Deur Tanya de Vente-Bijker (rooi rose van September 2026)
Na raming het sowat 520 000 Suid-Afrikaners tussen 1989 en 2003 geëmigreer. In die daaropvolgende jare het die jaarlikse emigrante-syfer met sowat 9% per jaar gestyg. Dikwels was dit gesinne wat geëmigreer het. Ouers wat ‘n beter en veiliger toekoms vir hul kinders in ‘n ander land wou verseker.
Maar al word jy groot in die ander land, bly jy ‘n vreemdeling in ‘n vreemde stad. En soms is die hunkering na jou eie taal, geloof en kultuur — jóú mense — net te sterk. So sterk dat jy besluit om na jou geboorteland terug te trek.
‘Ek wil tuis voel’
Daniel d’Assonville (22) het ‘n doelbewuste besluit geneem om na Suid-Afrika terug te keer nadat hy in Duitsland grootgeword het. Sy ouers het in 2008, toe hy vier jaar oud was, geëmigreer omdat sy pa as sendeling na Hanover, Duitsland, gestuur was.

Daniel d’Assonville het sy hele skoollewe in Duitsland deurgebring. Foto: Verskaf
Die kulture verskil te veel
Odelia Nortje het in 2025 besluit om na Suid-Afrika terug te trek nadat haar ouers met haar, toe sy nog ‘n baba was, na Nieu-Seeland geëmigreer het.
Haar ouers het op ‘n plaas net buite Carletonville geboer en is daagliks deur die bedreigings van die lewe op ‘n plaas in die gesig gestaar.

Odelia Nortje het in Nieu-Seeland grootgeword. Foto: Verskaf
‘Ek wil nog terugkom’
Zea Pyper het toe sy 13 was saam met haar ouers na Australië getrek, en vandag is sy 33. Sy het (nog nie) teruggekeer na Suid-Afrika nie, maar sy erken sy dink baie daaroor. “Ek dink ‘n deel van my sal altyd na Suid-Afrika terughunker omdat dit voel asof my hart steeds daar behoort. Na 20 jaar hier voel ek steeds nie heeltemal tuis nie. Hier is soveel verskillende kulture en ‘n gevoel van vreemdheid waarmee ek nie regtig kan, of tans wil, identifiseer nie.”

Zea Pyper het in Australië grootgeword. Foto: Verskaf
Lees in die September 2026-uitgawe van rooi rose elkeen se volledige storie.
Lees ook: Kook hierdie Erfenismaand ander kulture se kos | rooi rose
