Genoeg vir sowat 500 ml (2 k)
375 ml (1½ k) olyf- of avokado-olie
125 ml (½ k) suurlemoensap
30 ml (2 e) Dijonmosterd
20 ml (4 t) heuning
1 knoffelhuisie, fyn gekap
’n hand vol pietersielie, gekap
Sit al die bestanddele in ’n Consol-bottel met ’n inhoudsmaat van 500 ml (2 k). Draai die deksel styf toe. Meng en skud dat dit klap. Hou die bottel in die yskas maar haal ’n rukkie voor gebruik uit, want die olie verdik van die koue.
Roerbraaitruuk
Voeg 10 ml (2 t) sojasous en 10 ml (2 t) gekapte gemmer by 125 ml (½ k) van jou staatmaker-vinaigrette en gebruik in ’n groenteroerbraai.
Meestermarinade
Voeg 15 ml (1 e) balsemiekasyn en ’n hand vol gekapte kruie soos tiemie en basiliekruid by jou vinaigrette. Marineer filet daarin voor dit oor die kole gebraai word.
Blitsbraaisous
Voeg die gerasperde skil van 1 suurlemoen en 1 lemoen by 125 ml (½ k) vinaigrette. Sprinkel oor vismootjies en rooster in die oond soos gewoonlik.