kategorieë: Lees

Stervanger, episode 4

Trip

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

ALMAL by die skool praat van die groot vasvra-uitdun in Ou Wessels se klas tydens tweede pouse. Selfs die onderwysers. Juffrou Bruwer sê sommer hardop voor die klas Jessie mag Sanet dalk op die atletiekveld weghardloop, maar sy sal haar nie met vasvra kan klop nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Daai Sanet is vlymskerp,” sê sy vir Mam Gerber, die Engelse juffrou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Amo kan sien Jessie het elke woord gehoor. Sy wip haar neus in die lug en gaan sit heel voor in Bruwer se klas.

“Dis my plek,” wil Lucinda nog keer, maar een kyk van Jessie laat Lucinda na ’n ander bank skarrel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Amo geniet die klein oorlog tussen Bruwer en Jessie. Elke vraag wat Bruwer durf vra, is Jessie se hand eerste op. Teen die helfte van die periode vra Bruwer nie meer vrae nie en later knipoog Jessie stilletjies vir Amo. Sy het die rondte gewen.

Die wiskunde-klas was nog altyd Sanet se koninkryk. Maar Grobbies het skaars die som op die bord geskryf vir die blitsbrein-toets, of Jessie is klaar met hare. Alles reg. Amo kan sommer sien Sanet is suur daaroor.

Die lekkerste deel van die skooldag vir Amo is dat Kurt uit Jessie se pad bly en hom dus ook vermy. Kurt se oog is effe geswel en Amo wonder wat die ander kinders sal doen as hulle uitvind Jessie het die skoolboelie so hard geklits. Hy besluit egter dat dit nie hy sal wees wat die nuus aan die res van Brandwag gaan oordra nie. Hy is nie ’n klikbek nie en as Kurt uitvind dis hy wat gepraat het, is stof vreet sy voorland.

Net die vasvraspan en ’n paar onderwysers mag tweede pouse in Wessels se klas ingaan vir die vasvra-uitdunne. Amo sien hoe Bruwer ’n pakkie vrae aan Wessels oorhandig. Sy wil seker sien hoe Jessie vasgevra word oor Jessie so astrant was in haar klas. Johnny Bravo lewer ook ’n bydrae.

Jessie staan kiertsregop voor in die klas. Haar neus in die lug en haar hare elkeen in sy eie koers. Sanet, Ellen en Esmé staan effe weg van haar. Almal pynlik netjies van hulle haarstrikke tot by hulle blink Mary Jane-skoene met die bandjies oor die voet. Dis seker soort van hulle bende-voorkoms, dink Amo.

Wessels is in beheer van die situasie.

“Die reëls werk so. Ek vra ’n vraag en die een wat eerste antwoord, kry die punt. Die onderwysers teenwoordig is die beoordelaars. Die meisie wat eerste vyf punte het, is die wenner. Daarna is daar ’n tweede en derde plek en so bepaal ons watter meisies na die olimpiade gaan.”

Amo sweer hy kan sien hoe Snorre se neushare van opwinding tril.

“Vraag nommer een: Wie het die eerste vliegtuig gebou waarin mense kon vlieg?”

“Boeing! Boeing” gil Ellen.

“Nee man, dis daardie miljardêr Howard Hughes, die een van die fliek waarin Leonardo DiCaprio gespeel het,” voeg Esmé snipperig by.

“Dis twee Amerikaners,” sê Sanet halfhartig, maar sy kan nie hulle name onthou nie.

“Dit was die Amerikaners, Orville en Wilbur Wright,” gee Jessie die doodslag.

Die kinders, wat soos agies deur die klasvensters loer, is tjoepstil.

“In watter jaar het die Titanic gesink?”

Soos ’n koortjie gil al vier meisies: “1912!” Maar Snorre en Bruwer besluit die punt moet aan Sanet toegeken word want hulle meen sy was eerste. “Seker ’n breukdeel van ’n millisekonde,” fluister Ulrich.

Die beslissing veroorsaak ’n sigbare wrywing in die kameraadskap Sanet, Ellen en Esmé want elkeen voel sekerlik sy verdien die punt.

“Wanneer is die eerste radio-uitsending gemaak?” vra Wessels.

“Dit was Marconi van Italië!” kom dit van Sanet, maar Ellen voeg by: “Marconi het die radio in 1895 ontwerp.” Sy kyk na die woedende Sanet. “Juffrou wou die jaartal hê!”

Esmé is doodstil, maar dan kom die kalm antwoord van Jessie: “Die eerste uitsending was in 1906. Dit was ’n Amerikaanse Kersfeesprogram.” Sanet, Ellen en Esmé kyk gelyk na Wessels in afwagting dat sy moet sê Jessie is verkeerd. Wessels kyk na Bruwer, en Bruwer knik kop. Jessie is reg. “Dit was ’n strikvraag,” fluister Jeandré aan Amo. “Bruwer het dit sweerlik opgestel.”

Juffrou Wessels kug waarskuwend in hulle rigting: “Wie het die gloeilamp uitgevind?”

Weer gil al vier meisies gelyk: “Edison!” En weer bevind Bruwer en Snorre dat Sanet eintlik eerste was. Die telling is dus nou twee elk vir Sanet en Jessie.

Met die volgende vraag gil al vier meisies weer gelyk, maar die keer gee die beoordelaars die punt aan Esmé.

Die spanning in die klaskamer is ondraaglik toe Sanet en Jessie elk vier punte het, en Esmé een punt.

“Nou vir die finale vraag. Watter planeet is die grootste, die aarde of Saturnus?”

“Die aarde!” gil Sanet en klap haar hande van opgewondenheid omdat sy glo sy het gewen.

“Saturnus is groter as die aarde,” sê Jessie droogweg toe die opgewondenheid bedaar.

In ongeloof staar Sanet na Snorre wat Jessie as die wenner aandui.

Amo glimlag vir Jaco. “Sanet gaan die nederlaag nie goed vat nie. By vanmiddag se atletiekoefening beter Jessie uithaal en wys want Sanet gaan haar in die aarde in probeer hardloop.”

Jessie is taamlik stil oor haar oorwinning.

“Wat is fout?” vra Amo later.

“Ag niks.”

Maar hy kan sien Jessie voel nie lekker oor iets nie.

By die atletiekoefening drom almal om die Gemsbokke saam as die 100m vir meisies onder 13 gehardloop word. Sanet strek haar lang bene en gee sulke kort blitsdraffies in die pylvak af. Maar Jessie sit afgetrokke in die koelte voor haar en uitstaar. Amo sien hier kom moeilikheid.

“Ek weet nie wat jou byt nie, maar vanmiddag beter jy Sanet wen, hoor jy?”

“Ek weet ek kan haar wen.”

“Maar hoekom lyk jy al heeldag so bekaf?”

“Amo, ek het soms ’n groot mond, maar partykeer wens ek ek was minder kompeterend. Dit het vir my nog net die lewe moeilik gemaak. Kyk om jou, elke meisie in die skool haat my klaar. En Kurt, weet jy wat het hy na pouse vir my gesê? Hy sê ek is nie regtig ’n meisie nie en hy gaan dit nog bewys.”

Amo hou sy Energade na haar uit.

“Sluk, meisiekind, dan gaan hardloop jy hulle almal se monde stil. As jy Sanet vandag wen, wys ek jou vanaand hoe mooi die sterre deur my teleskoop lyk. Toe man, jy is mos my Buddy?” Voor die wegspringplekke gee Jessie hom hulle nuwe Buddy-groet.

Met die wegspring kry Jessie nie eens tyd om uit die blokke weg te beweeg nie toe ’n voet haar pootjie. Sy val dat die nerwe waai, maar spring op en eindig in die derde plek.

Sanet en haar maats gil asof sy ’n goue medalje by die Olimpiese Spele gewen het.

Juffrou Alta kry Jessie aan die arm beet en sleep haar al protesterend na die noodhulptent. Haar kniekoppe bloei.

Amo dra ’n Coke aan. “Linette het jou getrip. Ek het dit gesien! Almal het dit gesien!”

“Ag, dis ok, laat Sanet maar dink sy het gewen. Ek sal my kans kry. Daar is nog drie oefeninge oor voor die sportdag.”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

8 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

11 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

15 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.