kategorieë: Lees

Stervanger, episode 6

Hop-hop

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Amo loop stadig na die bushalte. Hy weet nie wat om vir Jessie te sê nie. Hy het nie eens by die tent ingegaan om Sanet te sien nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gelukkig kom Sanet se ma se nuwe Mercedes verbygesweef. Sanet word dramaties tot by die kar gedra met ’n fladderende groep meisies wat ‘’oe’’ en ‘’aa’’ agterna.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Amo is verlig toe hy sien Jessie staan eenkant en glimlag.

“En die Oscar as beste aktrise gaan aan … Sanet!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die hele busrit tot by hulle afklimpunt, vermaak Amo en Jessie mekaar met kamma Oscar-bedankingstoesprake. Amo probeer sy bes om sy oë weg te hou van die blou kolle op Jessie se bene.

“Kom jy en Jama vanmiddag langs die rivier stap?”

“Miskien, ek sal jou WhatsApp.”

Sy kom nie die middag nie. Amo sit lank na sy rekenaarskerm en staar. Hy kan Juffrou Alta se woorde nie vergeet nie.

Hy sal Mamoeks vra wat sy van die ding dink, maar eers as Janus gery het. Janus is deesdae elke aand by hulle. Hy en Mamoeks lag en gesels terwyl hulle kosmaak. Dit irriteer Amo en hy voel skuldig daaroor want hy het sy ma lanklaas so gelukkig gesien. Party aande kuier Janus so laat dat Amo aan die slaap raak voor sy ma kan kom nag sê.

Amo loer in die hemelruim rond met die teleskoop vir iets interessants. Dan volg hy ’n satelliet se spoor tot dit uit sig verdwyn. Hy draai die lens na Jessie-hulle se huis. Dit lyk so rustig daar. Net die buiteligte brand. Hy moet tog vir Jessie vra watter kamer is hare, miskien kan hulle ’n soort sein uitwerk. ’n Morsekode of iets. Amo draai die lens op na die Suiderkruis. Hy voel alleen. “Nag Pa,” sê hy en draai om om te gaan slaap.

Hy droom hy en sy pa vlieg met ’n ruimtetuig deur die melkweg. Skielik verander die ruimtetuig in Mamoeks se ou fiets. Soos toe hy klein was, maak sy pa ’n valhelm op sy kop vas. Hy laai Amo in die mandjie voorop die fiets. “Nou gaan ons deur die sterre ry,” hoor hy sy pa sê. Amo knyp sy oë eers styf toe as sy pa al hoe vinniger trap. Dan maak hy hulle oop. Mercurius vlieg verby hom, dan Venus, die aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus.

“Sal ons verby die dwergplaneet pluto ook ry? Wil jy gaan kyk wat agter pluto skuil, Amo?” vra sy pa. Hulle ry en ry. Al deur die melkweg met Mamoeks se fiets.

XXX

AMO het die volgende oggend skoon van Jessie se blou kolle vergeet. Tot sy ma ’n aankondiging maak: “Ek het Jessie se ma gister by die groentewinkel gesien. Oulike vrou. Ek het haar gesê hulle moet een aand oorkom vir ete.”

“Is Ma seker? Ek meen, ons ken hulle nie eintlik nie.”

“Goeie rede om hulle te nooi. Jy en Jessie kom tog goed oor die weg? Jy sê mos haar ouers klink oulik?”

“Maar Ma ek het hulle nog net van ver af gesien as hulle langs die rivier stap!”

“Wat gaan nou met jou aan, Amo? Ek dog jy sal bly wees as ek hulle nooi?”

Amo blaker als uit van Juffrou Alta en die blou kolle. Mamoeks lyk bekommerd. “Dalk is daar ’n goeie verduideliking vir die blou kolle? Kom ons kyk maar hoe gaan dit. Mens weet nie wat in ander se huise aangaan nie. Ek dink tog ek sal haar ma vir tee probeer nooi. Jy sê mos sy bestudeer astrologie? Met jou en jou pa se sterbeheptheid het ek darem so ’n vae idee wat in die hemelruim aangaan.”

Amo moet hol om die bus te haal. Jessie staan al by die halte en trippel.

“Vandag is die dag Buddy, vandag gaan daai Sanet geen verskoning hê nie. Krampe of nie.”

Dis ook omtrent al waaroor die ander kinders op die bus praat. Hierdie jaar is almal meer opgewonde oor die wedloop tussen Sanet en Jessie as oor watter bokspan die huissport gaan wen.

Met saalopening gee Snorre ’n lang preek oor sportmanskap en dat dit nie net oor wen gaan nie. Dit gaan oor die deelname, bulder sy stem tot in elke hoek van die saal.

Niemand is verbaas om Sanet met ’n hengse verband om haar kuit te sien rondhop nie. Haar maats kloek om haar en abba haar van klas tot klas. Jessie en Amo geniet die dramatiese vertoning.

Die skooldag vlieg verby. Amo en Jessie moet tweede pouse hardloop om eerste by die snoepie te kom anders kry hulle nie kans om Ta Malie se hoenderpasteitjies af te sluk voor hulle na Ou Wessels se klas moet gaan sodat sy die vraelyste in hulle kan indril nie.

“Wie dink jy het daardie stupid vrae opgestel? Gaan net oor rolprente, sport, TV en sepies. Seker sy en Johnny Bravo. Daar is nie ’n manier wat hulle net sulke vrae gaan vra nie. Ons sal op ons eie moet voorberei anders gaan die ander skole ons wen.”

Amo stem saam met Jessie. Hy bied aan dat hulle die middag by sy huis kan begin voorberei.

“Ons kan Mamoeks ook vra om te help.”

“Cool bananas! Dan vra ons more my ma.”

Amo is effe uit die veld geslaan. Hy was nog nooit regtig in Jessie se huis nie. Miskien het Juffrou Alta oorreageer? Dalk is daar niks verkeerd by Jessie se huis nie? Maar dit bekommer hom dat dit lyk of die blou kolle op Jessie se bene al meer word. Daar is ook nou kolle op haar arms. Hy maak of hy dit nie sien nie en sy sê niks daaroor nie.

“Met Sanet uit die game het nie een van die ander spanne iemand wat jou Saterdag by die huissport gaan klop nie. Die Gemsbokke is darem nou verseker van een rekord.”

“Jong Amo, mens weet nooit. Daar is nog baie tyd tot Saterdag. Wie sê vir jou Sanet se kramp is nie aansteeklik nie? Dalk tref dit my ook. Jimmel, dan gaan Linette die 100m wen!”

Jessie hop op een been rond om te demonstreer hoe haar been pyn. Al die kinders om hulle snap dadelik met wie sy spot en ’n hele paar begin ook op een been rond hop.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.