David (43)

- Vierfontein, Vrystaat
- Gemengde boerdery
- Vroulike pasmaat
Francois (34)

- Hoedspruit, Mpumalanga
- Natuurbewaarder
- Vroulike pasmaat
Jack (30)

- Hermanus, Wes-Kaap
- Appel- en peerboer
- Vroulike pasmaat
Jacques (32)

- Nelspruit, Mpumalanga
- Makadamianeutboer
- Vroulike pasmaat
JD (28)

- Reitz, Vrystaat
- Gemengde boerdery
- Vroulike pasmaat
Junior (35)

- Bethlehem, Vrystaat
- Gemengde boerdery
- Vroulike pasmaat
Leandi (36)

- Ventersdorp, Noordwes
- Beesboer
- Manlike pasmaat
Luan (26)

- Strydenburg, Noord-Kaap
- Skaapboer
- Vroulike pasmaat
Willie (37)

- Harrismith, Vrystaat
- Bees- en mielieboer
- Vroulike pasmaat
Nuttige inligting vir belangstellendes:
- Besoek www.kyknet.tv
- Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
- Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com
- Stuur ’n brief of pakkie na Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130
- Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
- Voornemende pasmaats kan tot middernag 4 Desember 2025 vir die boere skryf
