Stokvis met ’n krakerige bulgurkors
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Genoeg vir 4
- 500 ml (2 k) gaar bulgurkoring
- ’n groot hand vol pietersielie, gekap
- ’n groot hand vol dille, gekap
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- sout en gemaalde swartpeper
- 4 stokvismootjies
- 2 eiers, liggies geklits
- 80 ml (1⁄3 k) volgraanmeel
- olie vir braai
Instructions
1 Sit die bulgurkoring, pietersielie, dille en suurlemoenskil in ’n mengbak en geur met sout en peper. Meng goed.
2 Doop die vismootjie eers in die eier en laat die oortollige eier afdrup.
3 Rol dan in die volgraanmeel en skud die oortollige af.
4 Bedek elke mootjie met die koring-en-kruie-mengsel. Herhaal met al die vismootjies.
5 Sit vir 20 min. op ’n bakplaat in die yskas.
6 Verhit die olie oor matige hitte en braai die vismootjies vir 4 min. aan elke kant daarin tot goudbruin - die vis is gaar wanneer dit maklik vlok.
7 Dreineer op kombuispapier en hou warm.
Rooi Rose
Lees Meer
Beste gesmelte kaasbroodjies
12/09/2024
Sjoko-Franse roosterbrood
11/09/2024