kategorieë: Lees

Stervanger, episode 5

Blou

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die twee stap busstop toe. Amo dra sy gewonde maat se tas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Heita, Amo, sien jou boyfriend het seergekry?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kurt het skaars die trappe van die bus uitgeklim of hy tuimel soos ’n vrot vel na onder. Die hele bus skater van die lag. Kurt is woedend. “Wag net, ek sal uitvind wie het my getrip, daardie een sal spyt wees!”

Amo pomp Jessie liggies in die ribbe. “Ek mag nie sterk wees nie, maar ek het ’n paar skills.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

By hulle afklimplek herinner Amo Jessie om die aand oor te kom om na die sterre te kyk.
Na ete stel hy die teleskoop op, maar na agtuur besef hy dat sy nie gaan kom nie. Hy wil haar nie WhatsApp nie.

“Miskien wil sy vanaand alleen wees,” sê Mamoeks.

“Klink of sy ’n harde dag gehad het.”

XXX

DIE VOLGENDE OGGEND kom Jessie kruppel aangestap na die busstop.

“Hey Jess, is dit seer?” Vra Amo.

“Ek sal leef.”

Hy wil, maar vra haar nie waar sy die vorige aand was nie. Jessie is stil in die bus. Sy reageer nie eens as Kurt haar met ’n lemoen gooi nie. By die skool staan Sanet en haar maats weerskante van die voorhekkie waar die buskinders moet deurloop.

“Kom ons sien hoe hardloop sy vandag ’n 100m met daardie kruppel bene van haar.”

Amo gaan staan voor Sanet. “As ek jy is, sal ek nie trots wees op gister se wen nie. Jy weet net so goed soos ek Linette het Jessie getrip. Ons almal het dit gesien.”

Jessie gryp hom aan die arm. “Kom nou Amo, moenie jou asem mors met hulle nie.” Sy kyk oor haar skouer in Sanet se rigting. “Sien jou vanmiddag by die wegspring!”

In die wiskundeklas kyk Amo na Jessie se knieë. Mens kan sien die nerwe is diep af. Dit moet baie seer wees. Teen die kant van haar been is daar blou kolle. Seker van die val, dink hy.

Daardie Linette en Sanet is gemeen. Wag maar, die blinde sambok reken met sulke mense af, het Mamoeks gisteraand gesê toe hy haar van die trippery in die 100m vertel. Hy het liefs nie vir sy ma vertel dis hy wat Kurt by die bus se trap gepootjie het nie. Maar die blinde sambok slaan seker nie so seer as mens die skool se boelie hard laat val nie? Hy hoop nie so nie. Kurt het darem geen stukkende plekke opgedoen nie. Net sy ego het bietjie seergekry. Maar Jessie se bene lyk sleg. Amo hoop die sambok piets die gemene meisiekinders haar op hulle agterstewes. Net so ’n skrikmakertjie.

Teen eerste pouse begin Jessie ontdooi.

“Jammer oor gisteraand. Ek het siek gevoel.”

Hulle stap saam om die vraag- en- antwoordlyste vir die vasvra by Juffrou Wessels te gaan haal. Sy is sommer baie vriendeliker met Jessie as die vorige dag. “Allamapstieks, Jessie, vanjaar stof ons die ander skole in die Noord-Vrystaat uit. Jy lees seker baie?”

“Ja, en ek kyk ook baie Discovery-kanaal, Juffrou.” Maar Amo kan sommer op Wessels se gesig sien sy het nie ’n idee wat Discovery-kanaal is nie. “Ek dink sy ken net die kanale met die sepies,” sê Amo toe hulle uitstap. Hy is bly om te sien Jessie lag weer. Sy waag dit selfs om Kurt se pennesakkie te gaps en weg te steek. Hy het die hele klas byna omgekeer van woede, maar Jessie opsigtelik vermy. Amo vermoed Kurt is bang vir Jessie na sy hom by die rivier so hard gepot het.

Die hele Brandwag en Ventersdrif weet nou al van die groot wedywering tussen Sanet en Jessie. Tweede pouse word selfs weddenskappe aangegaan oor wie die 100m huissport-rekord vir meisies onder 13 vanjaar gaan verbeter. Selfs in die personeelkamer word die wedloop druk bespiegel, hoor Amo.

Juffrou Alta en hy is blykbaar die enigstes wat bekommerd is oor Jessie se seer bene. Hulle dink nie sy moet hardloop nie, maar toe die atletiekperiode aanbreek, staan Jessie gereed in haar atletiekklere. Amo sien haar ander bobeen en kuite is agter ook vol blou kolle. Hy hoop Sanet en haar vriende sien dit en die rowe op haar kniekoppe en kry skaam.

“Is jy seker jy kan vandag hardloop?” vra Juffrou Alta vir oulaas besorgd. “Dit gaan baie pynlik wees en die rowe gaan oop bars. Jy hoef jouself nie te moor nie. Jy weet mos jy sal Sanet Saterdag by die huissport kan wen.”

Amo hou baie van Juffrou Alta. Sy is ’n sagte mens wat al die kinders ewe liefhet. Selfs vir Kurt. Die een keer toe Kurt met ’n dik lip by die skool aangekom het nadat hy kamma uit ’n boom geval het, het Juffrou Alta hom onder hande geneem. Al die kinders het vermoed dis Kurt se pa wat hom weer bygedam het.

Die kinders van die Springbokke en Blesbokke drom ook saam om Sanet en Jessie te sien hardloop. Amo staan nie naby genoeg om te hoor wat gesê word nie, maar hy sien hoe Jessie met Linette praat. Linette gaan staan skoon in die heel anderkantste baan. Verste weg van Jessie. Sanet maak weer dramaties haar spiere los. Dit rek en strek vir ’n vale. Amo vang Jessie se oog. Hy kan sien sy vind die vreeslike voorbereiding van Sanet amusant.

“Kom nou meisies, op julle merke, gereed …”

Toe Johnny Bravo die fluitjie blaas, is Jessie eerste weg. Sy nael los voor die ander. Almal kan sien Sanet gaan haar dié keer nie vang nie. Maar by die 50m merk sak Sanet inmekaar. Sy hou haar kuit vas. Eers sien niemand haar ellende raak nie. Hulle kyk net na die Kaapse meisiekind wat soos die wind verby die eindstreep hardloop.

Juffrou Alta is eerste daar om Jessie geluk te wens. Die bloed stroom uit die rowe op haar knieë, maar sy gaan spoel dit ewe ongeërg onder ’n kraan af. Dit gee Juffrou Alta kans om aan die beseerde Sanet aandag te gee. Haar maats dra haar na die noodhulptent. Sy snik soos sy huil.

Drama queen, dink Amo by homself.

“Kan sy nie maar net beken jy is ’n beter atleet nie? Hoekom al die drama? Ek wed jou daardie is ’n aansit-kramp.”

“Ek sê jou wat, Amo, ek gaan haal gou ons tasse dan gaan maak jy of jy my sweetpaktop by die noodhulptent soek. Dan spioeneer jy bietjie vir ons oor die erns van Sanet se kramp.”

Amo hou van die plan. Hy sal graag wil sien hoe lank Sanet ’n kramp kan fake. By die deurflappe van die tent gaan staan hy stil. Hy hoor Juffrou Alta met iemand praat. Hy hoor Jessie se naam. “Daardie blou kolle op haar bene is nie van gister se val nie. Dit lyk erg.”

Hy hoor woorde soos “arme kind” en “ons sal die situasie moet dophou.” Amo se bene word lam. Sou Juffrou Alta dink iemand het Jessie so geslaan? Wanneer? Gisteraand? Dis dalk hoekom sy nie na die teleskoop kom kyk het nie. Dis hoekom sy vanoggend so stuurs was. Maar wie? Tog seker nie haar pa nie. Sy praat dan met soveel aanbidding van hom. Haar ma? Nee, nie daardie klein fyn vroutjie wat hy langs die rivier sien stap het nie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.